Die Verenigde State en Brittanje in Profesie

 

Inleiding

‘N Geweldige verandering in wêreldgebeure gaan in die volgende paar jaar ontplooi. Dit gaan die Verenigde State, Brittanje en Wes-Europa geweldig raak. Dit is alreeds redelik laat vir die vrye wêreld om wakker te skrik vir die ware betekenis agter huidige wêreldgebeure! Waarom sien die wêreldleiers nie wat aan die kom is nie? Waarom is die wêreld se slimstes siende blind—staatshoofde, wetenskaplikes, opvoeders, redigeerders, nuusontleders, bankiers, industrialiste, leiers in besigheid en handel? Hulle is totaal onbewus daarvan! Hoekom?

Omdat hulle verkeerdelik opgevoed en mislei is om hul denke vir die groot oorsaak agter wêreldgebeure en neigings, te sluit. Hierdie wêreld is valslik opgelei om oorsake te ignoreer en gevolge te hanteer. Tog is al die wêreld se probleme en siektes net ‘n kwessie van oorsaak en gevolg. Daar is ‘n oorsaak vir tweedrag en oorlog, armoede, ellende, ongelykheid, misdaad, siekte, geestesongesteldheid. Maar die leiers weet nie hiervan nie!

Wêrelduitbarsting

Wêreldleiers is die geleerdes van die wêreld. Hulle is egter nie die basiese waarhede geleer nie—die grondslag van ware kennis. Die broodnodigste kennis word nie geleer nie. Hulle weet nie wat—of waarom, die mens daar is nie! Hulle het geen benul van die doel of betekenis van die lewe nie. Hulle is nie geleer om die regte waardes van die valse te onderskei nie. Hulle het nie die ware oorsake—die weg na vrede, na geluk, na algehele oorvloed, ook nie die rede vir ongeluk, ongelykheid, wêreldchaos—geleer nie.

Hulle weet niks van die doel wat hier op aarde uitgewerk word nie. Derhalwe lei hulle die mensdom op ‘n weg strydig met daardie doel, wat verwoesting, lyding, ongeluk en droefheid meebring. Die wêreld het nie vrede nie, omdat hulle ontbreek aan die kennis van die weg na vrede. Leiers praat van vrede, hulle beywer hulle daarvoor, hulle roep na vrede—terwyl hulle blindelings goedkeuring aan die weg wat na oorlog lei, verleen!

Hierdie wêreld het eenvoudig die verkeerde pad gevolg!

Hierdie wêreld verleen goedkeuring aan en pleeg oorleg met die beskawing se aanvaarding van die manier wat tot die oorsake van al die wêreld se ongeluk lei.

Ons nader nou vinnig die finale groot slag wat die menslike verstand heeltemal te bowe sal gaan. Magte werk vandag saam aan planne, programme, komplotte en bewegings wat binnekort gaan uitbreek in geweld en chaos soos nog nooit vantevore nie, en ook nooit weer sal wees nie. Die mens peuter tans met natuurkragte waarin hulle die nodige versigtigheid, kennis, bekwaamheid en wysheid kortkom om dit te beheer.

In hierdie toppunt van geletterde dwaasheid is dit mode en intellektueel prikkelend om die grootste basiese oorsaak van alle dinge te ignoreer, die werklikheid van die doel wat hier uitgewerk word, en die meesterplan wat daarvoor gebruik word; die onsigbare maar Grootste Gesag wat binnekort gaan ingryp en die geskiedenis totaal gaan verander—voordat die mensdom hulself vernietig.

Dit mag onwerklik vir diegene klink wat deurtrek is met moderne opvoedkundige dwaalleer, maar sowat 2500 jaar gelede het die Hoogste Gesag van die heelal ‘n man met die naam van Jesaja geïnspireer om Hom aan te haal: “… Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan” (Jesaja 46:9-10). Die groot wêreldmagte formuleer hulle eie beleid—lê hulle planne uit. Maar gedurende die volgende paar jaar sal ontstellende gebeure die wêreld ruk op ‘n manier heeltemal anders as wat die nasies beplan het! Hoekom?

Nooit Verkeerd Nie

Omdat daar ‘n groot God is wat sê: “Die Here vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke. Die raad van die Here bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag … Die Here kyk van die hemel af, Hy sien al die mensekinders. Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde, Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke” (Psalm 3:10-15).

Dieselfde Ewige God sê: “By wie sal julle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? Sê die Heilge. Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape?” En weer: “Kyk, die nasies is soos ‘n druppel aan die emmer, en soos ‘n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken … al die nasies is voor Hom soos niks …” (Jesaja 40:25-26, 15, 17).

Deur Sy begeesterde profete, het die grote God gesorg dat profesieë vir ons tyd, wat byna ‘n derde van die Bybel beslaan, sowat 2,500 jaar gelede opgeskryf en bewaar is. Daarin noem hy elke stad van belang vir daardie tyd op aarde—asook elke nasie! Hy het presies voorspel wat deur die jare met elke stad en nasie sou gebeur! In elke instansie het die profesieë waar geword!

Wat geprofeteer was het met Babilon, Tirus, Sidon, Askelon, Asdod, Ekron; met Egipte, Assirië, Chaldeë, Persië, Griekeland en Rome gebeur. Niks is uitgelaat nie! Daardie profesieë was akkuraat.

En nou, in ander profesieë, het die grote God ook voorspel, presies wat met die Verenigde State, die Britse nasies, Wes-Europa, die Midde-Ooste en Rusland gaan gebeur!

Beste Verstande—Totale Onkunde

Tog verkeer die slimstes in die wêreld in totale onkunde oor die ongekende rampspoed wat op die punt is om toe te slaan. Waarom is hierdie profesieë nie verstaan of geglo nie? Omdat die noodsaaklike sleutel, wat profesieë vir ons verstaanbaar maak, verlore geraak het, Dié sleutel is die identiteit van die Verenigde State en die Britse nasies in Bybelprofesie.

Daardie sleutel is gevind! Ons bied dit aan diegene wie se onbevooroordeelde oë gewillig is om te sien.

Die voorspelde gebeure wat Amerika en Brittanje in die volgende paar jaar gaan tref, is verseker!

God sê: “Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie” (Amos 3:7). Hierdie kolossale wêreldgebeure, wat die eerste twee Wêreldoorloë oorskadu, gaan kom, maar nie voordat die waarskuwing uitgegaan het na die persone wie se oë gewillig is om te sien nie.

Chapter 1: Die Verlore Sleutel is Gevind

Dit mag onmoontlik klink, maar dit is waar. Redigeerders, nuuskommentators en buitelandse korrespondente verstaan nie die ware betekenis agter die nuus wat hulle berig, analiseer en bespreek nie. Regeringshoofde is totaal onbewus van die ware belang van die skokkende wêreldgebeure waaraan hulle deel het. Hulle het geen benul waarheen hierdie gebeure lei nie.

Ongelooflik? Dalk—maar waar!

Winston Churchill het voor die Verenigde State Kongres verklaar: “Hy moet beslis siende blind wees wat nie kan sien dat hieronder, een of ander groot doel en plan uitgewerk word, waarvan ons die eer het om getroue diensknegte te wees.” Maar hy het nie die doel verstaan nie!

Daardie groot doel was lank gelede reeds meesterlik, deur die Meesterbrein van die heelal, beplan.

Daar is ‘n Doel

Dit is waar, tog amper totaal onbegryplik: Die mensdom was vir ‘n doel op hierdie aarde geplaas! Die Skepper van die mens, het ‘n handleiding opgestel wat die doel van sy skepping openbaar en aan die mens riglyne gegee om dit gelukkig en genotvol te volbring. Maar die mensdom het die openbaring en leiding verwerp en het verkies om in die duisternis van hul eie vergeefse redenasies voort te strompel.

Ongeveer ‘n derde van daardie Instruksie Boek is aan basiese opleiding gewy—dit openbaar aan die mensdom die nodige fundamentele kennis wat andersins nie ontdek of bekend sou wees nie: kennis van wat die mens is, hoekom hy bestaan, waarheen sy roeping mag lei, hoe om dit te bereik en gelukkig op sy pad te wees: openbaring van kennis, van die verskil tussen egte en valse waardes: kennis van die weg na vrede, geluk en oorvloedige welvaart. Met ander woorde, die mees belangrikste van alle kennis—die grondslag waarop ondekbare kennis gebou word.

Nog ‘n verdere derde van daardie Handleiding is aan Geskiedenis gewy—daardie gebeurtenisse en ondervindings wat die meesterplan gedurende die eerste vier millennia van die mens se verganklike omwandeling onthul, wat vandag vir ons as voorbeelde van teregwysing en leiding dien.

En dan ongeveer ‘n derde—begryp dit!—‘n hele derde van ons Skepper se openbaring aan die mensdom is aan profesie gewy—wat die geskiedenis van toekomstige gebeurtenisse beskryf voordat dit gebeur. Hierdie geprofeteerde toekomstige gebeure, openbaar die ware doel van wat ten einde hier bewerk word—wat die eindoplossing daarvan is.

Waarom Hierdie Onkunde

Verstaan nou waarom ons staatshoofde, nuusanaliste en die groot denkers van ons tyd nie die ware betekenis van wêreldgebeure soos dit tot nou toe gefatsoeneer is, begryp nie.

‘n Logiese en ware begrip van die wonderlike doel van die Skepper se meesterplan, of waar ons vandag in die vordering van toekomstige, geprofeteerde gebeurtenisse staan—en van groot gebeurtenisse wat voorspel is om nog te gebeur—hierdie kennis is die noodsaaklike grondslag om die ware betekenis en belang van vandag se dinamiese wêreldnuus te verstaan. Sonder hierdie deurslaggewende kennis, kan niemand wat nuus insamel en verslag doen, geeneen wat vir regeringsbeleid verantwoordelik is, huidige wêreldgebeure en waarheen dit lei, verstaan nie.

Niemand wat met hierdie verantwoordelikheid opgesaal is, weet nie! Waarom?

Hoofsaaklik twee redes: 1) Hulle is bedrieg deur vals opleiding wat op hul hooghartige intellek ingewerk het, wat hulle gelei het om met bevooroordeling en minagting die geestelike openbaring te verwerp; dit wat alleen begrip kan gee; en 2) die deurslaggewende sleutel wat Bybelprofesieë ontsluit; het verlore geraak.

Die groot wêreldmagte van ons tyd was en is, die Verenigde State, die Sowjet Unie, Groot-Brittanje, Duitsland, Frankryk en ander Wes-Europese nasies. Die deurslaggewende, verlore sleutel is eenvoudig die identiteit van hierdie groot wêreldmagte in Bybelprofesie!

Die wankelende en rampspoedige wêreld-skuddende gebeure wat die aarde binnekort verbysterd en verward gaan laat, staan direk en spesifiek in verband met die Verenigde State, Groot-Brittanje, Duitsland, Wes-Europa en Rusland.

Deur onbekend te wees met hoe en waar hierdie nasies spesifiek in basiese en vername profesieë genoem word, is die geleerdes van die wêreld totaal verblind vir die eenvoudige betekenis van profesieë. As gevolg van hierdie verlore sleutel, meer as enigiets anders, is die Bybel in onguns gebring deur die wêreld se opvoedkundige stelsel verwerp. Die onbewese en onbewysbare teorie van evolusie is die grondslag idée wat die veronderstelde benadering tot rasionele kennis vervang het.

Die kolosale tragedie daarvan! Die mensdom wat dus van kleins af vals en bedrieglik opgevoed is, het in ‘n veronderstelde tydperk van gevorderde rasionalisme en inligting, eintlik rond geploeter in die duisternis van onkunde, misverstande en verwarring, dodelik onbewus van die aardskuddende ellende waarin hul direk gedompel word.

Dus het die mensdom van sy Skepper vergeet en afgedwaal. Hulle het hulle ore en oë vir sy dinamiese openbaring vir die mens gesluit. Aan ore wat kan hoor word lewe-en-dood waarskuwings aan diegene in verantwoordelike posisies van mag, uitgebasuin!

Is dit te laat? Het ons leiers so verstok in vals opvoeding geraak, so afgestomp dat hulle nie uit hul beswyming gewek kan word nie? God help ons nou! Die tyd haal ons in!

Maar die allerbelangrikste sleutel is gevind!

Daardie sleutel is die kennis oor die verstommende identiteit van die Amerikaners en Britte—asook die Duisters—in Bybelprofesieë. Hierdie verbasende onthulling van identiteit is die sterkste bewys van die inspirerende gesag van die Bybel. Dit is terselfdertyd die sterkste bewys van die ware, aktiewe bestaan van die lewende God!

‘n Opwindende, lewensbelangrike derde van die Bybel is aan profesie gewy. Bykans negentig persent van all profesieë het betrekking op ons tyd, nou, in die laaste helfte van die twintigste eeu! Dit is ‘n waarskuwing vir ons—die Engelssprekende volke—van onmiddelike lewensbelang. Die profesieë kry betekenis nadat die deur, deur hierdie verlore sleutel oopgesluit word! Hierdie boek gaan ‘n tot nou toe bedekte, deurslaggewende derde van die Bybel aan dié wat wil verstaan, openbaar. Geen fiksie was nog ooit so vreemd, boeiend en interessant, so gevul met belang en afwagting soos hierdie aangrypende verhaal van ons identiteit—ons afkoms nie.

Daardeur gee die Almagtige God belangrike waarskuwings! Diegene wat lees en gehoorsaam, mag gespaar bly van ongekende rampspoedige tragedies wat binnekort gaan plaasvind. As nasies en hulle regerings net wil wakker skrik, ag slaan en terugkeer na die lewende God, sal nasies dalk gespaar word. God help ons om te verstaan!

Chapter 2: Profesieë Tot Nou Toe Verborge

Mens mag vra, was Bybelprofesieë nie verborge of verseël nie? Dit was inderdaad—tot nou! En selfs nou kan dit slegs deur diegene verstaan word, wat oor die meestersleutel, wat dit onstluit, beskik, Ons het die einde van bykans 6,000 jaar se Bybelgeskeidenis bereik. Ons het die einde van ‘n era bereik! Ons is nou besig om ‘n wêreldkrisis aan die einde van die huidige samelewing, binne te gaan. Ons staar vandag omstandighede in die gesig wat nog nooit voorheen in hierdie wêreld beleef is nie. Die groot probleem vandag is die vraagstuk van oorlewing! Vir die eerste keer in wêreldgeskiedenis bestaan daar wapens van massa vernietiging wat alle lewe op aarde kan uitwis. Regeringshoofde en wêreldberoemde wetenskaplikes het reeds openlik gesê dat ons, ons daarby moet aanpas om in vrees van menslike uitwissing te leef—sonder ‘n oplossing in sig.

Vir diegene wat bevooroordeeld en sinies teenoor die Bybel staan, sê ek: Dit is u enigste hoop! Die wetenskap bied geen oplossings nie. Die politici en regeringshoofde het geen antwoorde nie. Slegs in die Bybel sal u die gevorderde nuus vind van dit wat verseker is om te gebeur—en gebeur sal dit, voordat die mensdom homself totaal uitwis!

Maar nog ‘n beswaarmaker mag vra, is die meeste van die profesieë nie verouderde Ou Testamentiese geskrifte, wat aan Ou Testamentiese Israel gerig was en geen betrekking op ons tyd het nie? En die antwoord daarop is ‘n besliste nee! Die meeste van hierdie sprankelende, dinamiese profesieë was nooit aan Ou Testamentiese Israel gegee nie.

Deurslaggewende Boek

Die eenvoudige waarheid is dat hierdie profesieë vir die mense van ons tyd geskryf is en nie vir enige ander mense of tyd nie. Hulle hou verband met wêreldtoestande van vandag en kon nie voor ons tyd, vandag, verstaan word nie.

Een van die deurslaggewendste profetiese boeke is die boek van Daniël. Eintlik was Daniël nie die skrywer van die boek wat na sy naam vernoem is nie. Die lewende God is die skrywer! Die boodskap was deur ‘n engel van God aan Daniël oorgedra. Daniël het dit wat hy gehoor het te boek gestel om vir ons tyd bewaar te word.

Heel aan die einde van sy boek het Daniël geskryf: “En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge? En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe … geeneen van die goddelose sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan” (Daniël 12:8-10).

So, die profesieë van Daniël is verborge, verseël en opgesluit tot nou! Maar vandag lewe ons in “die tyd van die einde”. Vandag verstaan die “verstandiges”! Maar wie is “die verstandiges”? Slegs dié wat God vrees en gehoorsaam—en wie oor die meestersleutel beskik om alle verborge profesieë te onstluit. God sê: “Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen het ‘n goeie verstand [begrip- KJV]” (Psalm 111:10). En selfs die meeste belydende “Christene” weier om dit te doen. Geen wonder hulle kan nie verstaan nie.

En moenie vergeet nie, die spesifieke sleutel wat die geslote deure van profesieë oopsluit, is die besliste kennis van die ware identiteit van die Amerikaanse en Britse nasies, soos hulle in hierdie profesieë genoem word.

Stop en dink vir ‘n oomblik hieroor na. Indien Daniël die profesie wat hy geskryf het, nie kon verstaan nie; indien dit “verseël moes word tot die tyd van die einde toe”—tot die laaste helfte van die twintigste eeu—soos die engel gesê en soos Daniël geskryf het, dan was die profesieë vir die Israeliete van daardie tyd gesluit; dit het geen boodskap vir Daniël se tyd gehad nie.

Dink ‘n bietjie verder.

Hierdie profesieë kon nie aan die destydse Koninkryk van Israel gegee of bekend gewees het nie. Daniël het geskryf gedurende en na afloop van die tydperk waartydens koning Nebukadnéser, koning van die Chaldeërs, die Koninkryk van Juda binnegeval en in ballingskap weggevoer het (604 tot 585 v.C.). Maar die Koninkryk van Israel is reeds lank vantevore ingeval, oorwin en sy mense uit Palestina uitgedryf—as slawe van die Assiriërs—721 tot 718 v.C. (2 Konings 17:18, 23-24), 117 tot 133 jaar voor Daniël geskryf het. Jare voordat die boek van Daniël geskryf is, het die Assiriërs, met daardie Israelitiese slawe, vanaf Assirië, noordwes na Europa gemigreer. Hoe ver noordwes—waar hulle hul gevestig het—was nie toe bekend nie.

Hulle het bekend geword as die Verlore Tien Stamme.

Maar vandag weet ons.

Soos Daniël (12:4) geskryf het, vandag het die kennis vermeerder. Die raaisel oor waar die Verlore Tien Stamme hul bevind, is nou opgeklaar. Maar in Daniël se tyd het hulle spoorloos verdwyn—asof die aarde sy mond oopgemaak en hulle ingesluk het.

Nie vir Ou Testamentiese Israel Nie

Daniël se profesie was dus nie ‘n boodskap aan die Ou Testamentiese Koninkryk van Israel nie!

Dink nou verder!

Hierdie profesie was ook nie ‘n boodskap wat aan die Ou Testamentiese Koninkryk van Juda gerig was nie. Toe Daniël geskryf het, was die Jode reeds slawe in Babilon. Daniël was een van die briljante jong prinse van Juda en was spesiaal vir diens in die koning se paleis, in Babilon, gekies (Daniël 1:3-6). Daniël se veeleisende pligte in die koning se paleis het hom nie toegelaat om hierdie verborge en verseëlde boodskap aan die verspreide Joodse slawe oor te dra nie. In hierdie toestand van slawerny was daar vir die Jode geen sisteem van godsdienstige byeenkomste nie—geen priesterlike orde nie. Daar was glad nie soiets soos ‘n persdrukkery nie—geen manier om literatuur te druk en verpsrei nie. Die profesie was in elk geval “verborge en verseël tot die tyd van die einde toe”—ons tyd, nou! Die boek Daniël, was nie ‘n boodskap aan die Jode van die Ou Testamentiese tyd nie!

Besef nou finaal: Dit is baie duidelik dat hierdie profesieë na geen ander tyd as ons tyd, die twintigste eeu, verwys nie!

Weet dan verder ook dit:

Vir die meeste mense is die mees geheimsinnigste boek in die hele Bybel, die boek Openbaring. Maar die sleutel tot die boek Openbaring is die boek Daniël. En alleenlik in die boek Openbaring vind ons die wêreldgebeure van alle profesieë in tydvolgorde gerangskik. Die boek Openbaring is gevolglik die sleutel om alle profesieë in tydorde saam te voeg. En Openbaring was ook ‘n verborge en verseëlde boek—tot nou, in ons tyd. Ons besef dat Jesus Christus die Openbaarmaker is—en dat Hy die seëls oopgebreek en hierdie geheimsinnige boek vir die regte begrip geopen het.

En waarheen lei dit ons? Na die feit dat profesie om die algemeen vir ons tyd vandag geskryf en bewaar is! En soveel as 90% van alle profesie verwys in werklikheid na hierdie laaste helfte van die twintigste eeu. En die een sentrale meestersleutel tot alle profesie, is die identiteit van die Verenigde State en die Britse nasies in hierdie profesieë vir vandag!

Hierdie profesieë kan op geen ander tyd, voor die onseker hede, van toepassing wees nie.

Dit mag dalk nie oor die algemeen besef word nie—maar nie Brittanje of die Verenigde State het voor die 19e eeu groot wêreldmagte geword nie. Skielik, aan die begin van die 19e eeu, het hierdie twee lande—tot op daardie stadium nog klein en ondergeskik—skielik uitgebrei tot nasionale mag en grootheid onder die nasies en het hulle, soos geen ander nasies ooit vantevore, in rykdom, hulpbronne en mag gegroei en vermenigvuldig.

Teen 1804 het Londen die finasiële middelpunt van die wêreld geword. Die 13 state van die Verenigde State het uit hul spreekwoordelike nate gebars en die uitgebreide “Louisiana Purchase” bekom. Dit was vinnig besig om opgang te maak as die magtigste nasie van alle tye. Maar Brittanje het eerste tot grootheid uitgestyg en was tot die Wêreldoorloë, die grootste ryk, of gemenebes van nasies in die hele geskiedenis.

Kon Ons Geïgnoreer Word?

Die Britte en Amerikaners het meer as twee derdes—bykans ‘n driekwart—van alle verboubare fisiese hulpbronne en rykdom van die wêreld bekom. Alle ander nasies tesame het skaars ‘n kwart besit. Brittanje het die see regeer—en die wêreld het oor die see handel gedryf. Die son het nooit oor die Britse besittings onder gegaan nie.

Dink daaroor!

Kon die Britte en Amerikaners in profesieë oor wêreldtoestande, wat ‘n derde van die Bybel behels, geïgnoreer word—wanneer 90% van al daardie profesieë na nasionale en internasionale wêreldgebeure van ons huidige tyd verwys?

Verbysterend?

Dit is inderdaad. En tog, presies soos geprofeteer, het Brittanje se son nou onder gegaan. Net soos hierdie selfde profesieë Brittanje se grootheid openbaar het, net so is Brittanje reeds tot ‘n tweede- of derderangse wêreldmag verlaag.

En Amerika? Vandag bevind Amerika haarself die erfgenaam van bykans alle internasionale probleme en kopsere in hierdie na-(Tweede Wêreld)oorlogse, chaotiese en geweldadige wêreld. En die Verenigde State het haar laaste oorlog gewen—selfs die kleine Noord-Viëtnam het haar hok geslaan. Baie ander nasies is besig om Amerika se nasionale krag te tap, “en hy weet dit nie” soos God dit reeds lank gelede voorspel het!

Op die wêreldtoneel is niks so belangrik as om te weet waar die wit, Engelssprekende mense wat dikwels en in honderde profesieë geïdentifiseer word—profesieë wat ons skielike opgang tot nasionale mag duidelik beskryf en die oorsake van daardie grootheid openbaar, profesieë wat ‘n kristalhelder prentjie oor ons huidige internasionale verknorsing skilder, profesieë wat ons oë wyd open om te sien wat nou in die nabye toekoms op ons nasies wag—en wat ons beslissende en finale status sal wees.

Chapter 3: Nasionale Grootheid aan Israel Belowe—Tog het die Jode Dit Nooit Ontvang Nie—Hoekom Nie?

Voor die Tweede Wêreldoorlog het die mense van Amerika en Brittanje meer as twee derdes van die verboubare hulpbronne en rykdom van die wêreld bekom. En tog, verbasend soos dit mag wees, het ons bykans alles daarvan redelik skielik, sedert die jaar 1800, bekom. Nog nooit het soiets vantevore in die geskiedenis gebeur nie. Nog nooit het enige volk of nasie so uitgebrei en so skielik en vinnig in die omvang van nasionale grootte gegroei nie.

Tog is ons besig om die verdwyning en vermindering van hierdie nasionale grootheid, rykdom en krag, reg voor ons eie oë te aanskou. In die geval van Brittanje is dit besig om selfs vinniger te disintegreer as wat dit ontwikkel het! Brittanje is bykans oornag van haar kolonies en haar besittings gestroop—die bron van haar rykdom—en is sy tot ‘n tweede- of derderangse mag verlaag. Hoekom? Daar is ‘n rede! Dit is opgebind in die geskiedenis en die goddelike beloftes aan Israel. Beloftes wat nog nooit deur die Jode geërf is nie. En nou, indien die mense en die regering van die Verenigde State nie ag slaan en onmiddelik drastiese stappe neem nie, is die Amerikaanse nasie oppad om selfs vinniger in skandelike agteruitgang en verlies aan nasionale welvaart, grootheid en mag, neer te daal!

En om dieselfde rede!

Dit dring ons om sonder versuim die geskiedenis vinnig te hersien en ons oë te open vir die goddelike beloftes en waarskuwings waarvan ons mense bykans heeltemal onbewus is. Dit hou alles verband met die algemeen geïgnoreerde, eenvoudige Bybelstorie wat lei tot kennis van ons ongelooflike afkoms en moderne profetiese identiteit. En dit is die mees verbasende, die mees boeiende storie wat u ooit sal lees. Dit is vreemder as fiksie—en tog is dit waar!

Hoekom Het Ons Israel Se Bybel?

Duisende jare gelede, is dieselfde nasionale grootheid, rykdom en mag deur die Almagtige aan Abraham belowe. Tog het baie min al hierdie verbasende feit in die Skrif opgelet. Indien ons wil verstaan, sal ons ‘n eienaardige feit moet besef. Die Bybel is die besondere boek van ‘n definitiewe nasionaliteit—die kinders van Israel.

Dit is onmiskenbaar! Die geskiedenis, van Génesis tot Openbaring, is hoofsaaklik die geskiedenis van een volk of nasie—die Israeliete. Ander nasies word net genoem in soverre hul met Israel in aaraking kom. Die Bybel vertel van hierdie Israeliete en hul God. Ook die profesie daarin, hou verband met Israel en ander nasies soos wat hul met Israel in kontak kom. Dit is deur die God van Abraham, Isak en Jakob geïnspireer, daartoe verbind om uitsluitlik deur die Israeliete geskryf en bewaar te word tot nadat die Nuwe Testament deur hierdie Israeliete geskryf was. In hierdie heilige geskrifte lees ons dat al die beloftes en verbonde van God, al die seunskap en glorie, alleenlik aan Israel behoort (Romeine 9:4).

Tog moet ons die ongelooflike feit in die gesig staar dat ons wit Engelssprekende mense—nie die Jode nie—die nasionale en fisiese fases van daardie beloftes geërf het!

Hoe kon dit gebeur?

Die Bybel is ‘n Israelitiese Boek , vooruit bepaal van en vir die Israelitiese nasionaliteit, deur hul God geïnspireer en hul profete oorgedra. Is dit nie inderdaad vreemd dat meeste van ons Engelssprekende mense in hierdie Boek van die Hebreeuse mense glo en die grootste aanhangers daarvan is nie; dat uit alle nasies óns die grootste aanbidders—in naam en in vorm, indien nie in waarheid en in daad—van die God van Israel en sy Messias is nie?

Hoe meer hierdie feite na vore kom, hoe duideliker blyk dit dat ‘n volledige kennis van hierdie Israeliete nodig is om die Bybel reg te verstaan, wat hoofsaaklik op hulle as mense betrekking het. En hierdie kennis word belangrik indien ons die huidige status van die Amerikaanse en Britse mense in hierdie wêreld—en hul betrekking tot die ongeëwenaarde wêreldtoestande in hierdie noodlottige uur—wil verstaan! Soos ons hierdie verbasende storie benader, laat ons onthou dat die Bybel op die materiële, die vleeslike, die letterlike, rasse en nasionale sowel as die geestelike, betrekking het. Laat ons nie nasionale dinge geestelik gesproke wegmaak of geestelike dinge nasionaliseer nie. Laat ons die heilige Woord van God verstaan soos dit is!

Volk Het Met Een Man Begin

Voor die dae van Moses, was daar geen nasie op aarde wat in besonder as God se nasie bekend was nie. Voor Moses was daar geen geskrewe Woord van God; geen geïnspireerde Geskrifte; geen Heilige Bybel nie. Dink daaroor na! Vir meer as meer as 2 500 jaar—twee-en-’n-half millennia—het die mensdom bestaan sonder enige geskrewe openbaring van God! Die enigste geskiedkundige rekord van God se handeling met die mens, voor Israel, is in die geopenbaarde geskiedenis van die Bybel. En—selfs meer verbasend—word slegs die eerste elf van die vyftig hoofstukke van Génesis aan die totale geskiedenis van die wêreld, voor Abraham—vader van die Israeliete—gewy!

Verrassend? Slegs die eerste elf hoofstukke van die eerste boek van die Bybel word gebruik om vir ons die geskiedenis van die eerste 2000 jaar op rekord te stel—meer as ‘n derde van die Bybel se hele strekking.

God het hierdie wêreld met slegs een man—Adam—begin. Wat God ookal deur menslike bemiddeling doen, moet op die kleinste manier begin en dan, soos ‘n mosterdsaad tot iets groots groei.

God het met hierdie eerste man direk en persoonlik gekommunikeer. God het alle noodsaaklike kennis, wat andersins vir die mens se verstand ontoeganklik is, geopenbaar. Die basiese noodsaaklikhede van alle kennis—wat is die mens?—waarom is hy hier?—wat is die doel van lewe?—wat is die weg wat na vrede, gesondheid, voorspoed, blydskap en vreugde lei?—wat is die einde van die mens—sy eindbestemming?—God het hierdie grondslag van alle kennis aan die eerste mens openbaar.

God het Homself aan Adam geopenbaar—die Ewige Skepper—Heerser van die aarde en die heelal. God het aan Adam openbaar dat hy, anders as diere, na die beeld en gelykenis van God geskape is, met verstandelike vermoë waaroor geen ander fisies geskape skepsel beskik nie; met die potensiaal om, deur vrye keuse, die karakter van God te ontwikkel en ewige lewe in die Koninkryk van God te erf. God het aan Adam die lewenswyse openbaar wat na alles wat ‘n mens kan begeer, sou lei: vrede, ‘n genotvolle lewe, vreugde en oorvloedige welsyn.

Om sodanige seëninge voort te bring—om die oorsaak van sodanige begeerlike gevolg te wees—het God sy onbuigbare geestelike wet in werking gestel. Maar Adam het na Satan geluister en op sy eie menslike oordeel begin staatmaak. Hy was aan God ongehoorsaam, hy het die weg verwerp wat na elke begeerlike resultaat sou lei en het die menslike weg van hebsug en ydelheid betree.

Mensdom Verag God Se Weg

Soos die mens op die aarde begin vermenigvuldig het, het Adam se seuns in sy Satan-geïnspireerde weg, van die menslike natuur, nagevolg. Voor Abraham word slegs drie genoem wat God se weg aanvaar het—slegs drie gedurende ‘n hele derde van die mensdom se hele geskiedenis. Abel was regverdig genoem; Henog het met God gewandel; en Noag was ‘n prediker van geregtigheid, wat eenvoudig gehoorsaamheid aan God se regering, beteken (Psalm 119:172). Behalwe vir hierdie drie, en moontlik Sem, is daar geen record dat enige mens voor Abraham hom aan die heerskappy van God onderwerp het nie.

Teen Abraham se tyd, het die mens reeds alle kennis van die ware Skepper-Heerser, die openbaring van Sy doel en God se weg na vrede, vreugde en die ewige lewe, verloor. Die mens het sy eie weë en oogmerke gevolg en teenstrydig met die wette van God begin wandel. Sonde en geweld het die aarde gevul.

God Het Sy Volk Met Een Man Begin

Dit was in so ‘n wêreld—wat ver van God, die kennis van die wonderlike voordele van God se heerskappy en die aanbidding van die ware God afgedwaal het—dat een man eerlik, opreg, onderdanig, onderrigbaar, sterk en doelgerig was. So het God dan aan die man ‘n toetsbevel van gehoorsaamheid gegee. Aan hierdie man, Abram, het God bevel: “Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis; na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak” (Génesis 12:1-2).

Hier was ‘n bevel wat ‘n voorwaarde en belofte was, mits die voorwaarde van gehoorsaamheid nagekom was.

En nou, soos God die hele wêreld met een man begin het, het Hy sy eie buitengewone nasie in die wêreld deur een man—Abraham—begin. Soos die wêreld—wat ver van God en van die seëninge van die aanbidding van God en sy regering afgedwaal het—deur een man wat teen God in opstand gekom het en sy regering verwerp het, begin was, so is God se eie vleesgebore volk, waaruit die Koninkryk van God weergebore sal word, deur een man begin wat God sonder vraagteken gehoorsaam en sy goddelike heerskappy aanvaar het.

Het Abram gestop om te argumenteer en te redeneer? Het hy gesê: “Laat ons eers die saak ‘n bietjie beredeneer; hier is ek in Babilon, in die middelpunt van die wêreld se besigheid, samelewing en vrolikheid. Waarom kan U my nie sommer hier, waar alles aangenaam en betowerend is, die beloftes gee nie? Waarom moet ek dit alles agterlaat en na ‘n onbeskaafde land oorgaan?”

Het Abram gekibbel, weerstand gebied, opstandig geword?

Hy het verseker nie!

Die geïnspireerde Skrif weergawe dui eenvoudig aan: “Toe het Abram weggetrek.” Daar was geen redenasies met God nie. Daar was geen menslike redenasies dat God verkeerd was nie. Daar was geen dwase vrae nie: “Waarom moet ek hiervandaan weggaan?” “Kan ek nie doen soos ek goedvind nie?” Daar was geen huiwering om te sê, “Wel, dit is hoe ek die saak beskou.”

“Abraham het weggetrek …” Slegs eenvoudige, onvoorwaardelike gehoorsaamheid!

En God het hierdie man, wie se naam Hy later na Abraham verander het, as die vader van sy nasie, Israel, gevestig! Al die beloftes van God is aan Abraham en sy nageslag gemaak. En indien ons die belofte van ewige lewe in die Koninkryk van God wil erf, moet ons soos Abraham word en deur Christus een van sy kinders.

Die Ewige het die volgende van sy buitengewone vleesgebore volk gesê: “Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal My lof verkondig” (Jesaja 43:21). Daardie profesie sal nog—en binnekort—vervul word!

Tweeledige Beloftes Aan Abraham

Min het dit al besef, maar daar strek ‘n tweeledigheid regdeur die plan wat God het om sy doel hier op aarde uit te werk.

Eers was daar Adam, stoflik en vleeslik; en daar is Christus, die tweede Adam, geestelik en goddelik. Daar was die Ou Verbond, suiwer materieel en tydelik; en daar is die Nuwe Verbond, geestelik en ewig. God het die mens sterflik, fisies, uit die stof van die aarde en van die menslike koninkryk gemaak; maar deur Christus mag hy deur God gegenereer word om onsterflik, geestelik en deel van die Koninkryk van God te word.

En op soortgelyke wyse het die beloftes wat God aan Abraham gemaak het, uit twee fases bestaan—die een suiwer materieel en nasionaal; die ander geestelik en individueel. Die geestelike belofte van die Messias en die redding deur Hom, is aan die mees oppervlakkigste Bybelstudente welbekend. Hulle weet dat God ‘n geestelike belofte aan Abraham gemaak het, dat Christus as sy nasaat gebore sou word en dat ons redding deur Christus kom. Maar—en dit sal ongelooflik klink, tog is dit die waarheid—bykans niemand weet wat daardie redding is nie; wat die beloftes van die redding is wat ons deur Christus mag ontvang nie; hoe ons dit kan ontvang, of wanneer—hoe ongelooflik dit ookal mag klink! Maar daardie waarheid hoort in ‘n ander boek.

Die noodsaaklike tema van hierdie boek is die feit dat God ook ‘n ander, heeltemal verskillende, ongelooflike, nasionale en materieële belofte aan Abraham gemaak het, ‘n belofte wat bykans heeltemal oor die hoof gesien word.

Let nou weereens op hoe God aanvanklik vir Abram geroep het en die tweeledige aard van sy beloftes: “Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis; na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak … en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word” (Génesis 12:1-3).

Let op die tweeledige belofte: 1) “Ek sal jou ‘n groot nasie maak—die nasionale belofte dat sy vleesgebore kinders ‘n groot nasie sou word—‘n belofte van ras; 2) “… en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word”—die geestelike belofte van genade. Hierdie selfde belofte word in Génesis 22:18 herhaal: “En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word.” Hierdie nageslag (enkelvoud) verwys duidelik na Christus, soos duidelik in Galásiërs 3:8, 16 bevestig word.

Dit is net hier waar diegene wat bely dat hul “Christene” is—en hul leraars—fouteer en in Skriftelike blindheid verval het. Hulle het misluk om kennis te neem van die tweeledige belofte wat God aan Abraham gemaak het. Hulle erken die Messias-belofte van geestelike redding deur die een “nageslag”—Christus. Hulle sing die gesang “Standing on the Promises”—en veronderstel valslik dat die beloftes beteken dat ‘n persoon hemel toe gaan wanneer hy sterf.

Hierdie is ‘n sleutelpunt. Dit is die punt waarop belydende “Christene” en hul leraars die weg van die waarheid byster raak. Dit is die punt waarop hulle van die weg afdwaal wat hulle na die verlore meestersleutel van al die profesieë sou lei. Die feit dat God aan Abraham beloftes van fisiese ras sowel as geestelike genade gegee het, word deur hulle oor die hoof gesien.

Maar die eenvoudige feit is dat die “groot nasie” belofte na ras alleen verwys—en nie na die “nakomeling” van Gálasiërs 3:16, wie Jesus Christus, die Seun van Abraham en die Seun van God, was nie, maar na die meervoud, veelvuldige nakomelinge van natuurlike, vleeslike geboorte—word duidelik gemaak deur die herhaling van God se belofte, later in meer besonderhede.

Let noukeurig op! Verstaan hierdie beloftes!

“Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou die vader van ‘n menigte van nasies” (Génesis 17:1-5).

Let op dat die belofte nou op voorwaarde van Abraham se gehoorsaamheid en perfekte lewenswyse gemaak word. Neem kennis dat die “groot nasie” nou ‘n menigte van nasies word—meer as een nasie. Dit kan nie na die “een nageslag,” Christus, verwys nie. Dit word deur die volgende verse bewys.

“En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings [meer as een] sal uit jou voortkom” (vers 6). Let op dat hierdie nasies en konings uit Abraham sal voortkom—fisiese generasie—veelvoudige geslagte, nie slegs een afstammeling deur wie verspreide individue die kinders van Abraham mag word deur die geestelike generasie deur Christus nie (Gálasiërs 3:29). Die verspreide, individuele Christene vorm nie nasies nie. Dit is waar dat daar na die Kerk as ‘n “koninklike priesterdom en heilige volk” (1 Petrus 2:9) verwys word, maar Christus se Kerk is nie verdeel in “‘n menigte nasies” nie. Hier word na ras verwys en nie na genade nie.

“En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte …” (Génesis 17:7). Die nageslag is in die meervoud—“in hulle geslagte.” “En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän [Palestina], as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees” (vers 8).

Let op, die land—materiële besitting—word aan meervoudige nageslagte belowe, van wie Hy “hulle” en nie “sy” God is. Die meervoudige naamwoord “hulle” word weer in vers 9 gebruik: “jy en jou nageslag en al hulle nageslagte” (1983 Nuwe Afrikaanse Vertaling).

Maar ondersoek hierdie belofte noukeurig!

Die toekoms van groot nasies berus op die beloftes wat die ewige Skepper aan Abraham gemaak het. Die enigste hoop op lewe na die dood vir enigeen—ongeag ras, kleur of geloof—hang af van die geestelike fase van hierdie beloftes aan Abraham—die belofte van genade deur die “een nageslag”—Christus die Messias!

Hoeveel Land—Hoe Groot die Nasies?

Hierdie is nie terloopse, toevallige of onbelangrike beloftes nie. Dit is basies—die grondslag vir die vestiging van die grootste wêreldmagte; die grondslag vir enige individuele geestelike redding; die enigste hoop van ewige lewe vir mense. Hierdie is kolossale beloftes. Die Skepper het die toekoms van die mensdom daarop gegrond.

Jesus Christus het gekom “om die beloftes aan die vaders te bevestig” (Romeine 15:8)—Abraham, Isak en Jakob.

‘n Vleeslike sinikus, wie se gesindheid vyandig teenoor God en sy beloftes, doelwitte en weë is, werp hierdie ontsaglike beloftes eenkant, en sê onverskillig, “O ja?—maar watter tipe ‘menigte nasies’? Twintigste eeu styl? Nasies van 100 miljoen of meer mense? Moenie belaglik wees nie! Daardie mense wat die Bybel geskryf het, het niks van nasies geweet wat ‘groot’ sou wees volgens ons twintigste eeu standaarde nie! Hulle het slegs na klein nasies soos in hulle tyd verwys—nasies wat nie oor veel meer mense as ‘n klein woonbuurt of stad vandag, beskik het nie!

“En hoeveel land het hierdie belofte ingesluit? Was God veronderstel om ‘n erfenis uit die land van Kanaän, soos in vers 8 van Génesis 17 genoem, te belowe? En toe die land weer aan Jakob belowe was, was al die land wat belowe was, ‘die land waar jy op lê en slaap’ in Génesis 28:13. Hoeveel land was dit? Nie meer as ‘n klein stukkie aarde van ongeveer 2 voet wyd en ses voet lank!”

‘n Siniese beswaarmaker het werklik so geargumenteer!

So laat ons die smalende, kortsigtige sinikus antwoord! Laat ons versigtig nagaan en presies sien wat belowe was onder hierdie fase van die beloftes wat met ras verband hou—die fisiese, materiële, nasionale beloftes. Ek laat staan die ondersoek van die geestelike fase van die beloftes oor om in ander boekies of artikels verduidelik te word.

Hoeveel land was belowe?

‘n Sinikus Argumenteer

Maar luister eers na die weerlegging van die kritiserende sinikus. “Daardie belofte,” gaan die beswaarmaker voort, van “‘n menigte nasies’ was in Hebreeus geskryf en in Hebreeus is die woord “nasie” goi, en vir meer as een, meervoud, is dit goiim. Dit beteken eenvoudig party mense—dit kan slegs ‘n handjievol van Abraham se kinders en kleinkinders beteken.”

Ek meld dit, want ‘n self-erkende “geleerde” het op een geleentheid hierdie belaglike stelling gemaak en verklaar dat hy hoofsaaklik op grond van hierdie argumente, hierdie hele belangrike waarheid verwerp. Indien die leser die tyd sal neem om hierdie Hebreeuse word goi na te slaan, sal hy vind dat dit “nasie” beteken—of, in die meervoud, “nasies” of “mense,” sonder oorweging van die grootte van die bevolking. Hierdie is die woord wat die meeste gebruik word—weliswaar honderde kere in die Ou Testament—vir die verskeie nasies van die wêreld, insluitende die grootste nasies. In die profesie van Joël 3, vers 2, sê God dat Hy “alle nasies” sal versamel. Dit verwys na ‘n tyd in die toekoms, in hierdie twintigste eeu—en die Hebreeuse woord goiim word gebruik. Daar sluit die woord goiim nasies soos Rusland, Duitsland, Italië, China, Indië in—baie groot nasies.

Maar God het belowe dat Abraham se letterlike, vlees-en-bloed afstammelinge “‘n groot nasie” sou word (Génesis 12:2); dat Hy “hulle buitengewoon sou vermeeerder” (Génesis 17:2); dat “jy … die vader van ‘n menigte van nasies [sal] word” (vers 4); en dat “Ek jou buitengewoon vrugbaar [sal] maak: Ek sal jou tot nasies maak” (vers 6). Soos ons verder gaan met ander beloftes en profesieë, sal ons sien dat die Bybelse taal hierdie as groot nasies beskryf.

En hoeveel land? In Génesis 17:8 het God “die hele land Kanaän” beloof, maar in ander skrifgedeeltes belowe Hy veel meer. In Génesis 15:18: “Op dié dag het die Here met Abraham ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte [Nyl] af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.” Die Eufraat is ‘n aansienlike afstand na die ooste van antieke Babilon, vandag bekend as Irak—aansienlik oos van Palestina.

Maar al die argumente van die beswaarmaker word belaglik en tot niet gemaak deur net die volgende vers waarvan hy aangehaal het dat die beloofde land ‘n perseel van 2 by 6 voet [ongeveer 0.3m by 1.83m] is. Hy kon die volgende vers lees: “en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide” (Génesis 28:14).

Hier word die grootte van die “menigte nasies” met die hoeveelheid stofkorrels van die aarde vergelyk. Op ‘n ander plek het God die bevolkings van hierdie beloofde nasies met die sandkorrels van die seestrand en met die sterre—‘n ontelbare getal—vergelyk.

Soos ons verder voortgaan sal die omvang en realiteit van hierdie beloftes baie duidelik word.

Nie in die Jode Vervul Nie

Let weereens baie noukeurig op—die Jode was nog nooit meer as een nasie nie. Hulle is nie, en was nog nooit, baie nasies nie. So hier is ‘n verstommende profesie, ‘n plegtige belofte van die Almagtige God, wat nie in Christus, in Christene of die Jode vervul kon word nie. Ons moet na ‘n aantal nasies afsonderlik van die Kerk of die Jode kyk. Ongelooflik soos dit mag wees, moet ons dit doen of andersins die belofte van God ontken!

God het Abraham getoets, en Abraham het deur geloof, gehoorsaam-selfs tot die punt om gewilliglik, indien nodig, sy enigste seun te offer. En na die toets was die belofte nie meer voorwaardelik nie. Dit het toe onvoorwaardelik geword.

“Ek sweer by Myself spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en jou seun , jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nagelsag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem [tot dusver materiële, nasionale beloftes van ras]. En in jou nageslag [Christus] sal al die nasies van die aarde geseën word [hierdie belofte is geestelik, van genade], omdat jy na My stem geluister het” (Génesis 22:16-18).

Die belofte is nou onvoorwaardelik. God het gesweer om dit na te kom. God belowe nie hierdie dinge as Abraham of sy kinders sekere dinge doen nie. Hy belowe dit aan Abraham omdat hy alreeds sy kant van die ooreenkoms nagekom het. Indien hierdie beloftes verbreek of ongedaan gemaak kon word, dan is geen belofte in die Bybel seker nie!

Hierdie beloftes kan nie verbreek of ongedaan gemaak word nie. Nie indien dit waar is dat “hemel en aarde kan vergaan, maar My woord sal nie vergaan.” Nou moet God sy deel sonder versuim nakom.

Neem kennis van ‘n addisionele aspek van die belofte—die nasies wat die rasse afstammelinge van Abraham is, sal die poorte van sy vyande in besit neem. ‘n Poort is ‘n nou deurgang om in of uit te gaan. Nasionaal gesproke, sal “poort” iets soos die Panama Kanaal, die Seuz Kanaal, die Straat van Gibraltar, behels. Hierdie belofte word in Génesis 24:60 aan Abraham se skoondogter herhaal: “mag jy duisende van tienduisende word, mag jou nageslag die poort van jou vyande in besit neem.”

Let daarop dat Abraham se nageslag lewensnoodsaaklike geografiese deurgange van hul vyande sou besit—“die wat hulle haat.” Dit was nog nooit deur Jode vervul nie, en kan dit ook nie na Jesus Christus se wederkoms, om die nasies te regeer en wêreldvrede te bewerkstellig, vervul word nie. Hierdie belofte kan slegs in die huidige wêreld vervul word, òf ons moet die Bybel as God se geopenbaarde Woord, ontken. Ons moet soek na mense wat meer as een nasie vorm—tog almal een volk, kinders van Abraham—nou of in die geskiedenis wat die seepoorte van die wêreld besit, of ons moet die Woord van God ontken. Dit is ‘n toets van die inspirasie van die Bybel en die krag van God om hierdie wêreld te regeer!

‘n Nasie en ‘n Groep (Gemenebes) van Nasies

Hierdie ontsaglike beloftes was weer aan Isak en Jakob beloof. Ishmael en Abraham se ander seuns was van hierdie geboortereg uitgesluit. Esau, Isak se seun en Jakob se tweelingbroer het dit verkoop en is verwerp. Die belofte soos aan Isak gemaak, is in Génesis 26:3-5 neergeskryf: “Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee …” Let op! God belowe “al hierdie lande” tweemaal. Dit is miljoene maal groter as die 2 by 6 voet stukkie grond wat ons “intellektuele” sinikus beweer het. Ook Isak se nageslag sou “vermeerder soos die sterre van die hemel.” Dit is duisende maal groter as ‘n klein woonbuurt.

Dit word aan Jakob in Génesis 27:26-29 herhaal, waar die materiële seëninge van rykdom in die dinge vanuit die grond bygevoeg word, met die profesie dat die heidense nasies deur die geboortereg nasies van Israel regeer sou word. “En mag God jou gee van die dou van die hemel en van die vet van die grond van die aarde en oorvloed van koring en mos. Volke sal jou dien, en nasies sal voor jou neerbuig. Wees heerser oor jou broers, en die seuns van jou moeder moet hulle voor jou neerbuig. Vervloek is hulle wat jou vloek, en geseënd is hulle wat jou seën.”

Om Wêreldwyd te Versprei

En in Génesis 28:13-14 vind ons weer die beloftes, waar die addisionele besonderhede opgeteken staan dat die nasies van Israel uiteindelik regoor die wêreld sou versprei. “En kyk, die Here … het gesê: Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waarop jy lê en slaap sal Ek aan jou en jou nageslag gee; en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide …”

Die oorspronklike Hebreeuse woord vir “uitbrei” beteken “om deur te breek.” Hierdie belofte plaas geen beperking op hoe ver oos, wes, noord en suid Jakob se nageslag sou uitbrei nie. Dit dui aan dat hulle rondom die wêreld sou uitbrei. Dit word verder in Romeine 4:13 bevestig: “Want die belofte dat hy [Abraham] erfgenaam van die wêreld sou wees …”

Maar dit is nie ‘n belofte dat die nageslag van Abraham die hele wêreld sou erf en in besit neem en dat niks aan die heidense nasies oorgelaat sou wees nie—dit is voor die nuwe aarde—dit beteken egter dat in die jare en eeue wat sou volg, hulle sou versprei en sekere areas in verskeie dele op aarde sou besit. En tog, die nuwe aarde—na die millennium—sal slegs bewoon word deur diegene wat kinders van Abraham deur Christus sal wees (Romeine 4:13).

Daar is ‘n fase van hierdie profesie wat tot nou toe heeltemal oor die hoof gesien word—wat nie vantevore verstaan was nie. Hierdie geboortereg Israelitiese nasies het inderdaad versprei en verskeie lande of areas in baie gedeeltes rondom die wêreld word deur hulle besit. Dit het gebeur nadat hulle—721-718 v.C.—in ballingskap uit hul eie Beloofde land, Samaría in Palestina, uitgedryf is. Die volgende vers in Génesis 28 voltooi dié fasie in die profesie. “En kyk, Ek is met jou, een Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, [God verwys hier na Jakob se afstammelinge wie oor die hele wêreld sou versprei en nie na Jakob self nie] en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek gesê het” (vers 15).

Hierdie onbemerkte maar betekenisvolle profesie sal met die wederkoms van Christus vervul -word. Dit word in Jeremia 23:7-8 en 50:4-6, 19-20 en ander profesieë verder verduidelik.

Weer Aan Jakob Belowe

Selfs later het God aan Jakob, wie se naam na Israel verander is, verskyn en die samestelling van hierdie “menigte nasies” verder gedefinieer, Aldus: “Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ‘n Nasie, ja, ‘n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voorkom” (Génesis 35:11). Die Moffat vertaling verwys hierdie gedeelte as “‘n nasies [en] ‘n groep van nasies.” Die Fenton weergawe is “‘n nasie en vergadering van nasies.” Dir RSV het dit onverandered van die vertaling in die Authorized Version gehou. Dus sal die “menigte nasies” uiteindelik ‘n nasie vorm—een groot, ryk, magtige nasie—en die ander ‘n deelgenootskap van nasies—‘n groep of gemenebes van nasies.

Hierdie kritieke feit moet u deeglik merk! Indien u die alles-belangrike sleutel tot alle profesie wil snap, is dít die basis—die sleutel tot die ware betekenis van die ongeëwenaarde wêreldgebeure van vandag. Hierdie belofte was nog nooit in die Jode vervul nie. Dit kan nie “geestelik” weg geredeneer word deur dit te interpreter dat dit slegs deur Christus geërf kan word nie. Dit kan nie na die Kerk verwys nie, want daar is maar een Kerk wat in die Bybel erken word en dit is nie ‘n nasie of groep nasies nie, maar één Kerk wat uit uitverkorenes wat onder alle nasies versprei is, bestaan. Tog moet hierdie verbasende belofte vervul word, tensy ons die Bybel en die heilige Woord van God wil ontken!

Hier is die enigma van die eeue! Is hierdie goddelike belofte nie nagekom nie? Thomas Paine en Robert Ingersoll het hul geloof in God verloor en het die Bybel verwerp omdat hulle geglo het dat hierdie nasionale beloftes nooit vervul was nie.

Die hele lot van die Bybel, as die openbaring van die Woord van God—die bewys van God se bestaan—word deur die antwoord op hierdie ontsettend belangrike vraag bepaal. Die Jode het nie hierdie beloftes vervul nie. Die beloftes verwys nie na die Kerk nie. Die groot kerkleiers van die wêreld is nie bewus van enige sodanige vervulling nie. Het God gefaal? Of het Hy sy woord oor hierdie kolossale belofte gestand gedoen? Die ware antwoord is die mees verbasendste openbaring van Bybelse waarheid, van profesie en van nie-erkende geskiedenis!

Chapter 4: Die Skeiding van die Geboortereg en die Septer

Ons kom nou by ‘n baie beslissende onderskeid, en ‘n stukkie Bybelse waarheid wat slegs aan ‘n paar bekend is. Baie min het ooit inderdaad opgelet, dat die beloftes aan Abraham tweeledig was. Maar die Bybel skep self ‘n baie skerp onderskeid tussen die twee fases van die beloftes.

Die geestelike beloftes—die beloftes van “een nageslag,” Christus, en van redding deur Hom—noem die Bybel die septer. Maar die materiële en nasionale beloftes wat na baie nasies, nasionale rykdom, welvaart en mag verwys en om die Heilige Land te besit, word deur die Bybel die geboortereg genoem.

Ras, Nie Genade Nie

Laat ons die betekenis van die terme verstaan:

“Geboortereg: ingebore reg of voorreg”—Standard Dictionary; “enige reg wat deur geboorte verkry word”—Webster. ‘n Geboortereg is iets wat deur geboorte, jou reg is. Dit het niks te doen met genade, wat onverdiende vergifnisen ‘n gratis geskenk is en nie jou reg is nie. Dit hou verband met ras, nie genade nie. Geboortereg besittings word volgens gebruik vanaf die vader na die oudste seun oorgedra.

Septer: koninklike amp, koninklike mag; ereteken van bevel of opperheerskappy”—Standard Dictionary. Die beloofde koninklike lyn bereik die toppunt in Christus, en sluit genade vir almal in.

Ons het gesien dat beide van hierdie beloftes, die geboortereg en die gawe van genade, onvoorwaardelik deur God aan Abraham belowe was. Beide die geboortereg en die genade beloftes was weer deur die Ewige God aan Isak en Jakob beloof. Maar die feit wat u oë behoort te open, as ‘n vreugdevolle, nuutgevonde waarheid, is dat vanaf daardie tydstip, hierdie twee beloftes van mekaar geskei was! Die septerbeloftes van die koninklike lyn wat in Christus die toppunt sou bereik, en van genade deur Hom, is aan Juda, Jakob se seun en die vader van alle Jode, oorgedra. Maar die ongelooflike waarheid is dat die geboortereg beloftes nooit aan die Jode gegee was nie!

Laat dit herhaal word! Begryp dit! Die geboortereg beloftes was nooit aan die Jode gegee nie!

Blaai na hierdie skrifgedeeltes—lees hulle in u eie Bybel!

“Die septer sal van Juda nie wyk nie …” (Génesis 49:10).

“… maar die eersgeboortereg het Josef gehad” (1 Kronieke 5:2).

Natuurlik is dit welbeken dat die septer na Juda gegaan het en aan die nageslag van die Jode oorgedra was. Koning Dawid was van die stam Juda. Al die daaropvolgende konings van Dawid se koninklike lyn was van die huis van Dawid en die stam van Juda. Jesus Christus was uit die huis van Dawid en die stam van Juda gebore.

Nog ‘n verrassende waarheid, een waarvan die meeste mense volkome onbewus is, is die feit dat slegs ‘n gedeelte van die “kinders van Israel” Jode was.

Lees daardie feit, wat deur so min verstaan word, weer!

Die volledige verduideliking en bewys hiervan moet vir Hoofstuk 6 opsy gesit word. Slegs die drie stamme van Juda, Benjamin en Levi was Jode. Terwyl alle Jode Israeliete is, is alle Israeliete nie Jode nie!

Verstaan dus! Die geboortereg belofte was nie na die Jode oorgedra nie! Maar die septer—die belofte van Christus en genade—was na die Jode oorgedra! “Saligheid,” het Jesus gesê, “is uit die Jode”! (Johannes 4:22). “[D]ie evangelie van Christus,” het Paulus geskryf, “is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek” (Romeine 1:16). Die beloftes van genade was aan Juda oorgelewer!

Die beloftes wat die Bybel as “geboortereg” aanhaal was nog geensins verstaan nie. Baie min het al opgelet dat God ander beloftes, as dié van die septer, aan Abraham gemaak het. Baie min weet wat in die Bybel staan!

Geboortereg Was Nooit Aan die Jode Gegee Nie

Selfs minder mense het verstaan dat die groot nasionale materiële beloftes nooit aan die Jode gegee was nie! Die ongelooflike en noodsaaklike feit wat oor die hoof gesien word, is “die eersgeboortereg het Josef gehad.” En soos ons later sal sien, was nie Josef òf sy nageslag, Jode nie! Dit is die waarheid, so ongelooflik soos dit mag klink!

Hierdie kennis oor die geboortereg is die spilpunt waarop die hele waarheid draai en wat die bepalende sleutel is om alle profesie te verstaan! Dit is van uiterste belang dat u dit baie deeglik verstaan!

“Geboortereg,” soos hierbo gedefinieer, sluit slegs die reg in wat by wyse van geboorte kom. Niemand kan die ewige lewe as ‘n reg deur natuurlike geboorte ontvang nie. Indien dit ‘n reg was, wat ons by geboorte geërf het, sou dit nie deur genade gewees het nie. Redding kom deur genade—God se gawe, deur onverdiende vergifnis—onverdiende guns. Ons kan slegs materiële besittings as ‘n reg deur geboortereg ontvang. En wanneer daardie reg deur geslagte oorgedra word na voortdurend vermenigvuldigende nageslagte, ontwikkel dit uiteindelik in ‘n nasionale erfenis. Dit verleen slegs materiële besittings, mag en posisie. Geestelike seëninge word nie daardeur verleen nie. Dit handel oor ras en nie genade nie!

Daar is nog ‘n onderskeid tussen ras en genade wat ons behoort te verstaan. Soos voorheen aangedui, word ‘n geboortereg normaalweg van vader na oudste seun oorgedra. Daar is geen voorwaardes waaraan die ontvanger moet voldoen nie. Die seun doen niks om daarvoor te kwalifiseer nie. Hy ontvang dit as ‘n reg, om geen ander rede behalwe dat hy as seun van sy vader gebore is nie. Hy het ‘n reg daartoe sonder dat hy dit moes verdien of moes kwalifiseer om dit werd te wees. Nogtans kan hy homself diskwalifiseer om dit te behou, of selfs om dit te ontvang.

Maar die gawe van onsterflikheid wat deur genade ontvang word, het kwalifiserende voorwaardes! Dit is nie u of my reg om die gawe van die ewige lewe te ontvang nie—om werklik as seun van God gebore te word—letterlik ‘n lid van die Godfamilie!

Dink net watter toestande soiets tot gevolg sou hê as dit ‘n reg was! ‘n Opstandige, uitdagende vyandige, God-hatende misdadiger of ateïs kon sy gebalde vuis voor God swaai en sê: “Kyk hier God, ek haat jou! Ek verag jou. Ek weier om jou te gehoorsaam! Maar ek eis die gawe van die ewige lewe! Dit is my reg! Ek wil in jou goddelike familie in gebore word—om al die groot mag van ‘n seun van God te ontvang, sodat ek dit kan gebruik om jou teen te staan! EK wil jou familie ‘n huis maak wat onder mekaar verdeeld is. Ek wil wrywing, vyandigheid, haat, ongelukkigheid onder al jou kinders veroorsaak! Ek eis daardie mag, as jou gawe, as my reg, sodat ek daardie krag kan misbruik—en dit vir boosheid aanwend!”

Genade Vereis Voorwaardes

Die meeste mense wat hulself “Christene” noem—en baie leerstellings wat “tradisionele Christenskap” genoem word—sê dat daar geen voorwaardes is nie, dat daar niks is waaraan ons moet voldoen om God se salige genade te ontvang nie. Hulle ontken dat God gehoorsaamheid aan sy wet vereis! Hulle verdraai die waarheid deur te sê dat ons dan saligheid sou moes verdien! Hulle eis dit van God, terwyl hulle steeds teen sy wet in opstand kom en weier om dit te onderhou!

Dink net waarheen dit sou lei! Verstaan dit! Die ewige lewe is inderdaad ‘n gawe van God. Mens kan dit nie verdien nie! Maar dit is ook nie ons reg nie! U kan dit nie van God as u reg eis, terwyl u God verag, teen sy regering in opstand kom en weier dat Hy u lewe volgense sy weë regeer nie!

Daarom het God voorwaardes vasgestel! Daardie voorwaardes bring u geen verdienste nie! Maar God gee Sy Heilige Gees aan die wat Hom gehoorsaam (Handelinge 5:32). Hy betaal dit nie—maar dié gedeelte praat van die Heilige Gees “wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.” Dit is steeds ‘n vrywillige gawe!

‘n Ryk man, met sewe manne wat voor hom staan, mag sê: “Ek sal ‘n vrywillige gawe van R1,000, vir enigeen of almal van julle gee wat vorentoe sal tree om dit te ontvang.” Deur vorentoe te tree beteken nie dat hulle dit verdien nie. Dit is sleigs die vereiste voorwaarde om die vrye gawe te ontvang.

Die woord “genade” beteken sonder meriete, onverdiende vergifnis! God vergewe diegene wat hul bekeer!

En “bekeer” beteken om weg te draai van opstandigheid, vyandigheid en ongehoorsaamheid. “Bekeer” beteken om in gehoorsaamheid na God se wet te draai. Die feit dat God kies om nie hierdie wonderlike gawe—die gawe van onsterflikheid, wat goddelike krag insluit—aan diegene, wat dit vir skade en boosheid sou misbruik, te gee nie; die feit dat Hy kies om dit slegs aan diegene wat dit reg sou aanwend, te gee beteken nie dat dit deur middel van werke, in plaas van genade, verkry word nie. Indien daar geen voorwaardes was nie, beteken dit dat almal dit sou kon eis—en in plaas van genade sou dit dan by geboorte as ‘n reg ontvang word!

Die blote feit van genade maak God se vereiste kwalifikasies noodsaaklik. Maar dit is steeds ‘n onverdiende gawe! Gehoorsaamheid verdien niks nie—dit is slegs wat ons God skuld. ‘n Geboortereg vereis geen kwalifikasie nie. Dit is ‘n reg by geboorte.

Wat Die Geboortereg Verleen Het

Presies wat die spesiale materiële erfenis, wat deur die geboortereg oorgedra was, alles behels, word deur baie min verstaan. Tog het dit die rykste, mees waardevolle materiële erfenis verleen wat ooit van vader na seun oorgedra is—die mees kolossale rykdom en mag wat ooit deur ‘n man of keiserryk versamel is! Die omvang van hierdie geboortereg is ongelooflik!

Dit sluit al die eerste fase van God se ontsaglike beloftes aan Abraham in. Hierdie erfenis van onvoorwaardelike, talryke bevolking, ongekende rykdom en materiële hulpbronne, nasionale grootheid en wêreldmag is op gesag van die Almagtige gewaarborg!

Nie alleen het God belowe dat ‘n wêreld-oorheersende nasie en ‘n groep, of gemenebes van nasies, wie se mense van Abraham se nageslag sou wees, wie soos die sand van die see sou vermenigvuldig—so ‘n menigte soos die sterre sou wees; nie alleen het Hy belowe dat hulle die poorte van hul vyande sou besit, wat na wêrelddominansie en mag verwys; maar het die geboortereg uiteindelik ook groot materiële materiële rykdom en onbeperkte hulpbronne ingesluit. Soos ons binnekort sal sien, was dit duidelik gestel in die seën wat aan Jakob gegee was.

Ismael is Die Geboortereg Geweier

Behalwe in die drie gevalle van goddelike ingryping, was die geboortereg erfenis outomaties na die oudste seun in elke geslag oorgedra.

Die Here het Isak gekies om beide die septer en geboortereg te erf. Abraham het ander seuns gehad. Ismael was die oudste. Maar God het Isak gekies, “En Abraham het aan Isak gegee alles wat hy besit het” (Génesis 25:5). Nogtans, was Isak Abraham se eersgebore wettige seun. Ismael was die seun van Hagar, Sara se Egiptiese slavin.

Abraham het vir Ismael liefgehad en het hom die geboortereg toegewens. “En Abraham sê aan God: Af, mag Ismael lewe voor u aangesig!” (Génesis 17:18).

Sy vrou, Sara, was onvrugbaar. “Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ‘n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ‘n ewige verbond vir sy nageslag ná hom. Ook wat Ismael aangaan … Ek … maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon … Ek sal van hom ‘n groot nasie maak. Maar my verbond sal Ek met Isak oprig …” (verse 19-21).

Ten opsigte van die toekomstige nasie wat uit Ismael sou voortkom, het die engel van die Here aan Hagar gesê: “En hy sal ‘n wilde-esel van ‘n mens [ontembaar soos ‘n wildedonkie – Nuwe Afrikaanse Vertaling] wees; sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal in die ooste [korrekte vertaling] teenoor al sy broers woon” (Génesis 16:12)

Twee leidrade word hier verskaf: 1) Ismael se nageslag sou ‘n groot nasie word, maar die geboorteregnasies sou groter wees; en 2) hulle sou oos van hulle broers woon, dit is Isak se nageslag, wie die geboortereg sou hê. Die kinders van Ismael is vandag as Arabiere bekend. Die nasie en gemenebes van nasies wat die geboortereg besit, moet dus groter, meer welvarend, magtiger en geografies wes van die Arabiese nasies geleë wees.

Abraham was die menslike tipe van God die Vader en Isak van Christus. Daar is baie parallelle. Die ruimte ontbreek hier om daarop uit te brei, behalwe om te meld dat indien ons aan Christus behoort, ons die kinders van Abraham is (Galásiërs 3:29) en Abraham die “vader van die gelowiges” is (sien Galásiërs 3:7); dat Abraham geroep was om gewilliglik sy enigste (wettige) seun te offer (Génesis 22:2), net soos God Sy enigste verwekte Seun, Jesus Christus, vir die sondes van die wêreld gegee het; dat Isak se vrou, Rebekka, ‘n tipe van die Kerk is en sy op hom verlief moes raak en hom as haar eggenoot aanvaar voordat sy hom met haar oë gesien het; en dat Isak volgens belofte en deur ‘n wonderwerk van God, gebore was, net soos Jesus wonderbaarlik van die maagd Maria gebore was.

Isak het tweeling seuns, Esau en Jakob, gehad. Esau was die eersgeborene en daarom die wettige erfgenaam van die geboortereg. Maar Esau het nie waarde daaraan geheg nie en dit aan Jakob verkoop.

Esau Verkoop die Geboortereg

God het Jakob uitverkies om hierdie beloftes te besit, nog voordat die tweeling gebore was. Maar Jakob, wat deur sy moeder beïnvloed was, het hom tot bedrog gewend en dit van Esau geneem, in plaas daarvan om op die Here te wag.

Met betrekking tot Esau en Jakob, het die Here aan Rebekka gesê dat hulle die begin van twee nasies was—“Twee nasies is in jou skoot … die een volk sal sterker wees as die ander volk; die oudste sal die jongste dien” (Génesis 25:23).

Hulle nageslagte sou dan twee verskillende tipes volke word. Die verhaal van Jakob se voortydige en bedrieglike verkryging van die geboortereg word in Génesis 25:27-34 voortgesit.

“En die seuns het opgegroei: Esau het ‘n ervare jagter geword, ‘n man van die veld; maar Jakob was ‘n vredeliewende man wat in tente gewoon het. En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad. En Jakob het ‘n kooksel [gekookte pap- Fenton vertaling] klaargemaak, en Esau het moeg uit die veld gekom. Toe sê Esau vir Jakob: Laat my to sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.

“Edom” beteken letterlik “rooi sop,” en is so in die Fenton weergawe vertaal. Indien die leser in sy geheue die feit sal vaslê dat “Edom” na esau verwys, sal dit nog ‘n sleutel aan die leser bied om die Bybel te verstaan. In die profesieë wat na die hede en toekoms verwys, word die naam Edom gebruik.Dié profesieë kan nie verstaan word tensy daar begryp word dat hulle na die nageslag van Esau verwys, hoofsaaklik die Turke van vandag.

“En Jakob antwoord: Verkoop eers jou geboortreg aan my. En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan? Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.” Later het Jakob op ‘n geslepe wyse Esau se seëning van hom geneem. Hierdie verhaal van bedrog word in Génesis 27 gevind.

Jakob Se Bedrog

Dit was op ‘n tyd toe Isak oud was en sy sig weens ouderdom swak was. Naderende die einde van sy lewe, het hy Esau geroep en hom versoek om na die veld te gaan en vir wildsvleis te jag en dit vir hom voor te berei en na hom te bring. Hy sou dan die seën van die geboortereg oor hom uitspreek.

Maar Rebekka het die gesprek gehoor en het dadelik vir Jakob gestuur om twee boklammetjies te gaan haal. Dié het sy toe op dieselfde geurige wyse, soos Isak van sy wildsvleis hou, voorberei. Daarna het sy van Esau se klere gevat en dit vir Jakob laat aantrek. Esau was ‘n baie harige man, terwyl Jakob glad van vel was en daarom het Rebekka die vel van die twee boklammetjies versigtig op Jakob se hande, arms en gladde gedeelte van sy nek geplaas.

In hierdie vermomming, met sy nagemaakte wildsvleis, het Jakob gegaan om sy vader se seën te ontvang. “En Jakob sê aan sy vader: Ek is Esau, u eersgeborene” (Génesis 27:19).

Isak was verbaas dat hy die wildsvleis so vinnig in die hande gekry het en het agterdogtig geword. Jakob het hom weer tot ‘n leuen gewend en aangevoer dat God die wildsvleis aan hom voorsien het. Isak het ontdek dat die stem, dié van Jakob was.

“En Isak se vir Jakob: Kom tog nader, dat ek jou kan betas, my seun, of jy waarlik my seun Esau is of nie. En Jakob het nadergekom na sy vader Isak, en hy het hom betas en gesê: Die stem is Jakob se stem, maar die hande is Esau se hande. Maar hy het hom nie geëien nie, omdat hy hande harig was soos sy broer Esau se hande; en hy het hom geseën” (verse 21-23).

Wat Die Geboortereg Ingesluit Het

Let nou noukeurig op wat die seëning ingesluit het!

“Daarop sê sy vader Isak vir hom: Kom tog nader en soen my, my seun! En hy het nadergekom en hom gesoen. Toe ruik hy die geur van sy klere, en hy seën hom en sê: Kyk, die geur van my seun is soos die geur van die veld wat die Here geseën het. En mag God jou gee van die dou van die hemel en van die vet van die grond van die aarde en oorvloed koring en mos [Fenton vertaling: vermeerder/ toename en besitting]: Volke sal jou dien, en nasies voor jou neerbuig. Vervloek is hulle wat jou vervloek, en geseënd is hulle wat jou seën” (verse 26-29).

Let op! Elkeen van hierdie materiële beloftes is nasionaal van aard! Nie een van die beloftes hou met saligheid verband nie! Geeneen het met lewe na die dood te doen nie. Niks geestelik hier nie! Almal het suiwer op die teenswoordige, vleeslike lewe betrekking! Nasionale welvaart—reënval, oorvloed koring en mos (wyn), die vrugbaarheid van die aarde, of soos in ander vertalings staan, vermeerdering en besitting. “Volke sal jou dien, en nasies voor jou neerbuig!”

Toe Esau terugkeer en uitvind hoe Jakob hom verdring het, was hy baie verbitterd. Hy het gesmeek om ook geseën te word. Maar Isak kon nie die seën wat hy oor Jakob uitgespreek het, terugtrek nie. Toe het hy die volgende profesie oor Esau uitgespreek: “… Kyk, ver van die vet grond van die aarde sal jou woonplek wees, en ver van die dou van die hemel daarbo. En van jou swaard sal jy lewe, en jou broer sal jy dien. Maar as jy jou kragte inspan, sal jy sy juk van jou nek afruk. En Esau was Jakob vyandiggesind …”(verse 39-41).

In werklikheid was die profetiese lot van Esau meer ‘n vloek as ‘n seën.

Profesie vir Turkye

Die gebrekkig gedokumenteerde geskiedenis, tesame met ander bewyse, toon dat baie van Esau se nageslag as Turke bekend geword het. Daarom moet ons onthou dat profesieë oor Edom, of Esau, in die laaste dae, in die algemeen na die Turkse nasie verwys.

In Isak se profesie wat hy uitgespreek het toe hy sterwend was, het hy voorspel dat daar ‘n tyd sou kom wanneer die nageslag van Esau heerskappy sou hê en die juk van die Israeliete van hul nekke sou afruk.

Dit het gebeur. Die kinders van Israel, is as gevolg van sonde, uit die beloofde land, die land volgens die geboortereg, gedryf. Die Turke het aan bewind gekom en vir baie eeue oor daardie land geheers en dit besit. Daardie nageslag, die Turkse volk, het Palestina vir 400 jaar besit, voordat Brittanje dit in 1917 oorgeneem het. Die nageslag van Esau het nog altyd daardie land, die kern belofte van die geboortereg, begeer! Die Turke het waarlik volgens die swaard geleef!

Die Les vir Ons Vandag

Maar laat ons na ons storie terugkeer. Voordat Jakob gebore was het God met sy moeder gespreek en aan haar openbaar dat hy die geboortereg sou ontvang. Nietemin, in plaas daarvan om op die Here te wag, dat Hy dit op sy eie manier tot stand bring, het sy saam met Jakob gekonkel om dit deur leuens en bedrog te verkry.

Daar is vir ons ‘n les hierin vandag. Soos Isak, in ‘n sekere sin, ‘n tipe van Christus is, so is Rebekka, in ‘n sekere sin, ‘n tipe van die Kerk, in wie daar steeds swakheid en vleeslikheid aanwesig is.

Soms word ons te haastig. Ons vra die Almagtige vir die dinge wat Hy in sy Woord belowe het. Dan poog ons om vir Hom voor te skryf hoe en wanneer dit uitgevoer moet word! Ons moet leer om “op die Here te wag.” Hy doen altyd alles op Sy manier, en in Sy eie tyd. En Hy stel dit baie duidelik aan ons dat Sy weë nie ons weë is nie! Wanneer ons eenmaal iets aan die Almagtige opdra, laat ons nie alleen die vertroue hê nie, maar ook die respek, vir Een so groot, dat ons die saak in sy hande sal laat.

Indien Jakob op die Here vertrou het, in plaas daarvan om dit op die verkeerde manier in die hande te kry, sou die geboortereg op ‘n meer eerbare wyse na hom gekom het. Onder die omstandighede, het Jakob, wie se naam “verdringer” beteken, baie meer probleme as sy voorgangers ondervind om God se seën op die kosbare besitting te verseker.

Maar na jare van beproewinge en toetse—nadat hy die hele nag met die engel geworstel het (Génesis 32:24-29)—nadat hy sy naam “verdringer”bely het—het God sy seën op Jakob uitgespreek, sy oneervolle naam weggeneem en dit vervang met ‘n nuwe, onbevlekte naam Israel—wat “seëvier” of “oorwinning met God” beteken.

En so sien ons dat die beloftes deur Abraham, Isak en Jakob, een man op ‘n slag, oorgedra was. Daar was geen uitbreiding ten opsigte van nasionale groei totdat die tyd van Jakob aangebreek het nie. Vir drie geslagte was dit ‘n “een-man-nasie.” Maar Jakob het twaalf seuns gehad en deur hulle is die toekomstige groot nasie en gemenebes van nasies op koers geplaas.

Ruben Verloor die Geboortereg

Ruben was die volgende wettige erfgenaam van die geboortereg, die eersgeborene van Israel, by sy vrou Lea. Maar, net soos Esau, het Ruben dit verloor. En Josef, die elde geborene van Israel, maar eersgeborene van Ragel, sy tweede vrou en ware liefde, het dit ontvang.

Die geboortereg het wettiglik aan Ruben behoort, en nie aan Josef nie. In 1 Kronieke 5:1-2 word vertel hoe dit Josef te beurt geval het: “En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel—want hy was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy geboortreg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie; want Juda was die sterkste onder sy broers, en uit hom het een vors geword, maar die geboortereg het Josef gehad.”

So op hierdie punt sien ons dat die twee gedeeltes van die beloftes aan Abraham—die geboortreg, wat materiële en nasionale beloftes insluit, en die septer belofte, wat koningskap en geestelike beloftes insluit—geskei was,

Dit is eerstens van belang om te onthou dat die geboortereg, insluitend die Beloofde land wat nou as Palestina bekend staan, die versekering van ‘n vermenigvuldigende bevolking, materiële en nasionale welvaart, heerskappy oor ander nasies, aan Josef en sy seuns gegee was.

Merk dit! Hierdie geboortereg sou nie deur al die stamme van Israel geërf word nie! Dit was nie aan Jode gegee nie! Slegs ‘n gedeelte van Israel—die nageslag van Josef—sou hierdie ontsaglike nasionale beloftes erf!

Hierdie materiële beloftes vir hierdie lewe, het dus aan ‘n heeltemal verskillende stam van die kinders van Israel behoort, as die septer belofte van die koninklike lyn, wat sy toppunt in Jesus Christus bereik as die geestelike belofte wat aan die stam van Juda behoort het!

Hierdie nasionale beloftes van menigvuldige saad het toe die besitting van ‘n heeltemal verskillende stam geword as die belofte van een saad, Christus, wat uit Juda voortgespruit het! Die feit van hierdie twee stelle beloftes, soos beklemtoon in die vorige hoofstuk, behoort nou eenvoudig en duidelik vir elke leser te wees.

Vestig dit permanent in u verstand. Dit is een van die noodsaaklike sleutels om die Bybel te verstaan!

Ten tye van Jakob se dood, was hy en sy seuns in Egipte woonagtig. Ons neem natuurlik aan dat u bekend is met die storie, hoe Josef deur sy broers aan Egipte verkoop was; hoe hy daar die administrateur oor voedsel en Eerste Minister geword het, tweede in bevel van die koning en in werklikheid in bevel van die nasie; van die sewe oorvloedige jare, gevolg deur die sewe jaar van hongersnood, waartydens voedsel slegs in Egipte opgegaar en onder Josef se toesig was; van Josef se broers se besoek aan Egipte, op soek na kos; en hoe Josef hulle oorgehaal het om hulle vader en broer, Benjamin, na Egipte te bring; en uiteindelik, van die dramatiese wyse waarop Josef se identiteit aan sy broers openbaar is, onder geween en blydskap.

En hoe profeties was dit nie! Soos ons sal sien, sl die ware identiteit van Josef en sy nageslag binnekort weer aan sy broers—en aan die wêreld—openbaar word. En hoe verborge is daardie identiteit nie nou van die wêreld nie!

Geboortereg aan Josef se Seuns

En toe het die tyd aangebreek om die geboortreg aan ‘n ander nageslag oor te dra. Laat ons hierdie dramatiese toneel herleef.

Dit het in Egipte gebeur, nadat Josef daarin geslaag het om sy vader sowel as sy broers daarheen te bring. Onthou, Josef was die Eerste Minister van die nasie.

Daar is aan Josef gerapporteer dat Jakob, sy vader, siek was. Hy het sy twee seuns, Manasse en Efraim, seuns van ‘n Egiptiese moeder, geneem en hom na die siekbed van die sterwende aartsvader gehaas.

“… Daarop het Jakob sy krag versamel en op die bed gaan sit. En Jakob het vir Josef gesê: God, die Almagtige, het aan my verskyn by Lus, in die land van Kanaän, en my geseën en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot ‘n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land as ‘n ewige besitting gee” (Génesis 48:2-4).

Neem noukeurig kennis van hierdie beloftes!

Die geboortereg is op die punt om na ‘n ander nageslag oorgedra te word. Neem kennis dat daar niks gesê word dat al die families van die aarde in sy nageslag geseën sal wees nie—die een nageslag [afstammeling]. Niks word van konings gesê nie. Niks word van geestelike seëninge of watookal, gesê nie.

Hierdie beloftes is dié van die geboortereg. Hierdie beloftes is van menigvuldige afstammelinge—‘n menigte van mense—en die besit van die beloofde land. Laat ons nou voortgaan.

“Nou dan, jou twee seuns wat vir jou in Egipteland gebore is voordat ek na Egipte gekom het, is myne. Efraim en Manasse sal myne wees net soos Ruben en Símeon” (vers 5).

So het Jakob Josef se twee seuns aangeneem, wat hulle wttig sy eie seuns gemaak het. Sonder twyfel was dit gedoen omdat hulle halfbloed Egiptenare was. Israel het hulle sy eie aangenome seuns gemaak sodat die geboortreg na hulle oorgedra kon word. Neem ook kennis dat in die eerste vers van die 48ste hoofstuk van Génesis, word Manasse se naam eerste genoem omdat hy die oudste was. Maar nou het die bejaarde Jakob Efraim se naam eerste genoem. Hier sien ons bonatuurlike leiding!

Jakob het aan Josef gesê: “Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan seën. Maar Israel se oë was swaar van ouderdom, hy kon nie sien nie” (vers 9-10).

Onthou, dat die geboortereg wettiglik aan die eersgeborene behoort, tensy dit deur goddelike tussenkoms verander word. Dir erfgenaam van die geboortereg, moes by ontvangs van die seën aan hom toegeken, die regterhand van Jakob op sy hoof geplaas hê. Daarom staan geskryf: “Josef neem hulle twee, Efraim met sy regterhand links na Israel, en Manasse met sy linkerhand, regs van Israel, en bring hulle by hom” (vers 13).

Naam Van Israel aan Josef se Seuns Gegee

Maar weereens het die Here tussenbeide getree om hierdie baie belangrike geboortereg toe te ken! Alhoewel Jakob blind was en nie die seuns voor hom kon sien nie, het hy sy hande gekruis, “Toe steek Israel sy regterhand uit en lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhandfop die hoof van Manasse: hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene. En hy het Josef geseën en gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat as my Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het—mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land van menigte” (verse 14-16).

Laat wie vermeerder tot die beloofde menigte? Laat wie se nageslag daardie menigvuldige saad word, wat tot biljoene in getalle sou groei? Nie Juda, die vader van die Jode nie—neem kennis!—maar Efraim en Manasse! Waarom is die oë en begrip van kerkleiers en Bybelstudente vir hierdie eenvoudige feit in die Skrif verblind?

Neem kennis, Israel het nie die seën aan slegs een toegeken nie, maar aan beide—“mag Hy die seuns seën,” het hy gesê. Hierdie seën is op beide uitgespreek, “mag deur hulle my naam genoem word” was deel van hierdie seën. Sy naam was Israel. Gevolglik, was dit die nageslag van hierdie seuns, nie die nageslag van Juda, of die Jode nie, wat Israel genoem was. Hoe duidelik is dit dat die naam van Israel onuitwisbaar op Efraim en Manasse gestempel sou word!

‘n Skokkende feit—en tog eenvoudig, reg voor u oë, bewys! En onthou, hierdie Srifgedeelte benodig geen “interpretasie” of “spesiale betekenis” of “verborge simboliek” vir u om dit te verstaan nie! Hier is die eenvoudige, oningewikkelde stelling dat Jakob se naam, wat na Israel verander is, die besitting en eiendom—die ettiket van die volk van Efraim en Manasse sou word!

Wie dan, volgens u Bybel, is die werklike Israel (volgens ras en nasionaliteit) van vandag?

Efraim en Manasse!

Efraim en Manasse het gesamentlik die reg tot die naam Israel ontvang. Dit sou die nasionale naam van hul nageslag word. En hulle nageslag was nooit Jode nie! Vestig hierdie feit ferm in u verstand!

Dus, verwys vele van die profesieë oor “Israel” of “Jakob” nie na die Jode of enige ander nasie wat vandag die nageslag van die ander stamme van Israel is nie. Merk dit duidelik! Daar is vandag inderdaad baie min leraars, teoloë, of erkende Bybelkundiges wat dit weet. Baie weier om dit te weet!

Tesame sou die nageslag van hierdie twee seuns, Efraim en Manasse, groei tot die beloofde menigte—die nasie en gemenebes van nasies. Hierdie nasionale seëninge is op hulle gesamentlik uitgespreek. Dit is die kollektiewe seëninge wat die twee seuns gesamentlik ontvang het—maar nie die ander stamme nie!

Jakob Kruis Hande

Maar op hierdie punt het Josef opgemerk dat Jakob se regterhand nie op die eersgeborene se hoof rus nie. Hy het toe gepoog om dit te verwyder.

“En Josef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof. Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet. Hy [Manasse] sal ook ‘n volk word; nogtans sal sy jongste broer groter wees as hy, en sy nageslag sal ‘n menigte [of gemenebes] van nasies word. So het hy hulle dan dié dag geseën en gesê: Met jou sal Israel ‘n seën toewens, met die woorde: Mag God jou maak soos Efraim en Manasse! So het hy dan Efraim voor Manasse gestel” (Génesis 48:18-20). Hier is die beloftes nie meer kollektief nie, word hul nie meer gesamentlik besit nie. Jacob was nou besig om oor elkeen se individuele seën, te profeteer.

Soos in die vorige hoofstuk gesien is, sou die menigvuldige saad “‘n nasie en ‘n menigte van nasies” word. Nou sien ons dat die “nasie” wat waarlik groot sou word, van die saad van Manasse, seun van Josef, sou voortspruit. Die “menigte van nasies” sou uit Efraim voortspruit. Let daarop dat voordat die beloftes verdeel is, die profetiese seën dit eenvoudig gestel het dat die nageslag van die seuns saam sou bly en saam tot ‘n groot menigte sou groei en dan sou verdeel, met Manasse wat ‘n groot nasie sou word en Efraim wat selfs ‘n groter gemenebes van nasies sou word.

Hier is dan nog meer besonderhede oor die toekomstige nasionale karakter van hierdie volke. Ons moet nie vir die vervulling daarvan onder die seuns van Juda soek nie. Ook nie onder enige van die ander stamme van Israel nie.

Die belofte van ‘n toekomstige groot nasie en ‘n menigte van nasies, gesamentlik ‘n groot menigte, ryk aan materiële welvaart, wat die “poorte” van die ander nasies van die aarde sou besit, is alleenlik op hierdie seuns en die twee stamme wat uit hulle voortgespruit het, van toepassing.

Ons mag ook hier byvoeg dat die stamme van Efraim en Manasse nooit ten tye van Bybelgeskiedenis so uitgebrei het nie. Sommige mag veronderstel dat die huis van Juda die nasie was en die tien stamme, die menigte nasies. Maar geeneen van hierdie beloftes was aan Juda gemaak nie. Hulle sou ook nie in enige van die ander stamme tot vervulling gekom het nie, behalwe in Josef se dubbel porsie, die twee stamme van Efraim en Manasse!

Dit was Efraim wie die gemenebes, of menigte, van nasies sou word en Manasse wie die een groot nasie sou word. En hierdie beloftes was nooit ten tye van Bybelgeskiedenis in hulle vervul nie. Indien hierdie beloftes al ooit vervul is, sal ons in die tydperk sedert die einde van Bybelgeskiedenis, tot op die teenswoordige tyd daarna moet soek!

Profesie Vir Vandag

Terwyl Jakob steeds in die gees van profesie was, het hy sy twaalf seuns byeengeroep om aan hulle te vertel wat met hulle nageslagte “aan die einde van die dae” sou gebeur.

Hierdie is profesieë wat ons sal kan help om die stamme van Israel vandag te identifiseer—want hierdie is verseker die einde van die dae! Ons sal hier ruimte afstaan om slegs aan die lot van Juda en Josef oorweging te skenk. Josef se nageslag was in werklikheid in twee stamme verdeel, Efraim en Manasse en word daar gewoonlik na hierdie stamname verwys, in plaas van “Josef.” Die feit dat daar in hierdie profesie na hierdie twee stamme as “Josef” verwys word, dui eenvoudig aan dat die profesie na Efraim en Manasse gesamentlik verwys.

“Daarna het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van dae sal wedervaar … Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig. Juda is ‘n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos ‘n leeu en soos ‘n leeuin; wie sal hom opjaag? Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf [wetgewer] tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees” (Génesis 49:1, 8-10). Die Hebreeuse woord wat hier as Silo vertaal is, beteken die Messias, die Vredevors, of die een “saad” van Abraham (Sien “Young’s Analytical Concordance to the Holy Bible”).

Aan Josef Belowe

Ten opsigte van Josef, die gekombineerde stamme van Efraim en Manasse in ons huidige tyd, het Israel geprofeteer: “Josef is ‘n jong vrugteboom [hier word die vervulling van die geboortereg belofte van menigtes uitgebeeld], ‘n jong vrugteboom by ‘n fontein; sy takke [dogters] klim oor die muur” (vers 22).

Met ander woorde, in die laaste dae sal ons vind dat Josef se nasate ‘n menigte, ‘n groot nasie en ‘n gemenebes van nasies is, wie se dogters of kinders, “oor die muur” sal klim—dit beteken, klim oor, of verby die nasie se grense—met ander woorde, hulle sal mense wees wat koloniseer! In die profesie vir Josef in die “einde van dae” word daar verder gestel: “van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot. Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die uitverkorene [prins] onder sy broers” (verse 25-26).

Ons sal sien dat hierdie nageslagte van Josef, wat die geboortereg beloftes besit—om ‘n menigte te word, om te koloniseer en sodoende uit te brei “na die weste en ooste, en na die noorde en suide” totdat hulle reg rondom die aarde versprei het, om die “poorte” van vyandige nasies te besit—het nooit na Jerusalem vanaf Assirië, waarheen hulle in 721 v.C., saam met die ander tien stamme verdryf is, teruggekeer nie en het nog nooit weer van daardie tyd af met die Jode gemeng nie! Hier is beloftes en profesieë wat nog nooit deur die Jode, deur die Kerk, deur die Amerikaanse Indiane, of enige ander verbeeldingryke eweknie van moderne Israel, vervul is nie. Maar hulle word vandag vervul indien die Woord van God staan!

Chapter 5: Die Verbond Met Dawid

Na die dood van Jakob en sy twaalf seuns in Egipte, het hulle kinders binne die bestek van twee en ‘n kwart eeue tot ‘n bevolking van tussen twee en drie miljoen in daardie land gegroei.

Maar Israel se kinders het slawe geword: “En Josef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag. Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle. Toe staan daar ‘n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie … Daarom het al die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien en hulle lewe verbitter deur swaar werk …” (Exodus 1:6-14).

Toe het God vir Moses opgerig en hom op ‘n spesiale wyse bekwaam om die kinders van Israel uit die slawerny, waarin hulle hul in Egipte bevind het, uit te lei.

Toe hulle die berg, Sinai, in die woestynagtige skiereiland bereik het, het God met hulle ‘n verbond gesluit wat hulle as ‘n nasieSy nasie—onder die koninkryke van die wêreld gevestig het. Hulle regering was ‘n teokrasie, met siviele sowel as geestelike en godsdienstige wette, wat direk deur God gegee is. God self, was hulle Koning en Hy het hulle deur ‘n stelsel van regters regeer.

Israel se Eerste Koning Was God

God was Israel se enigste Koning! Israel was beide kerk en staat. In Handelinge 7:38 word ons vertel dat die Israeliete die kerk in die woestyn gevorm het. Die woord “vergadering” van Israel wat regdeur die Ou Testament gebruik word, het presies dieselfde betekenis as die woord “kerk” in die Nuwe Testament. Gevolglik het Israel meer as een stel wette gehad. God het aan Israel ‘n tweeledige regeringsvorm gegee.

Aan die vergadering, of kerk, was ritualistiese wette gegee—diere offers, spys en drank offers, fisiese of vleeslike ordinansies.

Maar Israel was ook ‘n siviele regering; daarom het God siviele amptenare en siviele wette—wette en verordeninge—daargestel. Die een groot, sentrale wetlike kode, die grondslag vir beide die kerk en siviele regering—die oorkoepelende geestelike kode—was die Tien Gebooie, wat God direk aan die hele vergadering oorgedra het en wat God met sy eie vinger op kliptafels geskryf het.

God was hulle Koning vir verskeie geslagte nadat hulle Egipte verlaat het! (Hierdie geskiedenis word in die boeke van Moses, Josua en Rigters gevind.) Elke stam het apart van mekaar gebly, maar saam het hulle een nasie gevorm, soortgelyk aan die Verenigde State wat een nasie is, maar wat uit individuele state bestaan.

Elke stam het sy eie land, of streek bewoon. Die Leviete het ‘n priesterlike stam geword, wat onder die ander stamme versprei was, sonder enige erfenis in die land, met geen aparte grondgebied (behalwe vir stede) van hul eie nie. Nietemin, om dit teen te wig, is die kinders van Josef in twee stamme verdeel—Efraim en Manasse—wat twaalf onderskeie en aparte stamme tot gevolg gehad het, elkeen het sy eie grondgebied of provinsie bewoon, benewens die Leviete wat onder die stamme versprei was.

Gedurende al hierdie jare het die geboortereg- en die septerbeloftes binne een nasie gebly—die geboortereg was natuurlik aan die stamme van Efraim en Manasse oorgedra en die septer belofte was met Juda.

Ontevrede Met God

Die kinders van Israel was menslik, net soos ek en jy. Hulle het voortdurend gemor en gekla. Hulle vleeslike gesindheid was vyandiggesind teenoor God, sy wette, net soos die menslike gesindheid vandag is (Romeine 8:7). Dit was nie lank voordat hulle ontevrede met God as hul Koning was nie en het hulle soos die heidennasies om hulle, geëis dat ‘n man as koning oor hulle aangestel word. So ook vandag wil ons soos die nie-Christene rondom ons wees, in plaas daarvan om streng volgens God se weë te wandel, soos ons in sy Woord beveel word! Die menslike natuur was nog altyd so.

Toe die ouderlinge van Israel, Samuel genader het met die eis dat ‘n man oor hulle moet regeer, het dit Samuel, hul profeet, natuurlik ontstel. Maar die Here het gesê: “Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie … jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer” (1 Samuel 8:7-9).

Saul was hulle eerste menslike koning. Hy het geweier om God gehoorsaam te wees en is uiteindelik verwerp. Hy is in ‘n veldslag om die lewe gebring. Sy enigste oorlewende seun, Isbóset, het slegs twee jaar regeer toe hy om die lewe gebring is (2 Samuel 2:10). Nietemin, Isbóset het nooit oor Juda regeer nie. Met hierdie kort regeringstydperk oor ‘n gedeelte van Israel het Saul se koninklike lyn tot ‘n einde gekom. Dit is hoe God hom verwerp het. Sy koninklike nageslag was uitgeroei!

Dawid se Koninklike Lyn Vir Ewig

Dawid het Saul opgevolg. Dawid het op die Here se troon gesit. Dawid se seun, Salomo, het hom opgevolg en ook op die Here se troon gesit. “So het Salomo dan op die troon van die Here gaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid” (1 Kronieke 29:23; lees ook 2 Kronieke 9:8).

Ek wil graag hier nog ‘n spesiale punt benadruk. Voor Saul was die Here die Koning oor Israel. Hierdie menslike konings het op die troon van die Here gesit. Die Here—“Ewige”—is Jesus Christus wie by God was voor die wêreld was (Johannes 17:5 en 1:1-2; 14). Jesus is beide die “wortel” en die “geslag” van Dawid (Openbaring 22:16). Aangesien Hy die “wortel” was, was die troon Syne voordat Dawid gebore was. Dawid het bloot op die troon van die Here gesit. Tweedens, aangesien Jesus die wettige, vleeslike Seun van Dawid was, sal dieselfde troon weereens volgens erfenis Sy reg word en sal Dawid se koninklike nageslag voortgesit word. En so, wanneer Jesus na die aarde terugkeer, sal Dawid se troon dubbel sy reg wees!

Nou kom ons by ‘n skynbaar ongelooflike feit—fantasties—bykans ongelooflik, maar waar! Terwyl Dawid koning was, het God met hom ‘n ewigdurende verbond gesluit, onvoorwaardelik, wat God nie kan of sal verbreek nie! Hierdie verbond is selfs meer verbasend, en word nog minder verstaan as die onvoorwaardelike verbond met Abraham! Ek wil hê dat u die aard en karakter van die verbond wat die Almagtige met Dawid gesluit het, baie ferm in u verstand vestig. Want dit is ‘n kritiese skakel in die doel en missie van Christus—‘n belangrike sleutel om die Bybel te verstaan!

In 2 Samuel 23:1, 5 vind ons: “En sit is die laaste woorde van Dawid … God … het ‘n ewige verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is.” Met ander woorde, ‘n verbond wat ewig is en nie kan faal nie!

Blaai terug na die sewende hoofstuk van 2 Samuel vir meer spesifieke besonderhede in die verband. God het hierdie verbondsbelofte aan Dawid gegee gedurende ‘n tyd toe Dawid veel meer besorg was omdat die Ark van die Verbond in ‘n tentwoning gehuisves was. Dawid wou ‘n groot temple in Jerusalem bou.

“En in dieselfde nag kom die woord van die Here tot Natan en sê: Gaan sê aan My kneg, aan Dawid: So spreek die Here: Sou jy vir My ‘n huis bou om in te woon? … As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling [Salomo] wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig. Hy sal vir my Naam ‘n huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid. Ek sal vir hom ‘n vader wees en hy sal vir My ‘n seun wees; sodat as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf met ‘n menslike roede en met slae van mensekinders. Maar My goedertierenheid sal van hom nie wyk nie, soos Ek dit onttrek het van Saul wat ek voor jou aangesig verwyder het. En jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou; jou troon sal vas staan tot in ewigheid” (2 Samuel 7:4-5, 12-16).

Punte Om Van Kennis Te Neem

Let noukeurig op die volgende punte:

Dawid se troon was met Salomo, die seun van Dawid, opgerig en gevestig.

Die troon—Dawid se troon (vers 16)—was vir ewig in Salomo (vers 13) gevestig. Let op dat dit nêrens sê dat wanneer Christus kom, God dit vir altyd in Hom sou vestig nie. Dit sê dat dit vir ewig gevestig sou wees in Salomo.

Wat sou gebeur indien Salomo, of sy kinders, ongehoorsaam sou wees? Sou dit hierdie verbond kanselleer? In verse 14-15 word dit eenvoudig gestel dat indien hulle sonde sou pleeg, God hulle met ‘n menslike roede en met slae van mesekinders sou straf, maar nie hierdie verbond sou breek nie. Die troon sou, ongeag hul sonde, vir ewig voortgaan!

Let spesifiek op dat in geval van ongehoorsaamheid, God nie die troon sou wegneem soos Hy dit van Saul af weggeneem het nie. Hoe het Hy dit van Saul weggeneem? Saul se koninklike nageslag het geëindig! Geen seun van Saul het ooit op die troon gesit nie. Maar Salomo se koninklike nageslag sou nie eindig nie. Die straf vir ongehoorsaamheid sou slae van mensekinders wees.

Aangesien God hierdie troon stewig met Dawid en met Salomo gevestig het, sou ons kon sê dat dit vir ewig gevestig was, soos God belowe het, indien die bestaan van Dawid se troon, selfs vir die duur van een generasie, sou eindig?

Hier is die feit wat so min soos enige ander in die Bybel begryp word! Die Almagtige God het ‘n absoluut bindende—presies hoe bindend sal ons nog sien!—verbond met Dawid gesluit, wat onvoorwaardelik waarborg dat vanaf daardie tyd vorentoe daar nie in een generasie ‘n nakomeling van Dawid sou ontbreek, in ‘n ongebroke koninklike nageslag, om oor die kinders van Israel te regeer nie! Dit was die belofte van ‘n voortdurende, ongebroke koninklike nageslag—in alle geslagte vir ewig—dit was gewaarborg.

Dit is moeilik om te glo! Tog is dit presies wat God belowe en onveranderlik gewaarborg het! Daar was geen voorwaardes nie. Geen gebeurtenis sou dit kon verhoed nie. Die sondes van die volk sou dit nie kon verander nie. Die belofte was onveranderlik!

Die Einde Van die Rekord

Maar waar is daardie troon vandag?

In die geskiedenis van die Bybel word opeenvolgende konings, in ‘n ononderbroke koninklike nageslag—almal afstammelinge van Dawid—tot en met Koning Sedekía, opgeteken. Maar in die jaar 585 v.C. is hierdie laas opgetekende koning wat ooit op hierdie troon gesit het, deur die leërs van Koning Nebukanésar van Babilon gevange geneem, sy oë is uitgesteek en is hy na Babilon weggevoer waar hy in ‘n ondergrondse kerker gesterf het!

Bowendien was al sy seuns doodgemaak! Al die adelikes van Juda wat nie alreeds gevange geneem of in slawerny na Babilon weggevoer was nie, was doodgemaak sodat niemand oorgebly het wat op Dawid se troon kon sit nie! Die Chaldeërs het Jerusalem verwoes, die Tempel en die koning se huise afgebrand en die Jode as slawe na Babilon gevange weggevoer. Daar was verseker geen register van enige koning van die koninklike nageslag van Dawid wat vanaf daardie tyd tot vandag oor Juda regeer het nie. Nietemin, die nageslag van Jójakim tot by Jesus het die Babiloniese ballingskap oorleef—dus is Jesus ‘n afstammeling van Dawid.

Sommige sal egter aanvoer dat hierdie troon vandag in Jesus Christus gevestig is. Maar Christus het nog nie hierdie troon oorgeneem nie! Hy het Homself uitgebeeld as ‘n edelman (Lukas 19:12) wat na ‘n ver land (die hemel) moes reis om vir Homself daar ‘n koninkryk te gaan ontvang en dan, nadat Hy die reg tot die Koninkryk verkry het, terug te kom. Jesus Christus sal nie op die troon van Dawid sit tot en met Sy, nog toekomstige, wederkoms na hierdie aarde nie!

Maar wat van die bykans 600 jaar tussen Koning Sedekía en Jesus Christus se geboorte? Wie het gedurende daardie geslagte oor Israel regeer en op die troon van Dawid gesit? Indien daar niemand was nie, moet ons tot die gevolgtrekking kom dat God sy Woord verbreek het, of die Skrif is gebreek!

Die antwoord hierop is ‘n verborgenheid meer verstommend as enige fiksieverhaal! Die Bybel openbaar dit stap vir stap.

Maar dan weer, sal sommige na die uitdrukking “Ek salbevestig” (2 Samuel 7:13) verwys en aflei dat God moontlik bedoel het dat Hy by Christus se wederkoms daardie troon vir ewig sal vestig. En steeds is dit nie voldoende nie. Van wie sou Christus die troon oorneem indien daardie troon gedurende hierdie eeue nie meer bestaan het nie? Maar God het duidelik belowe dat Hy daardie troon in Salomo sou vestig: “Ek sal sy [Salomo se] koninklike troon bevestig tot in ewigheid.” Hy het nie gesê dat Hy dit eeue later in Christus—by Sy wederkoms—sou bevestig nie. Die “sy” verwys na Salomo—nie na Christus nie, want God het gesê: “as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf” (2 Samuel 7:14).

Maar nou gee ek aan u ‘n Skrifgedeelte wat ‘n einde sal bring aan alle bespiegelinge oof wanneer die troon bevestig was: “Luister na my, Jeróbeam en die hele Israel! Behoort julle nie te weet dat die Here, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as ‘n soutverbond nie? (2 Kronieke 13:4-5). In die King James weergawe is daar ‘n kantnota wat aandui dat die soutverbond na ‘n ewigdurende verbond verwys. Dit wys dat die bevestiging van daardie troon toe reeds in die verlede plaasgevind het! God het hierdie koninkryk ewigdurend aan Dawid en sy seuns, meervoud—nie sy Seun, Christus—gegee.

Vir Alle Geslagte Vasgestel

“Ek het ‘n verbond gesluit met my uitverkorene, met ‘n eed aan Dawid, my kneg, belowe: Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag” (Psalm 89:4-5). Let op! Hierdie troon, vir ewig bevestig, was van geslag tot geslag opgebou. God het, beginnende by Dawid en Salomo, daardie troon vasgestel. Dit is vir ons opgeteken vir ‘n hele aantal geslagte—so ver soos Koning Sedekía, 585 v.C.

Dit was van geslag tot geslag, voortdurend, ewigdurend, vir ewig bevestig! Daardie bepaling “van geslag tot geslag” moet sekerlik daardie geslagte van Sedekía tot die geboorte van Christus insluit. Wie het daardie troon gedurende daardie geslagte beset?

Christus sit nie nou op daardie troon nie, maar Hy sit op die troon van God, die Almagtige, in die hemel (Openbaring 3:21).

So wat dan van die huidige generasie? Waar is daar ‘n nakomeling van Dawid wat vandag in ‘n ononderbroke nageslag van konings op die troon van Dawid sit en oor die kinders van Israel regeer?

Kan ‘n mens wonder waarom mense soos Thomas Paine en Robert Ingersoll geloof in die Bybel verloor het? Hulle het hierdie onvoorwaardelike beloftes gesien, maar kon nie insien hoe dit nagekom was nie. Tog, as ons geduldig is, sal ons sien!

Maar om voort te gaan in Psalm 89, in die 29ste vers: “Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas. En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel” (verse 29-30).

Oorweeg vir ‘n oomblik die woord “nageslag” in hierdie konteks. Dit is ‘n voortdurende nageslag of dinastie van seuns, van geslag op geslag. Dit verwys nie na die algemene bevolking van die kinders van Israel nie. Dit verwys na Dawid se nageslag, of sy seuns. Sy seuns sou konings wees. Dawid was van die stam van Juda, wat die septer besit het, nie die geboortereg belofte nie. Sy nageslag was dus die koninklike nageslag. Dit beteken dus letterlik sy dinastie, sy seuns wat hom van geslag tot geslag sou opvolg.

En, terwyl sy troon voortduur deur alle geslagte, soos die dae van die hemel, oorweeg nou die volgende vers: “As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie; as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie, dan sal ek hulle oortreding met die roede besoek, en met plae hulle ongeregtigheid. Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie. Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal ek nie verander nie. Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie! Sy nageslag [dinastie] sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor my. Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou” (Psalm 89:31-38).

Daar word hier gepraat oor daardie geslagte waar sy kinders moontlik ongehoorsaam kon word en van God se wet sou wegdraai. Sommiges, as verskoning vir hul onvermoë om te bepaal waar hierdie troon is, voer aan dat die verbond voorwaardelik was—dat as gevolg van Israel se ongehoorsaamheid aan God, die verbond verbreek is. Maar wat sê die Almagtige? Indien die kinders ongehoorsaam sou wees en oortree, sou hulle vir hul oortredinge gestraf word—maar nie deur God se onvoorwaardelike verbond met Dawid te verbreek nie!

Sommiges sê dat Christus die troon oorgeneem het. Maar Hy het nie. In plaas daarvan is Hy gekruisig, opgewek en het Hy na die hemel opgevaar. Hy sal binnekort kom om op daardie troon te sit as die Koning van konings, die Here van die Here. Maar hoe kon Jesus Christus, wanneer Hy weer na die aarde terugkeer, ‘n troon oorneem en op ‘n troon sit wat reeds lank tevore opgehou het om te bestaan?

Sal Christus Na ‘n Troon Kom Wat Nie Bestaan Nie?

As die troon van Dawid met Sedekía geëindig het, dan bestaan dit nie vandag nie. En as dit vandag nie bestaan nie, hoe sal Christus op ‘n troon sit wat nie bestaan nie? (Lees Lukas 1:31-32). En aangesien die troon deur alle geslagte sou voortduur, wat van die vele geslagte tussen Sedekía en Jesus Christus se geboorte?

Die baie belangrike feit dat die verheerlikte Koning van konings terugkom om op ‘n bestaande troon te sit, word verder deur die profeet Jeremia bevestig. In hoofstuk 33 is ‘n profesie oor die gebeure wat sal plaasvind wanneer Christus met oppermag en heerlikheid kom! Gedurende die tyd wat die profesie geskryf was, was die profeet in Jerusalem in gevangeneskap. Die leërs van Babilon was besig om die Jode gevangene te neem. God het aan Jeremia gesê: “Ek … sal jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie … met betrekking tot die huise van hierdie stad en die huise van die konings van Juda wat omgegooi is …” (verse 3-4).

Jeremia het geweet dat die huise van die konings in Jerusalem vernietig was—dat die troon van Dawid van Jerusalem verwyder was. Hy was, soos ons later sal sien, God se agent om daardie troon uit Jerusalem te ontwortel. God was nou besig om aan hom ‘n gerusstellende feit te openbaar. Die troon van Dawid sou weer, in hierdie eindtyd, in Jerusalem geplant word. God het nou die versekering aan die profeet gegee dat die troon voortdurend tot daardie tyd oor die Israeliete sou regeer. Dit sal dieselfde voortdurende koninklike dinastie wees. Die Messias sal op ‘n bestaande troon sit!

Hierdie is die profesie oor wat sal gebeur by Christus se glorieryke wederkoms om te regeer: “Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda”(vers 14). Let noukeurig op! Hierdie belofte van Dawid se voortdurende koninklike dinastie is ‘n belofte aan die huis van Israel sowel as die Juda. Sedert die verdeling in twee nasies, was daardie troon nie met Israel verbind nie—slegs met Juda. Maar die belofte wat by Christus se wederkoms vervul sou word, word met Israel sowel as Juda verbind!

Vervolg: “In dié dae en in dié tyd sal Ek vir Dawid ‘n Spruit van geregtigheid [die Messias] laat uitspruit, en Hy sal reg en geregtigheid doen in die land”(vers 15). Hier word van Christus se heerskappy as Koning van konings gepraat. Jesus, ‘n afstammeling van Dawid deur menslike geboorte (Romeine 1:13), was die Spruit van geregtigheid, of loot van Dawid.

Vervolg verder: In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon … Want so sê die Here: Daar sal vir Dawid nie ‘n man ontbreek wat sit op die troon van die huis van Israel nie”(verse 16-17). Let op! Dit sê nie dat Dawid, uiteindelik, na 2500 jaar sonder ‘n man op daardie troon, aan een sal ontbreek nie. Dit sê dat Dawid nooit—te enige tyd—deur alle geslagte—aan ‘n nakomeling sou ontbreek wat op daardie troon sou sit nie!

En oor wie sou daar regeer word?

Troon Nie Oor die Jode Nie

Nie oor Juda nie! Lees dit in u eie Bybel! Gedurende hierdie meer as 2,500 jaar, sal Dawid nie aan ‘n man op daardie troon van die huis van Israel—nie Juda nie—ontbreek nie!

Ten tye van God se openbaring van hierdie profesie aan Jeremia, was die troon besig om uit Juda ontwortel te word. Gedurende die 2,500 jaar tussen daardie tydstip en die koms van Christus, sou dit die troon van die huis van Israel wees!

Dit blyk duidelik te wees dat Israel, na die koms van Christus om te regeer, weer offers, brandoffers en spysoffers sal bring. Hierdie offers word in Esegiël se profesie vanaf die 40ste hoofstuk tot aan die einde van die boek genoem, wat die periode na Christus se wederkoms dek. Maar na Christus se wederkoms, wanneer dit weer geoffer sal word, sal die stam van Levi nie uitgewis wees nie—afstammelinge van die priesterlike stam sal steeds lewe. Lees vers 18 van Jeremia 33: “en daar sal vir die Levitiese priesters nooit voor my aangesig ‘n man ontbreek wat altyddeur brandoffers bring en spysoffers aan die brand steek en slagoffers berei nie.”

Dit sê nie dat offers deurlopend deur al die jare voor Christus se koms, geoffer moes word nie. Ander Skrifgedeeltes wys duidelik dat offers nie deur Christene geoffer moes word na die offer wat Christus self gebring het nie en dit is nie deur die Jode na die vernietiging van die Tempel in 70 n.C., geoffer nie. Maar ander profesieë reeds aangehaal, wys duidelik dat die nageslag van Dawid, beginnende by Salomo, op Dawid se troon deur al die nageslagte sou regeer.

Aangesien baie van die Leviete ongetwyfeld onder die Tien Stamme gebly het—alhoewel ons weet dat baie van hulle onder die Jode voortbestaan het—en aangesien die wat onder die Tien Stamme gebly het, hul identiteit saam met die Tien Stamme verloor het, is dit heeltemal moontlik dat baie, indien nie almal van dié wat deur die eeue in die ware bediening van Jesus Christus geroep is, van die stam van Levi afkomstig is.

Let nou op hoe bindend God se verbond met Dawid is. “So spreek die Here: As julle my verbond met die dag en my verbond met die nag kan verbreek. Dat daar geen dag of nag op hulle tyd is nie, dan sal my verbond met Dawid, my kneg, verbreek kan word, dat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie …” (verse 20-21).

Wat Mense Sê

Ons vervolg: “Het jy nie gemerk wat die volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die Here uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie” (vers 24).

Dit is wat die mense gesê het, net soos geprofeteer was dat hulle sou sê! Hulle sê dat die Jode onder baie, indien nie alle nasies versprei—verspreide individue—en nie meer oor hul eie regering beskik nie! En dat die Tien Stamme vermoedelik “verlore” gegaan of opgehou bestaan het, of slegs deel van die verspreide individuele Jode is! Ja, so het die Jode self gesê—en so het die wêreld gesê! Maar wat sê God?

Lees die volgende vers: “So sê die Here: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van die hemel en aarde, nie vasgestel het nie, dan sal Ek ook die nageslag [dinastie] van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm” (verse 25-26).

Die Toets van Bybel Waarheid

Daardie is kragtige woorde! Tensy u hierdie ou aarde kan stop om op sy eie as te draai—tensy u die son en die maan en die sterre van die hemel kan verwyder, sê die Almagtige, kan u Hom nie verhinder om volgens Sy verbond, om deurlopend, deur alle nageslagte, vir ewig, van die tyd van Dawid en Salomo, ‘n afstammeling van Dawid in ‘n ononderbroke koninklike nageslag, op daardie troon te hou nie!

Hy sou nie noodwendig oor die hele huis van Israel, of oor die Jode regeer nie—maar ten minste oor sommige van hull e, oor genoeg van hulle om ‘n nasie te vorm.

Dit kan nie interpreter word om te beteken dat daar nie ‘n deurlopende troon sou wees nie, of dat dit slegs van toepassing is op die “een saad”—Christus—wat uiteindelik sou kom om te regeer. Let spesifiek op dat dit sê: “dat Ek nie uit sy nageslag heersers [meer as een] sal neem” om oor Israel te regeer. Dit spreek van voortdurende, veelvoudige regeerders—nie een Regeerder wat kom om op ‘n troon te sit wat 2,500 jaar gelede opgehou bestaan het nie!

Die verbondsbelofte aan Dawid is eenvoudig en definitief. Sy koninklike nageslag het voortbestaan en bestaan vandag en regeer oor die huis van Israel (nie die Jode nie), of die Woord van God faal!

Onthou weereens die septer belofte, wat die koninklike nageslag insluit wat in Christus by Sy wederkoms ‘n toppunt bereik: “Die septer sal nie van Juda wyk nie, nóg sal die veldheerstaf [wetgewer] tussen sy voete uit TOTDAT Silo [Christus] kom, en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees” (Génesis 49:10).

Het die septer van Juda gewyk? Het die troon opgehou bestaan? Of het dit, soos God dit op so ‘n bindende wyse belowe het, voortbestaan tot vandag, sodat Christus by Sy wederkoms dit as ‘n funksionele, voortdurende troon kan oorneem en daarop gaan sit?

Chapter 6: Kinders van Israel Word Twee Nasies

Die huis van Israel is nie Jode nie en was ook nooit nie! Ons sal daardie feit nou onweerlegbaar, buite alle twyfel sien.

Na Dawid se dood, het sy seun, Salomo, die troonopvolger oor Israel geword. Salomo het die volk buitensporige belasting laat betaal en in prag en praal regeer soos nog nooit voorheen of daarna nie.

Hy het ook met Heidense vroue uit ander nasies getrou. As gevolg van hulle het hy wierook gebrand en offerandes aan Molog en ander afgode gebring. Gevolglik, “het die Here nou vir hom gesê: Omdat dit so is dat jy jou nie hou aan my verbond en aan die voorskrifte wat Ek jou gegee het nie, sal Ek die koningskap van jou afskeur en vir ‘n onderdaan van jou gee. Ter wille van jou vader, Dawid sal ek dit wel nie tydens jou lewe doen nie, maar ek gaan dít tydens jou seun se lewe doen. Ek sal ook nie die hele koninkryk wegneem nie, maar terwille van my dienaar, Dawid en terwille van Jerusalem wat Ék verkies het, gaan ek een stam vir jou seun laat oorbly” (1 Konings 11:11-13; Nuwe Afrikaanse Vertaling).

Israel Van Dawid se Troon Geskei

Verstaan! Dit is die koninkryk, nie ‘n deel daarvan nie, wat afgeskeur gaan word. Dit is die deel, een stam, wat gaan oorbly. Let op—want net hier word die groot rede, hoekom, van die ganse vraag, uitdruklik beklemtoon—alhoewel Salomo verdien het dat dit van hom af weggeskeur word, het God net een stam terwille van Dawid gelaat, nie as genade vir Salomo nie!

God het ‘n ewigdurende verbond met Dawid gesluit, onvoorwaardelik, wat Hy nie kan of sal verbreek nie. Dawid se koninklike lyn kan nie verbreek word nie! Dit is die rede waarom die septerbelofte nie verwoes is nie, maar die leier toegelaat word, sonder ‘n generasiegaping, om oor ten minste ‘n gedeelte van die kinders van Israel te regeer.

In 1 Konings 11:26 lees ons van Jeróbeam, die seun van Nebat, ‘n Efraimiet, Salomo se dienaar. Hy was leier oor die “huis van Josef” gemaak—of Efraim en Manasse.

Die Here het deur die profeet Ahía vir Jeróbeam gesê: “Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee; maar die een stam sal syne wees terwille van my kneg Dawid wat Ek verkies het wat my gebooie en insettinge gehou het. Maar uit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en dit aan jou gee, die tien stamme en aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat my kneg Dawid (onthou waarom) altyd ‘n lamp kan hê voor my aangesig in Jerusalem, die stad wat Ek vir My verkies het om My Naam daar te vestig; en Ek sal jou neem en jy sal regeer oor alles wat jou siel begeer, en jy sal koning word oor Israel” (1 Konings 11:31-37).

Hierdie woorde maak twee stellings duidelik: Die volk Israel word van Salomo se seun weggeneem en aan Jeróbeam gegee. Dit is nie net ‘n stam, of ‘n paar stamme nie, maar die nasie wat Israel genoem word, waaroor hierdie Jeróbeam, uit die stam Efraim, gaan regeer.

Die tienstam koninkryk was die een waaraan die nasionale naam “Israel” gegee was. In werklikheid is die naam “Israel” aan die seuns van Josef gegee! (Génesis 48:16). Waar hulle hul ookal bevind, noem die Bybel hulle by die nasionale naam, Israel. Hulle identiteit is vandag vir die wêreld verlore. In Bybel profesieë is hulle—nie die Jode nie—dié wat Israel genoem word. En hulle was in, en aan die hoof van die tienstammige Israel.

Aan die anderkant, het die Here weens Sy belofte aan Dawid, een stam, Juda, in Jerusalem, aan die seuns van Salomo gegee, sodat ‘n seun van Dawid pal op die troon van Dawid oor kinders van Israel kan regeer. God het Dawid onvoorwaardelik belowe dat daar altyd ‘n afstammeling op die troon sal sit om oor kinders van Israel te regeer.

Nou, in latere, werklike geskiedenis, sien ons die vervulling van daardie belofte—wat daardie verbond bindend maak. Die kinders van Juda, alhoewel hulle nie uit al die kinders van Israel saamgestel is nie en ook nie volgens die nasionale titel genoem word nie, is hulle nietemin kinders van Israel. Dus kan God steeds Sy belofte aan Dawid hou en sodoende die afskaffing van die septerbelofte aan Abraham, Isak en Jakob vermy. Terselfdertyd kan God Salomo straf deur die volk Israel van hom weg te neem en slegs een stam onder die heerskappy van die troon te laat. Let op hierdie baie belangrike punt, alhoewel straf toegepas word, verbreek God geen van Sy beloftes nie.

Dawid se Dinastie Regeer Oor Juda

God het belowe dat “die septer van Juda nie sal wyk nie.” Hy het nie daardie belofte verbreek nie. Let noukeurig daarop dat die tien stamme wat afgeskeur is, “Israel” genoem word en dat die een stam wat onder Rehábeam, Salomo se seun, oorgebly het, alleenlik “Juda” of die “huis van Juda” genoem word. Hulle stamnaam word gebruik terwyl die tienstam koninkryk die nasionale naam “Israel” behou.

In werklikheid het Israel sy koning verwerp en ‘n nuwe koning, Jeróbeam, op die troon geplaas. Die stam van Juda het van die nasie Israel afgestig om Rehábeam as hul koning te behou. Maar nou het Rehábeam, Dawid se kleinseun, koning oor ‘n nuwe nasie geword. Die nuwe nasie was nie die koninkryk van Israel nie. Dit was die koninkryk van Juda! Verstaan nou hoe dit gebeur het.

Toe Salomo se seun, Rehábeam, troonopvolger word, het die mense weereens geëis dat die swaar belasting wat deur Salomo opgelê was, verlig moes word. Hulle het hul leier, Jeróbeam, as segsman na Rehábeam gestuur.

Jeróbeam het gepleit: “U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter, dan sal ons u dien” (1 Konings 12:4).

Die antwoord was: “My vader het julle met die sweep getugtig—ék sal julle met gésels tugtig” (vers 11).

Israel was opstanding. Die opdrag aan die mense was: “Na julle tente toe, Israel!” Die uitdaging aan die dinastie was: “Kyk na jou eie huis”! (vers 16).

“So het die Israeliete dan van die huis van Dawid afvallig geword tot vandag toe [die dag waarop dit geskryf was]. Sodra die hele Israel gehoor het dat Jeróbeam terug was, het hulle hom na die vergadering laat roep en hom oor die hele Israel koning gemaak; niemand het die huis van Dawid gevolg nie, behalwe die stam van Juda alleen” (1 Konings 12:19-20).

Toe het Rehábeam “… die hele huis van Juda en die stam van Benjamin, vergader” (vers 21). Rehábeam wou oorlog voer teen die huis van Israel, om die koningskap terug te win, maar God het gesê, “Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van Israel, oorlog voer nie; … want van My het hierdie saak gekom” (vers 24).

Israel In Twee Nasies Verdeel

Het u opgelet dat dit nou die tienstam koninkryk (aangevoer deur die Efraim-Manasse stamme, met ‘n Efraimiet as hul koning), die erfgenaam van die geboortereg belofte, wat die huis van Israel genoem word?

Die stam, Juda, wat vir Rehábeam oorgebly het—saam met die Benjamiete en later ook die priesterlike stam van Levi, wat Jeróbeam uit hul poste uitgeskop het—word in die Bybel die huis van Juda genoem en nie Israel nie. Hulle is egter almal kinders van Israel, maar staan nie langer onder die nasionale titel bekend nie. Dit word soveel keer beklemtoon, want die gewone begrip is net die teenoorgestelde.

Die algemene begrip vandag is dat Juda, wat oorgebly het, die titel “Israel” dra. Die meeste mense dink aan die Tien Stamme as net ‘n paar van die stamme wat uit die nasie, Israel, gedryf is.

Maar dit is Israel wat nou onder die Eframiet, Jeróbeam, in die land van Samaría, noord van Jerusalem, hul koninkryk gestig het. Dit is nie Israel nie, maar Juda—slegs drie stamme wat van Israel afgeskei is—wat in Jerusalem oorgebly het.

Die Tien Stamme het nie van Israel afgeskei nie. Israel het nie in Jerusalem aangebly nie. In plaas daarvan, was dit Juda wat van Israel afgeskei was.

Israel in Oorlog met die Jode

Let noukeurig op! Die huis van Juda, wat Benjamin insluit, onder koning Rehábeam van Dawid se dinastie, was op die punt om oorlog te voer teen die nasie, Israel—met die tien stamme wat deur Efraim en Manasse aangevoer word.

Laat ons nou uit die Bybel die bewys haal dat die tienstam volk, wat Israel genoem word en dikwels profeties ook Efraim genoem word, nie Jode is nie en nooit Jode was nie! Onthou, die woord “Jood” is slegs ‘n bynaam vir “Juda.” Hiervolgens het dit slegs op een nasie, of die huis van Juda, alleen betrekking—nooit op die huis van Israel nie.

Uit enige volledige konkordans kan ‘n mens leer dat die eerste keer wat die woord “Jood” in die hele Bybel voorkom, in 2 Konings 16:6 is. Nêrens voor dít, kan die woord “Jood” in die Bybel gevind word nie. Let daarna op!

Agas het begin regeer as koning van Juda (vers 1). Hy het op Dawid se troon gesit (vers 2). In dieselfde tyd was ‘n man, genaamd Peka, koning oor Israel. Koning Peka van Israel het ‘n bondgenootskap met Resin, koning van Aram [Sirië – KJV], teen Juda gesluit. Die leërs van Israel en Sirië het opgetrek om teen Jerusalem te veg. Hulle het koning Agas van Juda beleër maar kon hom nie oorwin nie (vers 5). “In dieselfde tyd” sê vers 6, “het Resin, die koning van Aram [die bondgenote van Israel, wat saam met Israel teen Juda veg], Elat aan Aram gebring en die Jode uit Elat verdrywe …” Die eerste plek in die Bybel waar die woord “Jood” gebruik is, is Israel in geveg met die Jode!

Wie het die Jode uit Elat verdryf? Die bondgenoot van Peka, koning van Israel! Die leër wat saam met Israel, teen Juda, geveg het. Die kinders van Juda wat in Elat gewoon het, is Jode genoem om hulle te onderskei van die huis van Israel, teen wie hulle oorlog gevoer het! Neem dit in aanmerking!

Die eerste plek in die Bybel waar die woord “Jood” voorkom is, is die Jode in ‘n oorlog teen Israel gewikkel! Hulle is ‘n algehele ander nasie. Hulle is, individueel, kinders van Israel, maar val nie langer onder die nasionale titel—huis van Israel—nie.

Dit is verkeerd om vandag se Jode, “Israel” te noem. Hulle is nie die nasie Israel nie—hulle is Juda! Waar Israel hul ookal vandag bevind, onthou dat Israel, as nasionale naam, nie Jood beteken nie!

Wie ookal vandag die verlore Tien Stamme van Israel is, hulle is nie die Jode nie! Waar die naam “Israel,” of “huis van Israel,” “Samaría” of “Efraim” in profesie gebruik word, onthou dit: dit verwys nooit na die Jode nie, maar na Israel wat teen die Jode geveg het!

Huis van Israel Nie Jode Nie

Nêrens in die hele Bybel, verwys die woord “Israel” uitsluitlik na die Jode nie. Wanneer die begrip nie nasionaal nie, maar individueel is, kan die woord “Israel” alleen, of “kinders van Israel,” of “mense van Israel” somms wel na Jode ook verwys of hulle insluit. ‘n Uitdrukking soos “julle kinders van Israel” byvoorbeeld, wat dikwels in die Nuwe Testament voorkom, verwys na Israeliete as enkelinge gesamentlik, en nie op nasionale vlak nie. Dit verwys gewoonlik na Jode as individuele afstammelinge van die aartsvader, Israel (Jakob).

Moses kan nie skriftuurlik ‘n Jood genoem word nie. Hy was ‘n Leviet. Abraham was nie ‘n Jood nie. Isak en Jakob ook nie—nog minder wat Adam of Noag betref. Die afstammelinge van die aartsvader, Juda, is rasgewys Jode, asook almal wat hulle nasionaal tot die stam van Juda verbind het—diegene van die stamme van Benjamin en Levi.

Jode is Israeliete, net soos Kaliforniërs Amerikaners is. Maar die meeste Israeliete is nie Jode nie, net soos die meeste Amerikaners nie Kaliforniërs is nie. Jode is slegs die huis van Juda, ‘n deel van Israel. Maar wanneer daar van hierdie mense as nasies, eerder as gesamentlike individuele gepraat word, dan verwys die woord “Israel” nooit na die Jode nie. “Huis van Israel” beteken nooit Jode nie. Die drie stamme in Jerusalem, onder die heerskappy van die Dawidiese koningskap, word alleenlik die huis van Juda genoem.

Maar van Efraim en Manasse, die seuns van Josef, het die sterwende Israel gesê: “Laat hulle by my naam genoem word” (Génesis 48:16). Hulle dra voorwaar die naam Israel.

Van hiervandaan, word die stam Juda, saam met die stamme van Benjamin en Levi, “Juda”—nie Israel nie—genoem. Die tien stamme, aangevoer deur Efraim en Manasse, word van hierdie tyd af vorentoe “Israel” genoem. Hulle is nie Jode nie en was dit ook nooit genoem nie! Van dié tyd af, word die kinders van Israel, die twaalf stamme altesaam, in twee nasies geskei!

En nou, vir die eerste keer, gaan die geboortereg na een nasie, Israel, aangevoer deur Efraim en Manasse, terwyl die septer, in ‘n ander nasie, die huis van Juda, bly. Die twee fases van die belofte aan Abraham, word nou verdeel tussen twee heeltemal afsonderlike nasies!

Vir baie geslagte het Israel en Juda as twee afsonderlike nasies in hul aangrensende landstreke, elk met sy eie koning, gewoon. Waarom sou predikante en belydende Bybelstudente onkundig hieroor wees, as vier hele boeke in die Bybel, 1 en 2 Konings en 1 en 2 Kronieke, daaraan gewy word, om dit te verduidelik en die geskiedenis van hierdie twee afsonderlike en mededingende nasies aan te teken? Kyk na die landkaarte agter in u Bybel. Daar sal u elke nasie se woongebied duidelik sien.

Juda het die gebied, bekend as Judea, met Jerusalem as hoofstad, behou. Israel het die gebied, noord van Judea bewoon. Samaría het die hoofstad geword en die huis van Israel word soms in profesie, “Samaría” genoem. Dit is ook ‘n belangrike sleutel om Bybelprofesie te kan verstaan. “Samaría” verwys nooit in profesie na die Jode nie—maar altyd na die tien stamme, die huis van Israel.

Dit word weereens hier benadruk, dat Israel en Juda, nie twee name vir die een volk is nie. Hulle was, en is nog steeds, en sal steeds twee afsonderlike nasies bly, tot en met Christus se wederkoms. “Die huis an Juda” beteken altyd “Jode.” Hierdie onderskeiding is baie belangrik, as ons profesie wil verstaan. Omdat die sogenaamde Bybelstudente so in onkunde oor die onderskeid is, is dit nie vir hulle moontlik om profesie te verstaan nie!

Die volgende plek in die Bybel waar die woord “Jood” genoem word, is waar die huis van Israel in ballingskap weggevoer is, buite sig verdwyn het en die woord slegs op die huis van Juda betrekking het.

Israel Verwerp God se Heerskappy

Jeróbeam (uit die stam van Efraim) het onmiddelik, nadat hy koning oor die huis van Israel geword het, twee goue kalwers opgerig en afgode aanbidding in die koninkryk gebring (1 Konings 12:28-33). Jeróbeam was bang dat die volk na Rehábeam sou terugkeer en hy sy nuutgevonde troon sou verloor wanneer hulle eenkeer per jaar na Jerusalem sou gaan om die Huttefees by te woon. Die instelling van afgodery was juis om dit te verhoed en die volk tuis te hou.

Hierdie afgodery tesame met Sabbat-skending (Eségiël 20:10-24) was die groot nasionale sonde wat so ‘n groot vloek oor Israel gebring het. Geslag na geslag het God met Israel gepleit om terug te keer—weg van hul vaders se weë—terug na die wette van God. Deur nege verskillende dinasties onder negentien konings, het Israel met hierdie nasionale sondes aangehou—sonde so groot voor God se aangesig, dat God hulle finaal laat oorrompel het en in ballingskap laat wegvoer het.

Laat ons nou na ‘n gedeelte kyk wat altyd verkeerd vertolk word. In 1 Konings 14:15-16 lees ons: “En die Here sal Israel [nie Juda nie] slaan, soos ‘n riet in die water heen en weer beweeg en sal Israel [nie Juda nie] uitruk uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en die Here geterg het en Hy sal Israel [nie Juda nie] oorgee vanweë die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het en waarmee hy Israel laat sondig het.”

Hier word spesifiek met die gevolge van Jeróbeam se afgodery in Israel—in die tienstam koninkryk in die noorde, wat die geboorteregbelofte ontvang het—gehandel. Dit is hierdie mense wat ontwortel en anderkant die rivier verstrooi sou word, nie die Jode nie. Tog word hierdie gedeelte deur studente aangehaal asof die verstrooide toestand vandag op die Jode van toepassing is—diegene op wie dit juis nie betrekking het nie. Hierdie is een voorbeeld van die feit dat dit wat ons hier gedek het, ‘n ware sleutel is wat lank versteekte profesieë verstaanbaar maak.Tensy hierdie feit nie diep ingewortel is nie, kan profesieë nooit korrek verstaan word nie.

Diegene wat, soos hierdie gedeelte sê, ontwortel en oorkant die Eufraat verstrooi gaan word, is nooit Jode genoem nie. Hulle is die volk wat deur Efraim en Manasse aangevoer word, besitters van die onvoorwaardelike belofte om ‘n groot nasie en ‘n groep van nasies te word—wat so groot sal word, honderde miljoene, dat hulle die poorte van hul vyande sou besit, ‘n koloniale volk sou word, dat hul kolonies dwarsoor die wêreld versprei sou word.

Tog sal baie van dié wat die verskil tussen Israel en Juda gesien het—tussen Jode en die ander stamme—wat dit in ‘n nuwe lig gesien het, sal deur die mag van die gewoonte, weereens in die ou groef terugval om verse wat op Israel betrekking het, op die Jode toe te pas!

As die woorde “huis van Israel”of “die hele Israel”, of as die bedoeling nasionaal is, of as die woorde “Jakob”of “Ragel” of “Efraim” of “huis van Josef”of “Samaría”—wat dikwels in Bybelprofesieë voorkom—gebruik word, praat dit slegs van die tienstam geboortereg volk en nie van die jode nie. Dit is ‘n sleutel, en ‘n hoofsleutel om die Bybel te kan verstaan!

Israel Verdryf en Verlore

In die jare 721-718 v.C., is Israel verslaan en sy mense uit hul eie land verdryf—uit hul huise en stede—en as gevangenes na Assirië, aan die suidelike oewer van die Kaspiese See, weggevoer. En toe … buite sig verdwyn!

“So het die Here dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen” (2 Konings 17:18).

Wie is deur die Here verwyder? Israel! Dit is Israel wat voor die Here se aangesig verwyder en uitgedryf is, totdat hulle buite sig verdwyn het.

Wie het oorgebly? Net Juda alleenslegs die Jode! Israel was nou weg! Hulle het as die Tien Verlore Stamme bekend geword en so is dit tot vandag toe.

Heidene Vervang die Huis van Israel

Let nou op 2 Konings 17:22-23: “En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie; totdat die Here Israel van sy aangesig verwyder het soos hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel [nie Juda nie—nie die Jode nie] is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië tot vandag toe [ongeveer 620 v.C. geskryf].” Let daarop dat diegene wat die nasionale naam “Israel” en die geboorteregbeloftes gehad het, wat nie Jode was nie, uit hul eie land uitgedryf is—Samaría. Hulle het die land verlaat om nooit weer terug te keer nie!

Kyk nou na die volgende vers van dieselfde hoofstuk: “En die koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uit Hamat en Sefarváim mense ingevoer en [hulle] laat woon in die stede van Samaría, in die plek van die kinders van Israel: hulle het Samaría in besit geneem en in sy stede gaan woon” (2 Konings 17:24).

Dit is hierdie vreemdelinge wat in die tyd van Christus in Samaría gebly het en in die Evangelies in die Bybel as Samaritane bekend gestaan het. Dit is goed om dit in gedagte te hou. Die Samaritane van die Nuwe Testament was hoegenaamd nie met die Israeliete verbaster nie. Slegs ‘n enkeling—‘n priester—uit die weggevoerde Israeliete het teruggekeer om die nuut gevestigde Heidene, Israel se verdorwe godsdiens te leer (2 Konings 17:27-28).

Hierdie mense van die land Babilon het God egter nie gedien nie, ook nie Sy weë of geloof gevolg nie. Die volgende vers maak dit duidelik: “Maar hulle het, elke nasie, sy eie god gemaak …” (2 Konings 17:29).

Die algemene staatsgeloof van die Assiriërs en Babiloniërs was die Babiloniese geloof van verborgenheid. Dit was die geloof van Simon, die towenaar (Handelinge 8) wat Fillipus se wonderwerke geglo het, hom die naam “Christen” toegeëien het en ‘n nuwe vals “Christendom gestig het, nadat die apostel Petrus hom oor sy “ongeregtigheid”—d.w.s., sy “wetteloosheid”—verwerp het. Hy het die naam van Christus aangeneem, God se wette verwerp en losbandige vals “genade”by die Babiloniese geloof van verborgenheid gevoeg en dit “Christendom”genoem. Hierdie vals “Christendom”het miljoene mislei, tot by vandag se bose geslag!

‘n Vollediger verslag van Israel se gevangenskap word in 2 Konings 18:9-12 en 17:5-18 weergegee. “Want die kinders van Israel sal ‘n lang tyd bly sit sonder koning …” (Hoséa 3:4). Terwyl hulle diegene was wat die naam “Israel” gedra het, is dit hulle, nie Juda nie, wie se identiteit verlore sou raak.

Israel, Nie Juda Nie, Verlore

Die Woord vertel ons duidelik dat Israel hul identiteit, taal, geloof, land en naam sou verloor.

In Deuteronómium 32:26, het God hulle deur Moses gewaarsku: “Ek sou gesê het: Ek wil hulle wegblaas, hulle gedagtenis onder die mense uitroei.” Dié waarskuwing kan nie op die Jode toegepas word nie! Die gedagtenis van die Jode het nie opgehou nie. Hulle nagedagtenis kan nie ophou nie, tensy hulle identiteit en naam verlore is. Dit is op die Verlore Tien Stamme van toepassing en nie op die Jode nie.

Let nou op na Jesaja 8:17: “En ek sal wag op die Here, wat sy aangesig verberg vir die huis van Jakob.” Jakob se naam is na Israel verander. Met ander woorde, dit het op die huis van Israel betrekking—die tienstam koninkryk—wat voor God se aangesig verwyder is. Hulle het sodoende die kennis van die ware God en die ware geloof verloor.

Die Here het opgehou om met hulle in hul eie taal, Hebreeus, te praat, maar sou “deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek” (Jesaja 28:11). Dit kan nie op die Jode, wat nog steeds hul Bybels in Hebreeus lees, betrekking hê nie.

Jesaja 62:2: “En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid [na Christus se wederkoms]: en jy sal met ‘n nuwe naam genoem word wat die mond van die Here sal noem.” Terwyl hierdie profesie direk op die toekoms ná Christus se koms dui, is dit ook al vervul, kenmerkend, soos vir daardie tyd voorspel, dat Israel vandag onder ‘n ander naam bekend staan. Dit kan nie op die Jode van toepassing wees nie. Hulle was destyds, tot vandag toe, bekend as Jode.

Israel Het Nooit Teruggekeer Nie

Die huis van Israel het nooit na Palestina saam met die Jode in die dae van Esra en Nehemia, soos verkeerdelik geglo word, teruggekeer nie. Diegene wat teruggekeer het om die Tempel te herbou en godsdiens te herstel in Jerusalem in daardie tyd, 70 jaar na Juda se ballingskap, was slegs van die huis van Juda wat Nebukadnésar na Babilon weggevoer het.

Let op die volgende feite.

In 721-718 v.C., was Israel “in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië” (2 Konings 17:23). Hulle was later almal verwyder—heeltemal. “Niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen” (2 Konings 17:18). Juda, alleen, het oorgebly.

Meer as 130 jaar later, het Nebukadnésar van Babilon die Jode—Juda—wat alleen in Palestina oorgebly het, weggevoer na Babilon. Niemand van die huis van Israel het in die tyd van Juda se ballingskap in Palestina gebly nie.

Diegene wat na Palestina teruggekeer het om die Tempel te herbou en godsdiens te herstel, 70 jaar na Juda se ballingskap, was almal van die huis van Juda—almal Jode—almal van die wat Nebukadnésar weggevoer het. Hulle het weer “na Jerusalem en Juda teruggekeer, elkeen na sy stad” (Esra 2:1).

Net diegene van die stam van Juda, saam met die oorblyfsels van Benjamin en Levi, wat die samestelling van die huis van Juda was, het daardie tyd teruggekeer. “Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete” (Esra 1:5).

Daar is natuurlik diegene wat hierdie waarheid, wat God nou in ons tyd raadsaam geag het om dit duidelik te maak, verwerp—en wat valslik voorgee dat al die Israeliete, insluitend die tien stamme van die huis van Israel, na Jerusalem in die tyd van Esra en Nehemia teruggekeer het.

Hulle sal gevalle uitsif waar die woord “Israel” in verband met ‘n enkeling of mense van die huis van Juda gebruik word en dit verdraai asof hulle van die huis van Israel is. Laat dit herhaal word om dit te beklemtoon: Jode is Israeliete—maar slegs ‘n deel van die Israeliete is Jode. Die woord “Jood” is ‘n bynaam vir die nasionale naam Juda. Jode is in werklikheid manne van Israel—of mense van Israel—maar hulle is nie van die nasie wat die huis van Israel, of die koninkryk van Israel, genoem word nie.

Diegene wat nie hierdie waarheid glo nie, kyk na skrifgedeeltes soos: “En die ander Israeliete, priesters en Leviete, was in al die stede van Juda, elkeen in sy eie erfdeel” (Nehemia 11:20). Omdat die woord “Israel” gebruik word, maak hulle aanspraak dat dit al twaalf stamme is. Maar daar word spesifiek van priesters en Leviete gepraat—en hulle is van die huis van Juda en nie van die tienstam huis van Israel nie. Hulle was werklik die “oorblyfsels van Israel”—die “oorblyfsels” van die twaalf stamme, hulle was Israeliete, maar hulle was nie van die nasie genaamd huis van Israel nie. Hulle het na hul erfenis in die land van Juda teruggekeer.

Nehemia sê duidelik: “Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uiit die gevangenskap [die gevangenskap na Babilon—gevangenskap van Juda, nie die huis van Israel nie] van die ballinge wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het …” (Nehemia 7:6). En nie een van die tien stamme het in Palestina oorgebly, na die Assiriese inval van ‘n 100 jaar tevore nie (2 Konings 17:18).

Esra sê: “En die kinders van Israel, die priesters en die Leviete en die ander, uit die ballingskap afkomstig, het die inwyding … gevier” (Esra 6:16). Hierdie mense was van die koninkryk van Juda—nie die koninkryk van Israel nie—maar hulle was “kinders van Israel.”

Name en geslagregisters word in Esra en Nehemia van dié wat uit Babilon na Palestina teruggekeer het, gegee—en daar was niemand van enige van die tien stamme nie! Gevolglik was diegene in Jesus se tyd in Jerusalem van hierdie drie stamme, nie van die huis van Israel nie. En die meeste, indien nie almal nie, van dié wat hul bekeer het, was van die stam Benjamin, soos Paulus ook gesê het hy was.

Die huis van Israel het bekend geword as die Verlore Tien Stamme! Nou bekend onder ‘n ander naam, wat ‘n ander taal praat!

Onder watter naam staan hulle vandag bekend? Wie hulle ookal is, waar hulle is, dit is hulle en nie die Jode nie, wat die geboortereg besit. Dit is hulle, nie die Jode nie, wat aan die einde van hul straf in 1800-1803 n.C., die onverbreekbare beloftes aan Abraham van nasionale grootheid, hulpbronne, rykdom en mag sou besit. Dit is Manasse wat die wêreld se enkele grootste nasie sou word; Efraim ‘n groot statebond van nasies! Wie kan hulle vandag wees?

Chapter 7: Jeremia se Geheime Sending

Ons kom nou by een van die mees boeiendste en interessantste fases van hierdie vreemde storie van Israel—inderdaad, dit is die verbindingstuk tussen profesie en hedendaagse vervulling—tog word dit glad nie deur teoloë herken nie.

Nadat die huis van Israel, die noordelike koninkryk met Samaria as hoofstad, weggevoer was na Assirië, 721-718 v.C., het die Koninkryk van Juda, in die suidelike dele van Palestina bekend as Judea, aangebly. In daardie tyd het Juda, as ‘n nasie, nog nie God se regering en wette verwerp nie. God het aangehou om sy verbond met Dawid te hou. Dawid se dinastie was op die troon oor ‘n gedeelte van Israel—die huis van Juda—die Jode.

Maar nadat Israel buite sig verdwyn het, het Juda afkerig geraak van God se manier van regering. Juda het die Heiden nasies begin navolg en selfs erger as Israel gesondig, sodat die Here Juda ook in nasionale slawerny en ballingskap oorgelewer het.

Voor Juda se afvalligheid het God deur die profeet Hoséa gesê: “As jy hoereer, o Israel, laat Juda hom tog nie skuldig maak nie …” (Hoséa 4:15). Maar later het die Here aan Jeremia gesê: “Het jy gesien wat die afkerige, Israel, gedoen het? Sy het … gehoereer … En dit het die ontroue, haar suster Juda, gesien … toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, [was] die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees … nie, maar [het] gegaan en ook self gehoereer … Die afkerige Israel, het haar siel geregverdig meer as die ontroue, Juda” (Jeremia 3:6-11).

Hier weereens, is dit duidelik dat die twaalf stamme van Israel in twee verskillende volke verdeel is. En tog, teenstanders van die waarheid wat in hierdie boek geopenbaar is, verwerp die eenvoudige verklarings van die Bybel—en trag om diegene wat dit openbaar, in onguns te bring.

Kyk nou hoe Juda (die Jode)—meer as 130 jaar na Israel se ballingskap—ook uit hul land weggevoer is. Hulle is as slawe na Babilon—nie Assirië nie, waarheen Israel geneem is—weggevoer.

“En die Here het gesê: Ek sal Juda ook van my aangesig verwyder soos ek Israel verwyder het; en Ek sal hierdie stad Jerusalem verwerp wat Ek verkies het, en die huis waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees” (2 Konings 23:27).

Dus, meer as 130 jaar na Israel se ballingskap, het die tyd aangebreek dat God die Jode ook uit hul land in nasionale ballingskap en slawerny uitgedryf het.

Jeremia se Vreemde Opdrag

Vir hierdie doel het God ‘n baie spesiale profeet daargestel. Hierdie profeet se ware roeping en opdrag word inderdaad deur weinig min verstaan. Hierdie profeet was Jeremia. Jeremia het ‘n vreemde en weinig verstaanbare rol in die ballingskap gespeel.

Iets omtrent die belangrikheid van hierdie opdrag kan uit hierdie betekenisvolle feit afgelei word: Die Bybel noem slegs drie persone wat voor geboorte vir hulle onderskeie poste geheilig was—en Jeremia was die eerste van hierdie drie. Die ander twee was onderskeidelik Johannes die Doper en Jesus Christus!

Die Here het die eerste keer met Jeremia gespreek toe hy nog ‘n jong seun was, sommige getuies voer aan dat hy ongeveer sewentien jaar oud was. Teen die tyd wat sy taak voltooi was, was hy ‘n ou gryskop patriarg.

Hierdie deurslaggewende, tog minder bekende roeping en taak word in die inleidende verse van die eerste hoofstuk van die boek, Jeremia, beskryf. “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak” het die Here aan hom gesê (Jeremia 1:5).

Jeremia was verskrik—bang! Hy het gesê: “Ag Here Here, voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jonk.” Maar die Here het hom geantwoord: “Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek. Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou te red” (verse 6-8).

Toe het die Here sy hand uitgestrek en Jeremia se mond aangeraak: “Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes,om te bou en te plant” (verse 9-10) Of, soos hierdie ontsaglike opdrag in die Authorized Version bewoord is: “om uit te ontwortel en neer te gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.”

Neem kennis, Jeremia was oor nasies aangestel—meer as een koninkryk. Hy was ‘n Joodse jongeling, wat in Juda gewoon het. Hy is as profeet oor Juda aangestel—maar nie Juda alleen nie. Oor nasies—oor koninkryke! Hy is oor hierdie koninkryke aangestel om twee dinge te doen: eerstens, om “uit te pluk” of “te ontwortel” of “af te ruk” of “om te gooi,” en tweedens, om te bou en te plant.

Nie Vandag Begryp Nie

Kyk daarna in u eie Bybel. God het Jeremia as profeet gebruik om Juda as nasie oor hul oortreding van God se wette en insettinge te waarsku. Hy was gestuur om die opstandige volk te waarsku oor die dreigende straf—hulle inval en ballingskap deur die Chaldese gewapende magte—tensy hulle hul skuld sou bely en hul weë verander. Hy was as tussenganger gebruik—‘n bemiddelaar—tussen die konings van Juda en Babilon.

Dit is welbekend dat Jeremia gebruik was om Juda te waarsku teen die dreigende gevaar van ballingskap en die “afbreek” en “omverwerping” van die troon van Dawid in die Koninkryk van Juda.

Dit word oor die algemeen verstaan dat Juda deur Koning Nebukadnésar se magte binnegeval is; dat die Jode in ballingskap na Babilon weggevoer is; dat hulle nie meer ‘n koninkryk was nie; dat daar nie ‘n bestaande heerser van Dawid se dinastie op die troon oor die Koninkryk van Juda was nie.

Wat beteken dit dan? Het God ten laaste sy verbondsbelofte aan Dawid vergeet. Dat sy dinastie nooit sou ophou bestaan nie—dat Dawid se troon in Salomo gevestig was om deur alle geslagte vir ewig te bestaan? Het God nou vergeet dat Hy gesweer het dat Hy nooit sy belofte sou verander nie—selfs al het die konings en hul volgelinge in opstand gekom en gesondig? God se getrouheid is in die gedrang. Die inspirasie van die Heilige Bybel as Sy geopenbaarde Woord is in die gedrang!

Maar let op! Kyk in u eie Bybel! Jeremia was deur God aangestel om die einste troon van Dawid in Juda, uit te ruk en omver te gooi—maar let op die tweede helfte van die opdrag. Om te bou en te plant! Om wat te bou en te plant?

Wel, dit wat hy natuurlik uit Juda “ontwortel” het—die troon van Dawid, wat God gesweer het, Hy vir ewig sal bewaar! Jeremia was nie net oor die een nasie, Juda, aangestel nie—maar oor nasies. Oor die koninkryke—die Koninkryk van Israel sowel as Juda!

Hy was gebruik om Juda se troon “te ontwortel.” Wat was Jeremia se opdrag om in Israel te doen? Let op die tweede helfte van hierdie vreemde en min begrypte sending—om te bou en te plant!

Sover die wêreld weet, was Sedekía, van Juda, die laaste koning om op Dawid se troon te sit. Hy is in 585 v.C.—amper 600 jaar voor Christus, onttroon en is die troon uit Juda ontwortel.

Wat het van daardie troon geword? Waar was die troon sedert 585 v.C. en tydens Christus se tyd, 600 jaar later? Ons weet Jeremia het dit nie in Babilon geplant en herbou nie. God het belowe dat Dawid se nageslag oor Israeliete sou regeer, van geslag tot geslag—nie oor Heidene nie. Ons het die geskiedenis van die Heidense trone in Babilon.

Dawid se troon was nooit weer tussen die Jode geplant of gebou nie! Dit het nie tydens Jesus se tyd oor die Jode regeer nie. Op daardie tydstip was die Jode onder die Romeinse Ryk. Jesus het nie so ‘n troon bestyg nie. Die troon het nie in Juda bestaan nie—dit was nie op die plek of oor die mense in werking nie—dit was nie daar vir Jesus om oor te neem nie. Jesus het eenvoudig gesê dat Sy Koninkryk nie van hier is nie! Tog is Hy gebore om op hierdie einste troon van sy vader Dawid te sit (Lukas 1:32)!

Maar daardie troon was deur God bestem om deur Jeremia—gedurende sy leeftyd—geplant en hervestig te word. Jeremia was oor beide Juda en Israel aangestel, om gebruik te word om Dawid se troon in Juda te ontwortel. Meer nog! Om te plant en te bou, uit noodsaaklikheid, tussen die kinders van Israel, wat baie dae sonder ‘n koning was—tussen die verlore Israel, wat haarself nou as Heidens beskou het! Daarom moes die identiteit en plek van hervestiging, tot vandag toe, in die eindtyd waarin ons leef, vir die wêreld ‘n geheimenis bly.

Afbreek van die Troon

Die werk en lewe van Jeremia is ‘n boeiende verhaal. Die eerste hoofstukke van die boek van Jeremia word aan sy bediening, die waarskuwing van die naderende ballingskap van die Jode, gewy. Hy het die konings, priesters, profete en die volk van Juda deur God se boodskap gewaarsku. Hulle het hom in die tronk gegooi—en hulle het geweier om ag te slaan of om God te gehoorsaam. Toe het God hulle in ballingskap laat wegvoer.

Dit is oor die algemeen bekend dat Babilon, Juda in drie verskillende fases ingeneem het. Die eerste keer was in 604 v.C., ‘n tydperk van omtrent twee jaar later as wat voorheen bereken was, maar nou sterk bevestig is. Die land het egter eers volkome na ‘n volle tydsiklus van negentien jaar, in 585 v.C., in die hande van die Heidense Babiloniërs oorgegaan. Jeremia se aandeel in hierdie ballingskap kan in die boek van Jeremia opgelees word.

Let nou op ‘n interessante feit. Volgens geskiedkundige en Bybelse aantekeninge, was Sedekía die heel laaste koning op die troon van Dawid oor Juda. Hou sy naam in gedagte. Let nou op na 2 Konings 24:18: “Een-en-twintig jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, ‘n dogter van Jeremia, uit Libna.”

Let nou kortliks op ‘n beskrywing van die finale afskeuring en ontworteling van die troon van Dawid: “In die negende jaar van Sedekía, die koning van Juda, in die tiende maand, het Nebukadnésar, die koning van Babel, met sy hele leër na Jerusalem gekom en hulle het dit beleër; in die elfde jaar van Sedekía, in die vierde maand, op die negende van die maand, is die stad ingebreek … En toe Sedekía, die koning van Juda, en al die krygsmanne hulle sien, het hulle gevlug … maar die leër van die Chaldeërs het hulle agternagejaag en Sedekía in die vlaktes van Jérigo ingehaal en hom gevang en hom gebring na Nebukadnésar, die koning van Babel, na Ribla in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek. En die koning van Babel het die seuns van Sedekía voor sy oë in Ribla geslag; ook het die koning van Babel al die edeles van Juda geslag. En hy het die oë van Sedekía laat verblind en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te bring” (Jeremia 39:1-7).

In die 52ste hoofstuk, kry mens byna woord vir woord dieselfde beskrywing, van die dieselfde gebeure, in die eerste 11 verse, met die bykomende bewoording: “… en hom in die gevangenis gesit tot die dag van sy dood toe.”

Die skrifgedeeltes bring die volgende punte na vore:

Die koning van Babel het al Sedekía se seuns, wat troonopvolgers van die troon van Dawid was, gedood.

Hy het ook al die edeles van Juda gedood, om sodoende geen troonopvolger na te laat nie.

Ten slotte, nadat hy Sedekía, die koning wat op Dawid se troon gesit het, se oë uitgesteek het, het hy hom na Babilon gebring waar hy in die tronk gesterf het.

Dus, so het dit gelyk en soos die hele wêreld glo, het Dawid se troon ophou bestaan, met geen moontlike troonopvolgers, of seuns om die koningskap voort te sit nie. Dis gewis dat van daardie dag af dat geen troon ooit weer in Juda, in Jerusalem of tussen die Jode bestaan het nie!

Wat van Jójagin?

Dit is waar dat ‘n vorige koning van Juda, gedurende daardie tyd in die kerkers in Babilon was—wat seuns gehad het om Dawid se bloedlyn voort te sit. Gewese Koning Jójagin (Jegónia), wat in kettings na Babilon weggevoer was, is na 37 jaar in ballingskap, uit die gevangenis verhef (Sien 2 Konings 25:27-30). Hy het selfs die titel “koning”saam met ander ondergeskikte gevange “konings”ontvang.

Een van Jójagin se seuns was Seáltiël. Seáltiël was die vader van Serubbábel, die seun van adelike bloed, waardeur Jesus Christus self Sy eie koninklike agtergrond na Dawid kon naspeur (Mattéüs 1:12). Serubbábel was die man wat God gebruik het om Kores, koning van Persië, te beweeg om ‘n edik uit te vaardig wat Serubbábel goewerneurskap—nie die kroon van ‘n koning nie—gegee het, om na Jerusalem terug te keer en die Huis van God, die Tempel, na sewentig jaar van ballingskap te herbou.

Tog het nie Jójagin of enige van sy seuns of kleinseuns as konings in Juda regeer nie. Hoekom nie?

As daar ‘n afstammeling van die bloedlyn van Dawid was, wat uit die ballingskap teruggekeer het, waarom het hy dan nie in Jerusalem met sy terugkeer regeer nie? Waarom nie? Eenvoudig net omdat God dit nie toegelaat het nie.

Dit is God wat konings aan- en afstel! God was vas van plan om die troon van Dawid van die regerende Peres bloedlyn weg te neem en dit op die hoof van ‘n seun van Serag te plaas. Tog moes ‘n koninklike bloedlyn vanaf Dawid in die area bly, sodat Christus honderde jare in die toekoms, uit Dawid se nageslag gebore kon word. En God moes ook sy belofte aan Dawid gestand doen, dat daar altyd iemand van Dawid se nageslag op die troon sou sit. Vele ingewikkelde en boeiende profesieë moes uitgevoer word—sommige oënskynlik teenstrydig—‘n moeilike taak om te verrig, ‘n ongelooflike opdrag van God aan Jeremia!

“So waar as Ek leef, spreek die Here, al was Gonja [Jójagin], die seun van Jójakim, koning van Juda, ‘n seëlring aan my regterhand, tog sal Ek jou daar afruk” (Jeremia 22:24). God het die einde bepaal aan hierdie bloedlyn van konings. Hy het die kroon verwyder—nie toegelaat dat Jójagin se seuns op Juda se troon regeer nie! God het die troon na ‘n ander deel van Juda se familie omvergewerp.

God het vir Jeremia met gesag gesê: “So sê die Here: Skryf hierdie man op as kinderloos, ‘n man wat nie voorspoedig sal wees in sy dae nie; want dit sal niemand van sy geslag geluk om te sit op die troon van Dawid en nog oor Juda te heers nie” (Jeremia 22:30).

God het gespreek! Jeremia het geskryf! Geskiedenis was ontwerp en gedaan soos God beveel! Jójagin het kinders gehad—God het self gesorg dat hierdie feit aangeteken word (sien 1 Kronieke 3:17; Mattéüs 1:12), maar sover dit die troon van Dawid betref, was hy kinderloos—nie een van sy kinders het ooit die troon beset nie!

Die kroon was nou van die Peres bloedlyn verwyder, uit Juda ontwortel, enige beskikbare kandidate gedood, Jójagin ingekerker in ‘n Babiloniese tronk, as kinderloos aangeteken wat die troon betref, deur die Almagtige God se bevel!

Jeremia het nou die eerste gedeelte van sy groot opdrag voltooi. Die troon is ontwortel en die koninkryk totaal tot niet, Juda was op die begin punt van haar nasionale straf.

Waarheen Het Jeremia Gegaan?

Maar wat van die tweede gedeelte van Jeremia se belangrike opdrag?

Jeremia was saam met die gevange Jode. Hy moes vry gewees het om die tweede deel van sy opdrag te kon uitvoer.

Dus, “Maar aangaande Jeremia het Nebukadrésar, koning van Babel, bevel gegee deur middel van Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, en gesê: Neem hom en hou jou oë oor hom en doen hom geen kwaad nie; maar doen met hom soos hy jou sal sê”(Jeremia 39:11-12).

“Die owerste van die lyfwag het naamlik Jeremia laat haal en vir hom gesê: … kyk, ek ontslaan jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is; as dit goed is in jou oë om saam met my na Babel te gaan—kom, en ek sal my oog oor jou hou; maar as dit verkeerd is in jou om saam met my na Babel te kom, laat dit staan. Kyk, die hele land lê voor jou oop; waar dit goed en reg is in jou oë om te gaan, gaan daarheen … Daarop het die owerste van die lyfwag vir hom padkos en ‘n geskenk [geld] gegee, en hom laat gaan” (Jeremia 40:2-5).

Dus was Jeremia heeltemal vry om te doen soos hy wou, selfs met reisgeld voorsien en absolute vryheid gehad om die tweede deel van sy opdrag uit te voer. Waarheen het hy gegaan?

Ons kom nou by ‘n verstommende en boeiende deel van die boek van Jeremia wat byna heeltemal misgekyk word. “En Jeremia het by Gedálja, die seun van Ahikam, in Mispa gekom en by hom gewoon onder die volk wat in die land oorgebly het” (vers 6).

Hierdie Gedálja is deur die koning van Babel, goewerneur oor ‘n oorblyfsel Jode gemaak. Hy het Mispa sy hoofkwartier gemaak omdat Jerusalem verwoes was. Die koning van Ammon het ‘n komplot met ‘n Jood, genaamd Ismael, gesmee om Gedálja om die lewe te bring. Die komplot het geslaag. Die goewerneur en ‘n gedeelte van die Jode is verslaan. Jeremia was tussen die oorlewendes.

“En Ismael het die hele oorblyfsel van die volk wat in Mispa was, as gevangenes weggevoer; die dogters van die koning en die hele volk wat in Mispa oorgebly het, wat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, aan Gedálja … toevertrou het … hulle as gevangenes weggevoer en hy het weggetrek om oor te gaan na die kinders van Ammon (Jeremia 41:10).

Ah! Het u opgelet? Lees weer daardie vers. Tussen hierdie Jode was die koning se dogters! Dogters van Sedekía, koning van Juda en van Dawid se geslag!

Koning Sedekía is in die tronk in Babilon dood (Jeremia 52:11). Al sy seuns is gedood. Al die edelmanne van Juda is gedood. Alle moontlike erfgename van Sedekía as opvolger vir Dawid se troon is gedood—behalwe die koning se dogters! Nou sien ons hoekom Jeremia na Mispa gegaan het.

Jeremia Ontsnap

Nie lank daarna nie, het ‘n man genaamd Jóhanan vir Ismael as leier vervang. Daar hulle bang vir Nebukadnésar en sy leër was, het Jóhanan en die volk na Jeremia gekom ‘en aan die profeet Jeremia gesê: Laat ons smeking tog voor u kom en bid tot die Here u God vir ons, dat die Here u God ons bekend mag maak die pad wat ons moet trek, en die saak wat ons moet doen” (Jeremia 42:2-3). Hulle was soos so baie belydende Christene vandag. Hulle kom na God se leraar met ‘n plegtige versekering dat hulle wil hoor wat God se wil is, dan belowe hulle soos dié: “ons sal luister na die stem van die Here onse God” (vers 6).

Maar het hulle dit bedoel? Sulke mense bedoel dit selde. Die menslike natuur wil goed wees—of dink dat dit goed is—maar dit wil nie goed doen nie.

Die Woord van die Here het tot Jeremia gekom en vir hom gesê dat hulle nie moet vrees nie, Hy sal hulle bewaar en verlos. Die volk wou egter na Egipte vlug. Die Here het hulle gewaarsku om dit nie te doen nie. Indien hulle sou, sou die swaard van Nebukadnésar, vir wie hul bang was, hulle daar oorrompel en almal sou sterf. “As julle werklik julle aangesig rig om na Egipte te trek en weggaan om daar as vreemdelinge te vertoef, san sal die swaard waar julle voor vrees, julle daar in Egipteland inhaal … en julle sal daar sterwe” (Jeremia 42:45-46).

Maar, soos die mens gewoonlik doen, het hulle God se waarskuwing verontagsaam. “U spreek onwaarheid” het Jóhanan gesê, “die Here onse God het u nie gestuur om te sê julle mag nie na Egipte trek nie” (Jeremia 43:2-3). “So het Jóhanan, … en die hele volk dan nie geluister na die stem van die Here” nie (vers 4). Mense wat luidkeels bely dat hulle God se wil wil doen, wil gewoonlik nie God se Woord as Sy wil aanvaar nie, tensy dit met hulle wil ooreenstem nie.

En so het Jóhanan “die hele oorblyfsel van Juda geneem … manne en die vroue en die kinders en die dogters van die koning ook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Nería [Jeremia se skrywer of sekretaris]. En hulle het in Egipte gekom” (Jeremia 43:5-7).

Toe hulle in Egipte aangekom het, het God weereens die Jode deur Jeremia gewaarsku dat hulle deur die swaard en hongersnood sou omkom eh “hulle sal nie teruggaan behalwe enkele vlugtelinge nie”! (Jeremia 44:12-14). Ja, ‘n paar in hierdie geselsskap is onder goddelike bewaring. ‘n Goddelike sending gaan uitgevoer word. Hulle sal ontsnap! Die Here sê verder: “Maar die wat van die swaard vryraak, sal uit Egipteland terugkom in die land Juda, min in getal” (Jeremia 44:28).

Onder Goddelike Beskerming

Barug was Jeremia se gettroue metgesel en skrywer. Dit is belangrik om op God se belofte van beskerming aan Barug te let: “So spreek die Here, die God van Israel, aangaande jou, o Barug! … Kyk, wat Ek gebou het, breek Ek self af; en wat Ek geplant het, ruk Ek self uit; en dit betref die hele aarde … maar Ek sal jou siel vir jou as buit gee in al die plekke waarheen jy sal gaan” (Jeremia 45:2-5). Barug se lewe, net soos Jeremia s’n was onder goddelike beskerming!

Vroeëer het die Here vir Jeremia gesê: “Waarlik dit sal goed gaan met jou oorblyfsel.” Die enigste “oorblyfsel” vir Jeremia se opdrag om die troon te verplant, was die koning se dogters. “Waarlik,” het die Here in dieselfde vers voortgegaan: “Ek maak dat die vyand jou ootmoedig smeek in tyd van onheil en in tyd van benoudheid” (Jeremia 15:11). God het dit letterlik gedoen, soos in hoofstuk 39:11-12 en 40:2-6 beskryf is, wat alreeds voorheen gedek is.

Let daarop, dat dit ten geode sou gaan met die koninklike materiaal waarmee Jeremia moes bou en plant—Jeremia sou bewaar word en moes na ‘n land gaan wat hy nie geken het nie! Wie moes nog na ‘n land gaan wat hulle nie geken het nie? Die tienstam geboortereg koninkryk, Israel!

Dus moes Jeremia en sy klein koninklike oorblyfsel uit Egipte onstnap, in Juda aankom en dan—waarheen? Na die plek waar die “tien verlore stamme” heen gegaan het soos ons sal sien!

Laat Jesaja nou die voorspelling voltooi: “Want uit Jerusalem sal ‘n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die Here van die leërskare sal dit doen. Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe” (Jesaja 37:32,31).

Hierdie selfde profesie is ook in 2 Konings 19:30-31 te vinde. Dit is ‘n voorspelling wat deur Jesaja in die 14e regeringsjaar van Koning Hiskía gemaak is, toe daar ‘n dreigende inval deur Koning Salmanéser van Assirië teen Juda gemaak is. Dit was ‘n voorspelling wat later sou plaasvind—nie gedurende Hiskía se bewind nie. Party kritici, wat trag om hierdie basiese en belangrike waarheid omver te gooi, beweer dat dit dieselfde oorblyfsel is wat ook in 2 Kronieke 30:6 voorkom. Daardie gebeurtenis is nie ‘n voorspelling nie, maar ‘n historiese gebeurtenis in die eerste jaar van Hiskía—en daardie oorblyfsel het nie uit Jerusalem ontsnap nie, maar hulle was Jode wat ontsnap het van Salmanéser se dreigende inval in Juda—hulle het in Juda ingevlug, nie uit nie. Niks word hier gesê van “wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe” nie, soos beide in Jesaja 37 en 2 Konings19.

Hierdie profesie is so belangrik dat dit twee keer aangeteken is! Dit verwys wel na ‘n oorblyfsel wat later sal ontsnap—na Jeremia se ontsnapping. Hierdie oorblyfsel, saam met Jeremia—ten minste een van die koning se dogters—sal weer ondertoe wortel skiet! Dit is, verplant word.

En dan vrugte dra boontoe! Herbou word! Het God in sy plegtige belofte om Dawid se troon in stand te hou, gefaal? Waar was hierdie planting en herbouing? Kan ons dit in God se Woord vind? Ons kan! Die plek en die mense tussen wie die troon herstel is, kan duidelik geïdentifiseer word!

Chapter 8: Die Geheimsinninge Deurbraak

Waarheen het Jeremia, Barug, sy skrywer en een of meer van die koning se dogters heen gegaan? Geskiedenis stop by hierdie punt. Verligte studente van Bybelgeskiedenis weet lankal dat die Tien Verlore Stamme—genaamd “huis van Israel”—hulle identiteit verloor het en dat hulle vandag onbekend, tussen die Heiden nasies woon. God het hul identiteit en waar hulle hul bevind, vir die wêreld verberg.

Tog, in hierdie laaste dae, wanneer kennis gaan vermeerder, wanneer die “wyse” moet verstaan (Daniël 12:4,10), gaan die geheim openbaar word deur profesie wat eers vandag verstaan kan word. Maar eerstens, moet ons ‘n misterieuse “deurbraak” in ag neem wat in die dae van Juda, Jakob se seun, plaasgevind het.

Juda was die vader van tweeling seuns. Die eersgeborene was van adelike afkoms, want deur hom moes die septerbelofte voortgedra word. Dit wil voorkom asof die vroedvrou geweet het dat ‘n tweeling gebore sou word. Dit is aangeteken, dat net voor geboorte, een van die tweeling “die hand uitgesteek het; en die vroedvrou dit gegryp [het] en ‘n rooi draad om sy hand gebind en gesê het: Hierdie een is eerste gebore.” Maar die kind het sy hand teruggetrek en die ander was eindelik eerste gebore. Die vroedvrou het uitgeroep: “Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres [wat deurbreek beteken] genoem. En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem” (Génesis 38:27-30).

Waarom is hierdie vreemde gebeurtenis in Bybelgeskiedenis aangeteken, tensy die breuk tussen die twee seuns op ‘n latere stadium in die toekoms, of in hul nageslag, herstel sou word? Tog het dit nooit in hul heugenis gebeur nie.

Serag, met die rooi draad om sy hand gebind, het vyf seuns gehad (1 Kronieke 2:6). Het ‘n afstammeling van Serag uiteindelik die troon bestyg en sodoende die breuk herstel? Dawid, Sedekía, Christus—almal was van die Peres bloedlyn—geeneen van Serag nie.

Neem in ag: 1) die feit van die breuk beteken die oordra van die septer van die Peres na die Serag bloedlyn. 2) So ‘n oordrag het nooit voor Koning Sedekía van Juda, ‘n afstammeling van Peres, plaasgevind nie. 3) Daarom moes dit na Sedekía se onttroning gebeur. 4) Daar Dawid se afstammelinge (die Peres bloedlyn) deur al die geslagte vir ewig op die troon moet wees, kon dit slegs gebeur deur ‘n omvêrwerping van die troon, deur ‘n huwelik tussen ‘n Peres erfgenaam van die troon met ‘n Serag afstammeling, wat sodoende die breuk herstel.

Die Drie Omvêrwerpings

Geskiedenis dui daarop dat die afstammelinge van Serag swerwers geword het, wat na die noorde, binne die grense van die Skithiese nasies, gereis het en later in die tyd van Dawid na Ierland gemigreer het.

Maar intussen het die Peres-Dawid-Sedekía bloedlyn die septer besit—adelik—verhewe. Die Serag bloedlyn wat gevoel het dat die septer regmatig aan hulle behoort en dat dit eendag sou, was laag aangeskrewe, verneder—sover dit die koninklike gesag aangaan.

Neem nou ‘n groot misverstaande gedeelte van profesie in ag. Wanneer u die 18de vers van Eségiël 21 begin lees, sal u duidelik sien dat die Here hier van die ballingskap van Juda, deur die koning van Babel, praat. Aan die begin van vers 25 sê Hy: “En jy, onheilige, goddelose, vors van Israel [Sedekía], wie se dag gekom het in die tyd van die uiteindelike afrekening—so sê die Here Here: Die tulband moet weg, en die kroon moet af! [Soos dit in die eerste helfte van Jeremia se opdrag gebeur het.] Dit bly nie so nie: Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is! … Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie—totdat Hy kom wat daarop reg het en aan Hom sal Ek dit gee.”

Laat ons dit duidelik verstaan. “Die tulband moet weg, en die kroon moet af.” Koning Sedekía van Dawid se dinastie, het die kroon besit. Dit sê dit sal verwyder word. Dit was verwyder. Hy is in Babilon dood; sy seuns en al die edelmanne van Juda is gedood.

“Dit sal nie dieselfde wees nie.” Die tulband het nie ophou bestaan nie, maar ‘n verandering het plaasgevind—die troon word omvêr gewerp—iemand anders gaan die kroon dra. God se belofte aan Dawid sal nie faal nie!

“Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is!” Wie was “hoog”? Koning Sedekía van Juda. Nou gaan hy verneder word. Hy gaan die kroon verloor. Juda was “hoog” terwyl Israel “laag” was—baie jare sonder ‘n koning (Hoséa 3:4). Die Peres bloedlyn was “in aansien”; terwyl die Serag bloedlyn “gewoon” was.

“Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie—totdat Hy kom wat daarop reg het.” [In die oorspronklike Hebreeus word die woord av-vaw gebruik wat omvêrwerp beteken.] Wat sou omvêrgewerp of ‘n puinhoop word? Die kroon (tulband) en die troon. Nie een keer nie—dit moet driemaal omvêrgewerp word. Omvêrgewerp deur die vernedering van Sedekía, die huis van Juda, die Peres bloedlyn en die verhoging van die huis van Israel, met een van die Serag nasate! Die eerste van die drie omvêrwerpings was gedurende die eerste helfte van Jeremia se opdrag.

“Moet weg.” Beteken dit dan dat die troon—die kroon—moet ophou bestaan? Glad nie! Hoe kan dit nog tweemaal ovêrgewerp word—dit is, oorgeplaas word van een na die ander, as dit ophou bestaan het? Hoe, na na hierdie drie oorplasings van die troon, kan dit aan Hom—Christus—wie se reg dit is, met Sy tweede koms gegee word, as dit ophou bestaan het? Hoe kon hy wag “laag” was nou deur die kroon verhoog word as die kroon nie meer bestaan nie? Nee, die betekenis is “Dit sal nie meer omvêrgewerp word nie, tot en met Christus se tweede koms!” Dan sal dit aan Hom gegee word!

God sal nie sy onherroeplike belofte aan Dawid verbreek nie! Deur al die geslagte heen sal Dawid ‘n afstammeling hê wat die kroon sal dra. Die tweede gedeelte van Jeremia se opdrag moet nou uitgevoer word. Daardie kroon moet verplant en weer herbou word. Die kroon moet omvêrgewerp word—aan ‘n ander oorgedra word! Maar waar? Aan wie?

‘n “Raaisel” en ‘n “Gelykenis” Vertel!

Die vreemde waarheid van die verplanting en heropbouïng van Dawid se troon word in ‘n raaisel en ‘n gelykenis geopenbaar wat deur simboliese taal beskryf word—wat nooit verstaan is, tot nou in hierdie laaste dae nie. Tog is dit vandag so eenvoudig verduidelik dat ‘n kind dit kan verstaan!

Dit vul hoofstuk 17 van Eségiël se profesie. Die hele hoofstuk moet aandagtig deur gelees word. Let eerstens daarop dat die profetiese boodskap aan die huis van Israel gerig is en nie aan die huis van Juda, die Jode, nie. Dit is die boodskap van lig aan die verlore tien-stam huis van Israel in hierdie laaste dae!

Eerstens word aan Eségiël ‘n opdrag gegee om ‘n raaisel te spreek en dan ‘n gelykenis. Die raaisel kan in verse 3 tot 10 gevind word. Dan in vers 11 begin die Here die betekenis te verduidelik. “Spreek tog met die wederstrewige huis [God sê die “wederstrewige huis,” die tien-stam Israel (Eségiël 12:9), tot wie Eségiël as profeet aangestel is (Eségiël 2:3; 3:1; ens.)], Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie? Sê: Kyk, …” en dan word die raaisel duidelik uiteengesit.

‘n Groot arend het na Lebanon gekom en die top van die seder weggeneem. Dit spreek van Koning Nebukadnésar van Babel wat na Jerusalem gekom en die koning van Juda gevange geneem het. Die afbreek van die seder se jong takkies en hul wegvoering na ‘n land van koopmans is om die ballingskap van die koning se seuns te versinnebeeld. “Hy het ook van die saad van die land geneem” beteken dat Nebukadnésar ook van die mense en die vernames van die land Juda, weggevoer het. Hy het: “dit as oewergewas geplant. En dit het uitgespruit en ‘n breë wingerdstok geword, laag van groei” wat beteken dat die Jode ‘n verbond gegee was, dat alhoewel hulle deur die Chaldeërs regeer sou word, hulle in vrede kon leef en vermeerder. Die ander “groot arend”, word as verteenwoordigend van die Egiptiese Farao aangehaal.

Dus handel die raaisel oor die eerste gedeelte van Jeremia se sending. Let nou op die verklaring van die tweede gedeelte—die plant van Dawid se troon! Dit kom voor in die gelykenis van verse 22-24: “o sê die Here Here: Dan sal Ek self van die verhewe top van die seder ‘n steggie neem.” Deur God se eie verduideliking het ons geleer dat die sederboom die nasie van Juda uitbeeld; sy hoogste top, is Juda se koning. Die raaisel vertel ons dat Nebukadnésar die hoogste top—die koning, gevat het. Die gelykenis vertel ons dat God—nie Nebukadnésar nie, maar Godvan die verhewe top gaan neem. Nie die top nie, maar van die top—van Sedekía se kinders. Maar Nebukadnésar het al die seuns gevang en doodgemaak.

God, deur sy profeet Jeremia, gaan nou van hierdie verhewe top vat en dit “insit” (vers 22). “[V]an die boonste van sy lootjies sal Ek ‘n teer puntjie afpluk en self dit plant op ‘n hoë en verhewe berg” gaan die Almagtige voort! Ah! “‘n Teer puntjie”! Die steggies van hierdie verhewe top, verteenwoordig die kinders van Koning Sedekía! Sekerlik verteenwoordig ‘n teer jong puntjie dan ‘n dogter! “… [S]al Ek dit plant.” Kan simboliese taal dit eenvoudiger stel as dat die jong Joodse prinses die koninklike saad sou word vir die herplanting van Dawid se troon? Waar? “… [O]p ‘n hoë en verhewe berg” sê die Here. ‘n “Berg” simboliseer altyd ‘n nasie.

Maar watter Nasie?

“Op die hoë berg van Israel sal Ek dit plant” antwoord die Here! Dawid se troon gaan nou in Israel geplant word, nadat dit van Juda weggeneem is! Kan ‘n taal eenvoudiger wees? “… [E]n dit [die teer puntjie—die koning se dogter] sal takke voortbring en vrugte dra en ‘n heerlike seder word.”

Het Dawid se troon met Sedekía van Juda ophou bestaan? Het God sy verbond vergeet? Nee! Vergelyk hierdie taal met ‘n gedeelte in Jesaja 37:31-31: “Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet ondertoe [geplant word] en vrugte dra boontoe.” Dit was in Israel geplant, wie uit Juda verwyder is! Nadat hierdie Hebreeuse prinses op die troon, nou in Israel, wat verlore is, “geplant” is—gaan dié troon vrugte dra. Sy sal trou, kinders hê en haar seuns sal Dawid se dinastie voort sit!

“… [S]odat al die voëls van allerhande vere daaronder kan woon; in die skaduwee van sy takke sal hulle woon” (Eségiël 17:23). “Verlore” Israel, wat nou die troon bekom het en weer selfregerend is, gaan mettertyd oor die aarde versprei, dominansie verkry en oorheers. Hulle gaan die onvoorwaardelike beloftes van die geboortereg verkry volgens God se verbond met Abraham!

“En al die bome van die veld …” (vers 24). ‘n “Boom” in hierdie raaisel en gelykenis verwys na ‘n nasie. Met ander woorde, al die nasies van die aarde.” “… [S]al weet dat Ek, die Here, die hoë boom verneder.” Juda, die hoë boom, wat die troon vir 130 jaar, nadat Israel gevange geneem is, gehad het, is nou afgebring na die lae status van slawerny.” “… [D]ie nederige boom verhoog het.” Vir 130 jaar was Israel ‘n “nederige boom.” Israel is nou verhoog, met ‘n troonopvolger van Dawid wat weer besig is om ‘n florerende nasie te word. “… [D]ie groen boom [Juda] laat verdroog en die droë boom [Israel] laat bloei het.”

Vergelyk dit met Eségiël 21:26: “Die tulband moet weg, en die kroon moet af! … Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is! … puinhoop sal Ek dit maak …” ens. Dit spreek van die oorplasing van die troon van Juda na Israel.

Israel was reeds vir vier eeue onafhanklik in Ierland. Israel in Ierland het reeds ‘n koninklike bloedlyn gehad, waarop Sedekía se dogter geënt was. Die Ierse Israeliete was ‘n eertydse kolonie en het nie in Assiriese ballingskap gegaan nie.

Israel, aangevoer deur die stamme van Efraim en Manasse, wat die geboortereg besit het, sou nou kon floreer en met tyd welvarend word. “Ek, die Here, het dit gespreek en gedoen” (Eségiël 17:24).

Ja, die geboortereg is in Israel. Ofskoon verlore en veronderstel om ‘n Heidense nasie te wees, is hulle diegene wat ‘n beloofde menigte—‘n groot nasie en ‘n gemenebes van nasies, wat die poorte van hul vyande sou besit, geword het. Hulle sou ‘n koloniale volk word wat dwars oor die wêreld sou versprei, met seëninge en nasionale hulpbronne en rykdom. En wanneer hulle dus magtig en nasionaal oorheersend word, onthou dat Dawid se troon wat verplant is, tussen hulle gevind sal word!

Maar waarheen het Jeremia sy koninklike saad vir die verplanting gegaan om die verlore huis van Israel te vind? Waar is hulle vandag? Hoe was die “skeuring” herstel en hoe het ‘n seun van Serag die troon bestyg? Kan ons weet?

Ons kan. Die noukeurige en presiese plek word in Bybel profesie geopenbaar! Ons kan boonop Jeremia se spoor in die geskiedenis nagaan!

Chapter 9: Israel se Nuwe Land

Ons is nou gereed om die werklike ligging van die verlore stamme van die uitgeworpe huis van Israel op te spoor. Ons weet dat hulle vandag as ‘n nasie en gemenebes van nasies bestaan, magtig, ook dat hulle as Heidense nasies beskou word. En wanneer ons hulle vind, sal ons die troon van Dawid vind!

Menige profetiese gedeeltes vertel van hierdie mense in die laaste dae. Profesieë wat nie tot en met die “tyd van die einde”verstaan sou word nie. Profesieë wat ‘n boodskap bevat wat na hierdie mense geneem moet word deur diegene aan wie God dit openbaar!

Lê eers die volgende feite in u verstand vas.

Die profeet Amos het in die dae van die 13de van die 19 konings van die huis van Israel geskryf (Amos 1:1): “Kyk die oë van die Here Here is gerig teen die sondige koninkryk [huis van Israel—Juda het toe nog nie gesondig nie], en Ek sal dit van die aardbodem verdelg [die koninkryk, of regering, nie die mense nie], … Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in ‘n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie” (Amos 9:8-9).

Hierdie profesie word gewoonlik op die verspreide toestand van die Jode toegepas. Maar dit het niks met die Jode, oftewel die huis van Juda, te doen nie. Dit verwys na die tien-stam huis van Israel—wat na Assirië in ballingskap weggevoer was en toe vandaar migreer en tussen ander nasies versprei het, voordat die Jode na Babel geneem was. Hierdie profesie sê dat Israel (nie Juda nie) onder die nasies soos in ‘n sif geskud sou word—hierdie Israeliete het hulle identiteit verloor—tog het God hulle beskerm en onderhou: “maar daar sal geen korrel op die grond val nie.”

‘n Nuwe Tuisland

Dit is gedurende hierdie tyd dat die kinders van Israel “‘n lang tyd bly sit sonder ‘n koning” (Hoséa 3:4). Dit is duidelik dat hierdie mense vanuit al die nasies gesif was. Menige Nuwe Testamentiese gedeeltes dui daarop. Alhoewel baie van hulle hul steeds onder verskeie nasies tydens die eerste eeu na Christus bevind het, het ‘n gedeelte van hulle hulself reeds op ‘n spesifieke ligging gevestig teen die tyd van Jeremia—140 jaar na hul oorspronklike ballingskap.

Maar hierdie Israeliete, wat die geboortereg besit het, sou uiteindelik na ‘n nuwe land van hul eie kom. In 2 Samuël 7:9 sê die Here: “en Ek sal vir my volk Israel ‘n plek bestel en hom plant [Jeremia was opdrag gegee om die troon onder hulle te plant], dat hy op sy plek kan woon en nie langer verontrus word nie.” Die konteks van die hele gedeelte dui daarop dat dit nie na Palestina verwys nie, maar na ‘n ander land, waar hierdie verstrooide Israeliete sou versamel nadat hulle vanuit die beloofde land van Palestina verwyder was, terwyl daardie land ledig gelê het en in die besit van die Heidene was.

Let noukeurig op! Nadat hulle uit Palestina verwyder is, onder nasies uitgesif was, baie dae sonder ‘n koning was, hul identiteit verloor het, sou hulle in ‘n verre, vreemde land “geplant” word wat nou hul eie sou word. En let op, nadat hulle hierdie plek bereik het, hulle nie verder verontrus sou word nie! Dit verwys natuurlik na die huidige wêreld.

Terwyl ander profesieë daarop dui dat hierdie geboorteregsbesitters ‘n kolonialistiese volk sou word, wat reg rondom die wêreld sou versprei, is dit duidelik dat die verspreiding vanaf hierdie aangewese plek sou plaasvind, wat die “tuis” setel van die regering van Dawid se troon moes bly.

Merk dit duidelik! Wanneer “sy eie plek” bereik sou word en die troon van Dawid daar geplant was, sou hulle nie verder verontrus word nie. Gevolglik, is die ligging van hierdie mense vandag die plek waar Jeremia die troon van Dawid meer as 2,500 jaar gelede geplant het!

Dus sal profesieë wat met die teenswoordige tyd verband hou, of met die ligging van hierdie mense net voor die wederkoms van Christus, die area aandui waar Jeremia geplant het. Die huis van Israel moet nog na Palestina terugkeer met Christus se wederkoms—hul moet nog druiwe in Samaria, hul oorspronklike land, plant. Profesieë wat vertel waarvandaan hulle toekomstig sal migreer, sal die ligging van die “verlore” tien-stam Israel openbaar! Die twee daaropvolgende “omvêrwerpings” van die troon moet ook in dieselfde omgewing geleë wees.

Verlore Israel Gevind

Laat ons sonder verdere spanning sien waar profesie hierdie geboortereg houers wat nou die troon van Dawid besit, plaas—hierdie mense wat die rykste nasionale seëninge op aarde ontvang het. Onthou dat hulle van Juda—die Jode—deur verskeie name onderskei word: “Efraim,” “Josef,” “Jakob,” “Ragel”(Josef se moeder), “Samaria”(hul vorige tuiste), “Israel.”

Volgens Hoséa 12:2: “Efraim … agtervolg die oostewind.”‘n Oostewind beweeg wes. Efraim moes wes van Assirië getrek het. Toe die Here aan Dawid gesweer het dat Hy sy troon sou verewig, het Hy gesê: “En Ek sal sy hand [septer] lê op die see” (Psalm 89:26). Die troon sal “in die see gelê,” geplant word.

Die Here het deur Jeremia gesê: “Die afkerige, Israel, het haar siel geregverdig meer as die ontroue Juda. Gaan en roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sê: Keer terug, o afkerige, Israel, spreek die Here” (Jeremia 3:11-12). Israel is duidelik van Juda onderskei. Natuurlik was Israel noord van Juda terwyl hulle nog in Palestina was—maar toe Jeremia hierdie woorde geskryf het, was Israel reeds 130 jaar vantevore uit Palestina verwyder en het hulle lank tevore reeds saam met die Assiriërs, noord (en wes) van Assirië se oorspronklike ligging migreer.

En in hierdie laaste dae moet boodskappers “na die noorde” (van Jerusalem) gaan ten einde verlore Israel te vind en hierdie waarskuwing te verkondig. So, ons vind nou dat die ligging na die noorde en ook die weste en in die see is.

Die 18de vers van dieselfde hoofstuk sê: “In dié dae sal die huis van Juda gaan na die huis van Israel, en hulle sal saam uit die Noordland kom in die land wat Ek aan julle voorvaders as erfenis gegee het.” By die toekomstige exodus, met Christus se wederkoms, sal hulle na Palestina terugkeer vanuit die noorde!

Nadat gesê word: “Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim?” Spreek die Here deur Hoséa en sê: ën die kinders sal met siddering van die seekant [weste – “King James Version”] aankom” (Hoséa 11:8, 10).

Weereens: “Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde” (Jeremia 30:24; 31:1) en word aan “Israel” gerig (verse 2, 4 en 9), aan “Efraim” (verse 6,9) en “Samaria” (vers 5). Hier word nog ‘n leidraad bygevoeg—“die agterhoeke van die aarde” (vers 8)—‘n bewys dat hulle op see oorheers en wat aandui dat hulle deur middle van kolonisasie oorsee, wyd versprei het.

Met verwysing na Israel, nie Juda nie (Jesaja 49:3,6), sê God: “Kyk, hulle hiér kom van ver, en kyk, hulle dáár kom van die noorde en van die weste, en hulle dáár kom uit die land van die Siniete” (Jesaja 49:12). In die Hebreeus, die taal waarin hierdie gedeelte oorspronklik geïnspireer was, is daar geen woord vir “noordwes” nie, maar die term is vasgestel deur die sinsnede “die noorde en van die weste.” Dit beteken letterlik, die noordweste! Die Vulgaat verklaar “Siniete” as “Australi” of “Australië.” So nou het ons die ligging noordwes van Jerusalem en versprei dit selfs rondom die wêreld.

Vandaar, is Israel van vandag—die Israel waar Jeremia die troon van Dawid geplant het—spesifiek noordwes van Jerusalem en in die see geleë! Laat ons hierdie land meer spesifiek aanwys!

Die 49ste hoofstuk van Jesaja begin as volg: “Hoor my eilande.” Die mense wat aangespreek word, Israel, word “eilande” in die eerste vers en “Israel” in die derde vers genoem. Hierdie term “eilande”of “eiland” word soms as “kuslande” vertaal. Die 31ste hoofstuk van Jeremia, wat Israel in die noordland plaas, sê: “Ek is vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene. Hoor die woord van die Here, o nasies [Efraim, Manasse] en verkondig in die kuslande wat ver is …” (Jeremia 31:9-10).

Weer “Luister in stilte na My, o eilande … jy, Israel, My kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het” (Jesaja 41:1, 8).

In Jeremia 31:10 moet die boodskap ” in die kuslande wat ver is” verkondig word en moet dit in “die hoof van die nasies” (vers 7) uitbasuin word. So, ten slotte, vandag, soos in Jeremia se dag, is die huis van Israel in die eilande, wat “in die see” is, die hoof van die nasies noordwes van Jerusalem. ‘n Volk wat aan die kus woon en daarom ‘n volk wat die see oorheers. Daar kan verseker geen twyfel oor daardie identiteit bestaan nie!

Neem die kaart van Europa. Trek ‘n lyn noordwes vanaf Jerusalem oor die Europese vasteland, totdat u by die see uitkom en dan tot by die eilande in die see!

Hierdie lyn neem u reguit na die Britse eilande toe!

Van al die bewyse dat ons blanke, Engelssprekende mense van vandag—Brittanje en Amerika—werklik en in der waarheid die geboortereg stamme van Efraim en Manasse en van die “verlore” huis van Israel is, is daar so baie, dat ons slegs vir ‘n klein gedeelte daarvan ruimte in hierdie boek sal hê.

Brittanje se Hebreeuse Name

‘n Baie interessante feit is die Hebreeuse betekenis van die name van die Britse volk. Die huis van Israel is die verbondsvolk. Die Hebreeuse woord vir “verbond” is beriyth, of berith. Na Gideon se dood, het Israel die vals heidense god, Baäl, gevolg. In Rigters 8:3 en 9:4, word die woord “verbond” as ‘n eienaam gebruik en aan die naam “Baäl” gekoppel. In die Engelse teks van die “Authorized Version” word dit sonder vertaling as “Baalberith” aangehaal en Baäl-Berít in die 1953 Afrikaanse Vertaling, wat “afgod van die verbond” beteken.

Die Hebreeus vir “man” is iysh of ish. In die Engels, beteken die agtervoegsel “-ish” “van of behoort aan (‘n spesifieke nasie of persoon)”. In die oorspronklike Hebreeuse taal is klinkers nooit in spelling gebruik nie. Dus, wanneer die klinker “e” van berith weggelaat word, maar die “i” in sy anglistiese vorm te behou ten einde die “y” klank te bewaar, kry ons die anglisistiese Hebreeuse woord vir verbond, nl. brith.

Die Hebreërs het egter nooit hulle “h’s” uitgespreek nie. Selfs vandag, wanneer die naam “Shem” uitgespreek word, sal baie Jode dit “Sem” noem. Hierdie antieke Hebreeuse eienskap is terloops ook ‘n moderne Britse eienskap. So sal die Hebreeuse word vir “verbond” in sy anglisistiese vorm as brit, uitgespreek word.

En die woord vir “verbondsman” of “verbondsvolk,” sal dus eenvoudig “brit-ish” wees. So, is dit dus bloot toevallig dat die ware verbondsvolk vandag die “Britte” [“British” in Engels] genoem word? En hulle woon in die “Britse Eilande”!

Die huis van Israel sou nie net sy identiteit verloor nie, maar ook sy naam. Dit sou ‘n nuwe naam genoem word, aangesien hulle nie meer hul identiteit as Israel sou ken nie, soos God met verwysing na die tyd van die einde en die millenium, eenvoudig in Jesaja 62:2 gesê het.

God het aan Abraham gesê, “deur Isak sal daar vir jou ‘n nageslag genoem word,” en word hierdie naam in Romeine 9:7 en Hebreërs 11:18 herhaal. In Amos 7:16 word die Israeliete “die huis van Isak” genoem. Hulle het van Isak afgestam en is daarom die seuns van Isak. In Engels word Isak, “Isaac” gespel, wanneer ons die “I” van “Isaac” weglaat (klinkers word nie in die Hebreeuse spelling gebruik nie), het ons die moderne naam “Saac’s sons,” of “Saxons”, soos ons dit op die verkorte wyse in Engels spel!

Dr. W. Holt Yates sê, “Die woord ‘Saxons’ word van die “seuns van Isak” afgelei, deur die voorvoegsel “I” weg te laat.”

Baie verwar die Anglo-Saxons met die Duitsers of die Ou Saxons wat steeds in Duitsland woon. Die Duitse Saxons ontleen hul naam van die Ou Hoog Duitse woord, Sahs, wat “swaard” of “mes” beteken. Hierdie swaard-draende Duitsers is ‘n heeltemal verskillende volk as dié Anglo-Saxons wat na Brittanje migreer het.

Dan—‘n Slang se Spoor

Omdat die Here dit so bestem het dat die ligging van “verlore” Israel in hierdie laaste dae bepaal en gevind sou word, moet ons verwag dat sekere tekens en rigtingaanwysers langs die weg gelaat sou word waarlangs Ou Testamentiese Israel vanuit Assirië, die land van hul oorspronklike ballingskap,” gereis het.

Terwyl met Efraim gepraat word (vers 20), sê die Here in Jeremia 31:21: “Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het.” In die Skrif vind ons die “mylpale” of padwysers wat hulle langs die pad waarop hulle gereis het, opgerig het.

In Génesis 49:17 sê Jakob, terwyl hy voorspel wat met elkeen van die stamme sou gebeur: “Laat Dan ‘n slang wees op die weg.” ‘n Ander vertaling van die Hebreeus is: “Dan, sal ‘n slang se spoor wees.” Dit is ‘n betekenisvolle feit dat die stam van Dan, een van die Tien Stamme, elke plek waarheen hulle gegaan het, na hulle vader, Dan, vernoem het.

Die stam van Dan het oorspronklik ‘n strook kusland aan die Meditireense kus, wes van Jerusalem bewoon. “Maar die kinders van Dan,” lees ons in Josua 19:47, “het hulle grondgebied kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen Lesem geveg en dit ingeneem … en hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader, Dan.”

In Rigters 18:11-12, is opgeskryf dat die Daniete Kirjat-Jeárim ingeneem het en “die plek Dan-se-Laer tot vandag toe” genoem het. ‘n Rukkie later het dieselfde groep van 600 gewapende Daniete tot by Lais gekom, dit ingeneem en die stad Dan, na hulle vader, vernoem (vers 29). Let nou op hoe hierdie Daniete, hul “slang spoor” langs die weg gelaat het—mylpale opgerig het waarvolgens hulle weg vandag opgespoor kan word.

Onthou dat in die Hebreeus klinkers nie geskryf word nie. Die klank van die klinkers moes in die uitspraak voorsien word. Dus sal die woord “Dan” in die Engelse ekwivalent eenvoudig “Dn” gespel word. Dit mag uitgespreek word as “Dan,” “Den,” “Din,” “Don,” of “Dun,”—en kan steeds die oorpronklike Hebreeuse naam wees.

Die stam van Dan het twee verskillende distrikte of provinsies in die Heilige Land, voor die Assiriese ballingskap, bewoon. Een nedersetting het aan die kusgebied van Palestina gewoon. Hulle was hoofsaaklik seemanne en dit is opgeskryf dat Dan skeepsbewoners was (Rigters 5:17).

Toe Assirië Israel gevange geneem het, het hierdie Daniete met hul skepe weswaarts deur die Meditireense see en noordwaarts na Ierland gevaar. Net voor sy dood, het Moses oor Dan geprofeteer: “Dan is ‘n jong leeu wat uit Basan uitspring” (Deuteronómium 33:22). Hulle het hul spoor langs die Meditireense kus in “Den”, “Don” en “Din” gelaat.

Ierse kronieke en geskiedenis dui aan dat die nuwe nedersetters van Ierland, juis gedurende hierdie tyd, die “Tuatha de Danaans” was, wat vertaal, “Stam van Dan” beteken. Soms verskyn dieselfde naam slegs as “Tuathe De” wat, “die mense van God” beteken. En in Ierland vind ons dat hulle hierdie mylpale gelaat het: Dans-Laugh, Dan-Sower, Dun-dalk, Dun-drum, Don-eagle Baai, Don-egal Stad, Dun-gloe, Din-gle, Dunsmor (wat “meer Dane,” beteken). Meerendeels, in die Ierse taal beteken die naam Dunn dieselfde as Dan in die Hebreeus: Regter.

Maar die noordelike nedersetting van die Daniete is na Assirië in ballingskap weggevoer en het hulle gevolglik saam met die res van die Tien Stamme, van Assirië oor land gereis.

Nadat hulle gevangeskap in Assirië verlaat het, het hulle die land net wes van die Swart See vir ‘n geruime tyd bewoon. Daar vind ons die Dnieper-, Dniester- en Donriviere.

En, òf in antieke tyd òf in latere aardrykskunde, vind ons hierdie mylpale: Dan-au, die Dan-inn, die Dan-aster, die Dan-dari, die Dan-ez, die Don, die Dan en die U-don; die Eri-don, tot die Dene. Denemarke [“Denmark” in Engels] beteken “Dan se merk.”

Toe hulle na die Britse Eilande gekom het, het hulle die “mylpaal” name van Dun-dee, Dun-raven opgerig; in Skotland is die “Dans,” “Dons,” en “Duns” so volop soos in Ierland. En so plaas die “slang se spoor” van Dan mylpale daar wat reguit na die Britse Eilande lei!

Antieke Annale van Ierland

Laat ona nou kortliks oorweeg wat in die antieke annale, legendes en geskiedenis van Ierland gevind word en dan sal ons die toneel van Jeremia se “planting” en die huidige ligging van die “verlore” Israel hê.

Die ware, antieke geskiedenis van Ierland is omvangryk, alhoewel dit kleurvolle legende bevat. Maar met die feite van Bybelse geskiedenis en profesie in gedagte, kan mens maklik die legende van die ware geskiedenis uitsif, wanneer die antieke Ierse annale bestudeer word. Deur dit wat klaarblyklik legende is, weg te laat, kan ons van die verskeidenheid geskiedenis van Ierland, die volgende aflei: Lank voor 700 v.C., het ‘n sterk kolonie genaamd “Tuatha de Danaan” (stam van Dan) in skepe aangekom, ander stamme verdryf en hulle daar gevestig. Later, in die dae van Dawid, het ‘n kolonie wat van Serag afstam, vanuit die Nabye Ooste, in Ierland aangekom.

Toe, in 569 v.C. (die datum van Jeremia se planting), het ‘n bejaarde, gryskop aartsvader, waarna soms as ‘n “heilige” verwys word, na Ierland gekom. Saam met hom was die prinses dogter van ‘n koning uit die Ooste en ‘n metgesel, genaamd “Simon Brach,” wat in verskillende geskiedenisse as Breck, Berech, Brach of Berach, gespel word. Die prinses het ‘n Hebreeuse naam gehad, Tephi—‘n troetelnaam—haar volle naam was Tea-Tephi.

Moderne literatuur van diegene wat ons nasionale identiteit herken, het hierdie Tea-Tephi, ‘n dogter van Sedekía, met die vroeëere Tea verwar, dogter van Ith, wat in die dae van Dawid geleef het.

Hierdie koninklike geselskap het die seun van die koning van Ierland ingesluit, wat in Jerusalem was ten tye van die beleg. Daar het hy met Tea-Tephi kennis gemaak. Hy het kort na 585 met haar getrou—toe die stad geval het. Hul jong seun, wat teen daardie tyd ongeveer 12 jaar ou was, het hulle na Ierland vergesel. Bo en behalwe die koninklike familie, het Jeremia ‘n paar merkwaardige dinge saamgebring, wat ‘n harp, ‘n ark en ‘n wonderlike steen wat “lia-ail” of “die steen van beskikking,” ingesluit het. ‘n Eienaardige toevalligheid (?) is dat die Hebreeus van regs na links lees, terwyl die Engels van links na regs lees. Lees hierdie naam enige kant toe—en dit is steeds “lia-fail.”

Nóg ‘n eienaardige toeval—of is dit slegs toeval?—is dat baie konings in die geskiedenis van Ierland, Skotland en Engeland gekroon is terwyl hulle bo-op daardie steen gesit het—die huidige koningin inkluis. Die steen rus vandag in Westminster Abbey in Londen en is die kroningstoel rondom en oor dit gebou. ‘n Teken langs dit, bestempel dit as “Jakob se gedenksteen” (Génesis 28:18).

Die koninklike eggenoot van die Hebreeuse prinses Tea is die titel Herremon gegee toe hy die troon van sy vader bestyg het. Hierdie Herremon is gewoonlik met ‘n veel vroeëre Gede van Herremon, van Dawid se tyd, verwar—wat met sy oom Ith se dogter Tea getrou het.

Die seun van hierdie latere Herremon en die Hebreeuse prinses, het regeer op die troon van Ierland en hierdie selfde dinastie het ononderbroke voortgegaan deur al die konings van Ierland, was omgekeer en weer in Skotland oorgeplant; weer omgekeer en na Londen, Engeland geneem, waar dieselfde dinastie vandag onder die heerskappy van Koningin Elizabeth II voortduur.

Nog ‘n interessante feit is dat die kroon wat deur die koninklike lyn van Herremon en die ander heersers van antieke Ierland gedra was, twaalf punte het!

Koningin Elizabeth op Dawid se Troon

In die lig van die gesamentlike skakeling van Bybelgeskiedenis, profesie en die Ierse geskiedenis, kan enigeen ontken dat hierdie Hebreeuse prinses, die dogter van Koning Sedekía van Juda was en as gevolg daarvan erfgenaam tot die troon van Dawid? Dat die bejaarde aardsvader in werklikheid Jeremia was en Jeremia se metgesel, sy skrywer of sekretaris, Barug was? Dat Koning Herremon ‘n afstammelling van Serag was en hier getroud is met die dogter van Peres, wat die antieke breuk herstel het? Dat, toe die troon van Dawid die eerste keer deur Jeremia omgekeer was, dit in Ierland herplant is, later vir ‘n tweede keer omgekeer en in Skotland geplant is, toe vir ‘n derde keer omgekeer en in Londen geplant was? Wanneer Christus na die aarde terugkeer, sal Hy ‘n lewende, bestaande troon oorneem en nie ‘n troon wat nie bestaan nie (Lukas 1:32).

En die Britse Gemenebes van Nasies is die enigste groep van nasies in die hele geskiedenis van die aarde. Kan ons die spesifikasies van die geboortereg so presies vervul en nié die geboortereg volk wees nie?

Die Verenigde State het vinnig in nasionale hulpbronne en rykdom ná 1800 uitgebrei, maar het wêreldoorheersing onder die nasies later as die Britse Gemenebes bereik. Teen die einde van die Eerste Wêreldoorlog het dit ‘n reuse wêreldmag geword.

Die Verenigde State ís Manasse

In die lig van die profetiese seëninge wat die sterwende Jakob oorgedra het, is dit duidelik dat Efraim en Manasse tot ‘n groot mate die geboortereg gesamentlik sou erf, om vir ‘n lang tydperk saam te wees en uiteindelik finaal te skei.

In Génesis 48 het Jakob die geboortereg eers op die twee seuns van Josef gesamentlik oorgedra, deur beide gelyk te noem. Toe, uiteindelik, het hy van hulle afsonderlik gepraat—Manasse sou die enkele groot nasie word; en Efraim, die gemenebes (groep) van nasies.

In sy profesie vir hierdie laaste dae, het Jakob gesê: “Josef is ‘n jong vrugteboom, ‘n jong vrugteboom by ‘n fontein; sy takke klim oor die muur” (Génesis 49:22). Met ander woorde, Josef—Efraim en Manasse gesamentlik en bymekaar—sou ‘n koloniserende volk in die laaste dae wees, hulle kolonies sou vanuit die Britse Eilande reg rondom die aarde vertak.

Efraim en Manasse het gesamentlik tot ‘n menigte gegroei en het toe volgens Jakob se profetiese seëning in Génesis 48, geskei. Ons mense het hierdie profesie vervul.

Maar hoe kan ons Manasse wees wanneer ‘n groot gedeelte van ons mense vanuit verskeie nasies buiten Engeland gekom het? Die antwoord is dit: ‘n Groot gedeelte van Manasse het by Efraim gebly tot die skeiding van Nieu-England. Maar ons voorvaders sou deur baie nasies gesif word, soos koring deur ‘n sif, tog sou nie een korrel op die aarde val en verlore raak nie (Amos 9:9). Ons mense het deur baie nasies gefiltreer. Efraim en baie van Manasse het uiteindelik saam na Engeland geïmmigreer, maar baie ander van Manasse, wie in en deur ander nasies gefiltreer het, het nie daardie nasies verlaat totdat hulle as immigrante na die Verenigde State gekom het, nadat die Nieu-England kolonie ‘n afsonderlike nasie geword het. Dit beteken nie dat alle buitelanders wat na hierdie land geïmmigreer het van die afkoms van Manasse is nie, maar ongetwyfeld is baie, wel. Nietemin, Israel het altyd Heidene ingeneem wat Israeliete geword het deur in Israel se land te woon en in te trou.

Daarom het ons as die “smeltpot” van die wêreld bekend geword. In plaas daarvan om ons Manasse geskiedenis verkeerd bewys, bevestig hierdie feit dit in werklikheid. Die bewyse dat ons Manasse is, is oorweldigend. Manasse sou van Efraim skei en die grootste, rykste, enkele nasie in die geskiedenis van die aarde word. Slegs ons het hierdie profesie vervul. In werklikheid was Manasse ‘n dertiende stam. Daar was twaalf oorspronklike stamme. Josef was een van hierdie stamme. Maar toe Josef in twee stamme verdeel en Manasse in ‘n afsonderlike volk verdeel, het dit ‘n dertiende stam geword.

Kan dit bloot toevallig wees dat dit as ‘n nasie, met dertien kolonies begin het?

Maar wat van die ander stamme van die sogenaamde “Verlore Tien Stamme”? Alhoewel die geboortereg Josef s’n was en sy seëninge na die Britse Gemenebes van Nasies en die Verenigde State van Amerika gekom het, is die ander agt stamme van Israel ook nog God se uitverkore volk. Hulle is ook met ‘n goeie maat materiële welvaart geseën—maar nie met die oorheersing van die geboortereg nie.

Ons ontbreek in spasie vir ‘n volledige verduideliking van die spesifieke identiteit van al hierdie ander stamme in die nasies van ons twintigste eeu. Dit is voldoende om te sê dat daar genoeg bewyse is dat hierdie agt stamme na die noordwestelike Europese nasies soos Holland, België, Denemarke, die noorde van Frankryk, Luxemburg, Switserland, Swede en Noorweë afgestam het. Die mense van Ysland is ook van Vikinger afkoms. Die politieke grense van Europa, soos dit vandag bestaan, wys nie noodwendig die lyne waarvolgens die afstammelinge van hierdie oorspronklike stamme van Israel verdeel het nie.

Chapter 10: Geboortereg 2520 Jaar Weerhou!

Die mees merkwaardige vervulling van Bybelse profesie in moderne tye is die skielike voortspruiting van die twee grootste wêreldmagte—een, ‘n gemenebes van nasies, die grootste wêreldryk van alle tye; die ander, vandag die mees welvarendste, magtigste nasie op aarde. Hierdie geboortereg nasies het op ‘n ongelooflike en onverwagse wyse, in besit van meer as twee-derdes—amper ‘n driekwart—van die ontginbare rykdom en hulpbronne van die hele wêreld gekom! Hierdie opspraakwekkende opgang vanaf feitlike onbekendheid, in so ‘n kort bestek van tyd, gee onbetwisbare bewys van goddelike inspirasie. Nooit vantevore in die geskiedenis het soiets gebeur nie.

Maar waarom het hierdie ongeëwenaarde nasionale rykdom en mag eers 1800 n.C. ons geboortereg erfgename te beurt geval? Waarom het hierdie nasionale dominansie nie na die stamme van Efraim en Manasse reeds duisende jare gelede—in die dae van Moses, of Josua, of Dawid, of Elía gekom nie?

‘n “Nasie” en ‘n “Gemenebes van Nasies”

Onthou nou dat die geboortereg belofte aan die twee stamme van Efraim en Manasse gegee was—nie aan die ander stamme of hul nageslagte nie. Hierdie twee geboortereg stamme was deel van die noordelike koninkryk van Israel.

Neem weereens kennis van die oorspronklike belofte: “‘n Nasie, [en] ‘n menigte van nasies, sal van jou afstam” (Génesis 35:11).

In die oordra van die geboortereg belofte het die sterwende Jakob (Israel) van Efraim en Manasse, Josef se seuns, gesê: “mag deur hulle my naam genoem word” (Génesis 48:16). Gevolglik is dit hulle—die nageslagte van Efraim (die Britte) en Mannasse (die Amerikaners)—nie die Jode nie, waarna daar in die profesieë verwys word wanneer die name van Jakob of Israel gebruik word. Vervolgens het Jakob bygevoeg, “en mag hulle vermeerder in die land in menigte.”

En, terwyl hy profeties slegs van Manasse en sy nageslag gepraat het, het Jakob gesê: “Hy sal ook ‘n volk [nasie] word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jonger broer [Efraim] groter wees as hy, en sy nageslag sal ‘n menigte [‘n groep of gemenebes] van nasies word” (Génesis 48:19).

In 1800 n.C. was die Britse Koninkryk en die Verenigde State klein en onbeduidend tussen die nasies van die wêreld gewees. Die Britse Koninkryk het slegs uit die Britse Eilande, ‘n baie klein gedeelte van Indië, van Kanada en ‘n paar klein eilande bestaan. Die Verenigde State het slegs uit die oorspronklike 13 kolonies en drie ander state bestaan. Geeneen het oor enige groot rykdom of mag beskik nie.

Maar aan die begin van 1800 het hierdie twee nasies begin om in groot nasionale rykdom en mag, soos geen ander volk nog ooit oor beskik het nie, voort te spruit en te groei. Brittanje se keiserryk het spoedig rondom die wêreld gestrek, totdat die son nooit oor haar besittings onder gegaan het nie. Kanada, Australië en Suid-Afrika is onafhanklike status verleen—is vry en onafhanklike nasies gemaak, wat hulself onafhanklik van Engeland regeer het—‘n groep, of gemenebes van nasies wat saamgevoeg is, nie deur ‘n wetgewende regering nie, maar alleen deur die troon van Dawid!

Maar waarom is daardie ontsaglike geboortereg, wat onvoorwaardelik aan Abraham en weer aan Isak en Jakob belowe was, vir duisende jare—tot na 1800 n.C., nooit verleen nie? Die antwoord hierop is verbasend—opwindend!

Ten einde hierdie wonderbaarlike opgang tot wêreldoorheersing te verstaan, is dit noodsaaklik om die 26ste hoofstuk van Levitikus te ondersoek, die spilpunt waarom alle profesieë in die Ou Testament draai.

Profesie vir Nou

Hierdie merkwaardige profesie verwys na ons tyd, alhoewel dit ook as waarskuwing aan die Israeliete in Moses se tyd gegee was. Min mense besef dat die profesieë van die Ou Testament hoofsaaklik na hierdie twintigste eeu verwys—en, in baie gevalle, glad nie na die Ou Testamentiese tye nie.

Die meeste leraars en kerkleiers van vandag was onderrig in die teologiese seminare van hul eie kerkverband. Hulle was bykans almal vanuit sekulêre handboeke onderrig, nie vanuit die Bybel nie. Baie van hierdie mense sal sê: “Ons is ‘n Nuwe Testamentiese kerk” en gaan dan van die veronderstelling uit dat die profesieë van die Ou Testament slegs na die tye van die Ou Testament verwys en geen betekenis vir ons, vandag, inhou nie. Dit is ‘n fout en ‘n dwaling! Baie profesieë van die Ou Testament was nooit geskryf vir, of gelees deur, of voorgelees aan die Israeliete van daardie tyd nie. Die Nuwe Testamentiese Kerk van God is werklikwaar gebou op die grondslag van die Ou Testamentiese profete en die apostels (Efésiërs 2:20).

Daniël het geskryf nadat beide Israel en Juda in slawerny vanaf Palestina verwyder is. Daar was geen manier waarop hy sy profesieë aan sy mede-landsgenote in slawerny kon oordra nie—en in elk geval was die betekenis daarvan verborge en verseël tot die tyd waarin ons nou leef (Daniël 12:8-9).

Eségiël was ‘n profeet en alhoewel hy saam met hulle in ballingskap was, was hy nie ‘n profeet vir die Jode, van die huis van Juda, nie. Maar sy profesieë moes aan die huis van Israel oorgedra word—wat reeds ongeveer 300 jaar vantevore uitgedryf was en in die tyd van Eségiël, buite sig verdwyn het. Sy profesieë moes aan die huis van Israel, van vandag—in hierdie twintigste eeu—deur God se leraars, wat nou hul identiteit ken, oorgedra word!

En hierdie profesie in Levítikus 26, alhoewel deur Moses geskryf voordat die Israeliete die beloofde land binne gegaan het, is ‘n profesie met ‘n tweeledige vervulling. Dit was ‘n waarskuwing vir diegene in Moses se tyd, maar die uiteindelike vervulling daarvan, soos ons sal sien, het plaasgevind en is besig om plaas te vind—in ons tyd. En, deur die tweeledige vervulling, soos tipies van so baie profesieë, is dit ook ‘n waarskuwing aan die Amerikaanse en Britse mense oor gebeure in die nabye toekoms! Levítikus 26 is die grondslag profesie van die Ou Testament. Dit bevat ‘n baie belangrike, lewende, ontsaglike boodskap en waarskuwing vir ons mense vandag!

Die Spilpunt-profesie

In hierdie sentrale profesie, het God die geboortereg belofte weer bevestig—maar met voorwaardes—vir diegene van Moses se tyd! Die geboortereg stamme van Efraim wn Manasse was toe saam met die ander stamme—as een nasie. Gehoorsaamheid aan God se wette sou nie slegs groot nasionale rykdom en seëninge volgens die geboortereg aan Efraim en Manasse bring nie, maar die hele volk sou outomaties, gedurende dié tyd, daaraan deel hê.

Neem kennis dat daar op twee van die Tien Gebooie klem geplaas word. Hierdie was die hoof toetsgebooie! Dié twee was die toets vir gehoorsaamheid en van geloof in en lojaliteit aan God. God het gesê: “Julle mag vir julle geen afgode maak nie; … om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die Here julle God. My sabbatte moet julle hou …” (verse 1-2).

Daar was ‘n voorwaarde—‘n groot “as”—om die werklike vervulling van hierdie ontsaglike geboortereg beloftes in hulle tyd te ontvang! God het gesê: “As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen sal Ek julle reëns gee op die regte tyd en die land sal sy opbrengs gee …” (verse 3-4). Alle rykdom kom vanuit die grond. Hulle sou rekordoeste regdeur die jaar geniet, die een oes na die ander. Vers 6: “Ook sal Ek vrede gee in die land … sonder dat iemand julle sal skrikmaak … geen swaard [van oorlog] sal deur julle land trek nie.” Wat ‘n seën! Watter nasie geniet voortdurende vrede, sonder die vrees om binnegeval te word?

In hierdie wêreld het elke nasie natuurlik hul vyande. Wat sou gebeur indien vyandige nasies hulle sou aanval? Verse 7-8: “En julle sal julle vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard. Vyf van julle sal honderd agtervolg, en ‘n honderd van jullesal tienduisend agtervolg …”

Aangesien baie van die nasies in hierdie wêreld nog altyd aggressors was, sou Israel wel aangeval word. ‘n Nasie wat op militêre gebied die oorhand sou hê om alle aanvallers te verslaan, sou vinnig die oorheersende, mees magtigste nasie op aarde word—veral met hulpbronne en groot rykdom vanuit die grond. Vers 9: “En Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.”

Die Groot “As”

Maar hier kom nou die alternatief—AS die voorwaardes nie nagekom word nie: “Maar as julle nie na My luister nie en al hierdie gebooie nie doen nie … sal Ek dit ook aan julle doen; Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet. En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor julle vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers …” (verse 14-17). Hulle sou binnegeval, verower en weereens as slawe geneem word—soos hulle in Egipte was voordat God hulle bevry het.

Wat Het Toe Gebeur?

Bykans vanaf die eerste aand wat die Israeliete Egipte verlaat het, het hulle gekla, gemurmureer en in God getwyfel. By die Skelfsee het God hulle wonderbaarlik van die agtervolging van die Egiptiese leërmagte gered. God het manna en kwartels vanuit die hemel vir hulle gestuur om hulle te voed. God het drinkwater uit ‘n groot rots vir hulle laat stroom. Maar immer het hulle gekla en ‘n opstandige gesindheid gehad.

Die kinders van Israel, onder leiding van Moses, het in die woestyn tot aan die voet van die berg, Sinaï, gekom. Daar het God vir Moses in die berg op geroep en daar met hom gepraat. Hier het God aan Israel die geleentheid gebied om Sy volk te word—onder Sy heerskappy en indien hulle aan Hom gehoorsaam en lojaal sou wees, sou hulle die fantastiese nasionale geboortereg van wêreld heerskappy ontvang.

Die Here het gesê: “As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne” (Exodus 19:5). Let op, God het hulle nie gedwing om Sy volk—Sy “eiendom” uit al die ongelowige Heidense koninkryke te word nie. Dit was hulle keuse!

Die Begin van ‘n Nasie

Moses het na die kamp teruggekeer. Hy het God se voorgestelde ooreenkoms (verbond) aan die groot menigte, moontlik twee tot drie miljoen mense, voorgelê. “Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen” (vers 8).

Vir twee dae lank was die mense spesiaal voorberei vir ‘n ontsaglike gebeurtenis. Hulle sou God se eie stem vanuit die berg hoor. Op die derde dag, te midde van ‘n fantastiese en onsaglike bo-natuurlike skouspel van donderslae, blitse en ‘n swaar wolk op die berg, het God se almagtige stem—buitengewoon hard—die basiese wet van Sy regering in hul ore uitgebasuin—die groot geestelike wet wat God se lewenswyse in beginsel definiëer—die weg waardeur die euwels, wat hierdie wêreld gevange hou, vermy kan word—die weg wat vrede, blydskap en voorspoed sou bring.

Daardie groot samekoms het waarlik die stem van die Here God gehoor, terwyl Hy die Tien Gebooie aan hulle oorgedra het! Die mense was angsbevange! Hulle het gebewe! Dit was ‘n onstaglike gebeurtenis wat nog nooit vantevore gebeur het nie—en nog nooit weer daarna nie!

God het toe, deur Moses, Sy voorstel om hulle as God se volk op te rig, in meer besonderhede geskets. Weereens het die volk met ‘n eenparige stem geantwoord, “Al die woorde wat die Here gespreek het, sal ons doen” (Exodus 24:3). Moses het al die bepalings van hierdie verbond—die ooreenkoms wat hierdie voormalige slawe God se volk gemaak het—die ooreenkoms wat ook ‘n huweliksverbond was, met die Here as die eggenoot en wat die vrou (Israel) daartoe verbind het om haar eggenoot te gehoorsaam, neergeskryf.

Moses het die bepalings en voorwaardes—die “boek van die verbond”—aan al die mense voorgelees. Weer het die eenparige besluit van hulle kant gekom: “Alles wat die Here gespreek hetm sal ons doen en daarna luister” (Exodus 24:7).

Ou Verbond is ‘n Huwelik

Die verbond tussen God en hierdie mense—wat die “ou verbond” genoem was—is toe amptelik bekragtig en deur bloed in werking gestel (Exodus 24:5-8).

Hierdie “ou verbond” is deur Moses bemiddel. Dit het ‘n sterflike, menslike volk met die Here in die huwelik verbind. Hulle het Sy volk geword. Hulle het beloof om lojale gehoorsame burgers te wees. Hierdie “ou verbond” was gegrond op die geboortereg belofte wat God aan Abraham gemaak het. Maar sterflike mense, gevul met die ydelheid, afguns, wellus en gierigheid van die menslike natuur, bly selde getrou. Daarom gaan die lewende Christus binnekort weer kom om die Middelaar van ‘n nuwe verbond, gegrond op beter beloftes, te wees (Hebreërs 8:6-10 en 9:15). Maar die nuwe verbond, sal nie met sterflike mense, wat nie hul beloftes hou, gesluit word nie. God het mense voorberei—en is steeds nou besig om mense voor te berei—om onsterflik gemaak te word. Hierdie onsterflikes gaan met Christus in die huwelik tree. En Hy het gesterf, opgestaan en God se Heilige Gees gestuur om hierdie Nuwe Testamentiese “vrou” “te heilig, nadat Hy dit gereinig het” (Efésiërs 5:26-27).

Die nuwe verbond sal met mense gesluit word wat alreeds beproef is deur hulle Christelike lewe van gehoorsaamheid, geloof, van groei in geestelike karakter en kennis, asook dié van oorwinning—‘n volk wat dan onsterflik, heilig en perfek gemaak sal word.

Die nuwe verbond word op die septer belofte wat aan Abraham gemaak was, gegrond—deur die komende Koning van konings, Jesus Christus, van die koninklike nageslag van Dawid.

Hulle Draai Na Afgodery

Maar let op hoe hierdie sterflike Israeliete gevaar het.

Nadat die verbond tussen God en die Israeliete bekragtig was, het God vir Moses na die berg opgeroep. Moses was vir veertig dae daar gehou, waartydens hy gedetailleerde instruksies aangaande die gemeente (kerk) en die volk ontvang het—in die geval van die Israeliete, was die kerk en staat verenig.

‘n Paar dae nadat Moses vertrek het, het die mense vir Aäron gesê: “Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.” Hulle het hulle goue oorringe en sierade geneem en Aäron het toe daarvan vir hulle ‘n goue kalf as afgod gemaak (Exodus 32:1-4).

Moses het van die berg afgekom en die twee kliptafels gedra waarop die Here die Tien Gebooie met Sy eie vinger gegraveer het. Toe hy hierdie goue afgod sien en dat die mense dit te midde van dansery en jolyt aanbid, het hy sy humeur verloor en in sy woede die kliptafels neergegooi en dit gebruik.

Natuurlik het hulle eenvoudig aangevoer, net soos sekere baie groot godsdienstige liggame van vandag wat hulself as Christene beskou, dat hierdie kalf God verteenwoordig—dat dit hulle veronderstelling was van hoe God lyk.

Nadat hierdie gegote kalf gemaak is, het Aäron ‘n fees “tot eer van die Here” uitgeroep (Exodus 32:5), waartydens hulle voor die afgod aanbid het. Gaan in ‘n Anglikaanse of Rooms Katolieke kerk in vandag en vra vir die priester of beampte of die beelde van “Christus” en “Maria” afgode is—of hulle afgode aanbid aldan nie. Hulle sal verontwaardig antwoord, “Nee! Ons aanbid nie afgode nie. Ons aanbid nie die beelde nie. Ons voer nie aan dat die beelde werklik Christus of Maria is nie—dit verteenwoordig, of beeld net vir ons uit hoe Christus en Maria lyk!”

Wel, dit is presies hoe alle heidene nog altyd afgode aanbid het! Maar dit het God se toorn laat ontvlam (Exodus 32:7-10). God sal nie hierdie soort aanbidding aanvaar nie! Lees ook Deuteronómium 12:30-31.

Vir 40 Jaar Weerhou

In die tweede jaar nadat hulle Egipte verlaat het, het God die Israeliete na ‘n nuwe kamp in die woestyn, Paran, laat trek (Nùmeri 10:11-12). God het toe vir Moses beveel om twaalf manne—een leier of heerser van elke stam—te stuur om die beloofde land te verken en verslag te doen oor die land en inwoners daarvan (Nùmeri 13:1-2).

Hierdie manne was vir 40 dae weg. Met hul terugkoms, het almal van hulle, met die uitsondering van twee—Josua en Kaleb—dit wat hulle gesien het, verdraai en vals gerugte versprei. Toe Josua en Kaleb die waarheid praat, het die volk hulle probeer stenig. Hulle het die vals gerugte aanvaar, teenoor God in opstand gekom, getwyfel, gemurmureer en was ongehoorsaam.

Het u al ooit gewonder waarom hierdie Israeliete, gedurende hul reis na die beloofde land, vir 40 jaar in hierdie verlate, dor woestyn en bergagtige wildernis oppad was? Dit was nie omdat die reis daarheen 40 jaar geverg het nie. Hierdie manne wat gestuur was om daaroor verslag te doen, het daarheen gereis, dit van die een na die anderkant platgeloop en teruggekeer—soontoe en terug—binne 40 dae. Maar die volk het gekla en geweier om God te glo, Hom nie gehoorsaam nie en geweier om op te trek en dit in besit te neem; in plaas daarvan om te besluit om voort te marsjeer en hierdie groot prys wat God hul wou gee in besit te neem, het hulle dit verag, het die geloof hulle ontbreek om dit binne te gaan en dit in besit te neem, het hulle geweier om vorentoe te marsjeer.

Hierdie beloofde land is ‘n tipe van die glorieryke Koninkryk van God, wat die lewende Redder, Jesus Christus, vir ons aanbied. Maar vandag verag ons dit, ons, die nageslag van daardie Israeliete, verkies die “slawerny” van sonde, ons faal om die geloof te beoefen om voort te gaan en God se Koninkryk te besit. Ook ons, word opstandig, ongelowig en ongehoorsaam. En diegene wat dit verag sal nie daardie glorieryke Koninkryk met ewige lewe in vreugde en verwesenliking, binnegaan nie.

Aan hierdie opstandige volk het God gesê: “Julle lyke sal in die woestyn lê … júlle sal nie in die land kom … behalwe Kaleb … en Josua … En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal ‘n buit word—dié sal Ek inbring en dié sal die land leer ken wat julle verwerp het” (Nùmeri 14:29-31).

“En” het God voortgegaan, “julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn, veertig jaar lank, en sal so die gevolge van julle hoerery dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is” (vers 33).

En nou volg die dag-vir-’n-jaar beginsel: “Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank …” (vers 34). En hierdie straf was in werklikheid die weerhouding van die beloofde seëning vir ‘n tydperk van veertig jaar.

Weer Afgodery

Daardie geslag Israeliete was nie toegelaat om die beloofde land binne te gaan nie. Hulle het veertig jaar in die woestyn deurgebring. Hul kinders het die beloofde land onder Josua se leierskap binnegegaan.

Wat het toe gebeur?

Hulle het so besig geraak met die besitneming van hul beloofde land en om die vele kleiner koninkryke daaruit te dryf, dat hul tydens Josua se leeftyd en ‘n kort rukkie daarna, God gedien en voorspoed beleef het. Hulle het ‘n goeie begin gemaak om—in hulle leeftyd—die ontsaglike geboortereg seëninge te erf.

Maar nadat Josua te sterwe gekom het “[e]n toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar ‘n ander geslag ná hulle op wat die Here en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie. En die kionders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien en die Here, die God van hulle vaders … [se] toorn … het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon stand hou voor hulle vyande nie. Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van die Here teen hulle ten kwade, soos die Here gespreek het en soos die Here gesweer het. Maar … [het] hulle dan in groot benoudheid [ge]raak” (Rigters 2:10-15).

Dus, net soos God hulle in verse 14 to 17 van Levítikus 26 gewaarsku het, so het God verskrikking oor hulle gebring, het hulle tevergeefs hul saad gesaai, want hul vyande het dit geëet. God het hulle teëgestaan.

God se Woord staan vas! Wat ‘n jammerte dat nie individue of nasies in staat is om dit te glo nie!

Maar dit was nie die einde nie. God is ‘n barmhartige God wat vergewe. Hy het hulle herhaaldelik nog ‘n kans gegee. Volg die geskiedenis verder in die boek van Rigters: “[Dan] verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers. Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maar agter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg …” (Rigters 2:16-17).

Dit het herhaaldelik gebeur. Elke keer wanneer hulle onder die juk van ‘n ander nasie in verdrukking geplaas word, het hulle na God om verlossing uitgeroep. Maar hulle het egter ook elke keer wanneer God ‘n rigter gestuur het om hulle te bevry, van God weggedraai. Sodra dit met hulle begin goed gaan het, het hierdie volk hulle weer tot afgodery gewend.

Maar was hulle soveel anders as ons, hulle nageslag van vandag? Die meeste van ons soek God slegs wanneer ons in die moeilikheid is—slegs wanneer ons in eie belang voel dat ons Hom nodig het!

Alhoewel hierdie mense tot en met hierdie tyd gekla het, ‘n gebrek aan geloof gehad het en herhaaldelik teenstrydig met God se wil gehandel het, het hulle God nietemin steeds as hul enigste Heerser erken. Alhoewel hulle nie altyd op Hom vertrou het, gehoorsaam aan Hom en sy heerskappy was nie, het hul nietemin geen ander Heerser erken nie.

Hulle Verwerp God as Regeerder

Maar in Samuel se leeftyd het hulle God as hul nasionale Koning—as hul siviele Regeerder—verwerp. Soos al die ongelowige Heiden nasies, het hulle ‘n menslike koning geëis (1 Samuel 8:1-7). Dit het waarskynli8k na die einde van 1112 v.C plaasgevind.

Om God as hul Heerser te verwerp was die grootste sonde. Tot op daardie stadium het hulle Hom erken—het hulle geen ander as hul Koning beskou nie. Dit blyk die begin van hul jare van volkome sondigheid te wees, waarvoor God hulle gestraf het. Nietemin was hul steeds God se volk volgens die “ou verbond” van die Berg Sinaï. God het steeds met hulle gehandel. Soos ons sal sien het Hy hulle nie tot 721-718 v.C. “geskei” nie.

Hulle het swaargekry onder Saul. Onder Koning Dawid het dit voorspoedig met hulle begin gaan en in die tyd van Salomo het hulle ‘n aansienlike stand van welvaart bereik. Tog, het hulle nog nie ten volle tot die status van wêreldoorheersende mag ontwikkel, soos in die geboortereg beloof was, nie. Salomo se voorspoed het hom na afgodery laat draai. Weereens het hulle die voorwaarde om die geboortereg te ontvang, oortree.

Toe Salomo se seun, Rehábeam, koning geword het, het hy gedreig om die volk met selfs hoër belasting te belas. Die volk het daarop vir Rehábeam as koning verwerp en Jeróbeam, van die stam van Efraim, as koning gekroon.

‘n Verdeelde Volk

Dit het verdeeldheid veroorsaak! Juda het daarom afgestig ten einde die koninklike dinastie van Dawid te behou. Saam met Benjamin en die meeste van Levi, het hulle ‘n nuwe nasie—die koninkryk van Juda—gevorm! Hulle het nie meer die nasionale naam “Israel” gehad nie. Die mense van hierdie nuutgevormde koninkryk van Juda , is diegene wat as die Jode bekend geword het! Die mense van die koninkryk van Israel, wat die noordelike deel van Palestina, noord van Jerusalem, bewoon het, was nooit Jode genoem nie.

Die geboortereg en septer beloftes was nou in twee nasies verdeel. Onthou dat Efraim en Manasse die geboortereg gedeel het. Indien die geboortereg toe geërf sou word, sou die ander van die tien-stam nasie van Israel outomaties daarin gedeel het—aangesien hulle deel van dieselfde nasie was!

Maar onder leiding van Jeróbeam, het die tien-stam nasie Israel, die wette van God, veral die twee toetsgebooie, heeltemal oortree. Jeróbeam se eerste handeling was om afgode op te rig. En hy het God se fees tydens die herfseisoen van die sewende na die agste maand verander. Daar is voldoende bewyse dat hy ook God se Sabbatdag van die sewende na die “agste” dag (die eerste dag van die week) verander het. Dit sal in ‘n ander hoofstuk behandel word.

Selfs na al hierdie dinge, het God die nasie elke geleentheid gegee om vir die ontsaglike beloftes van die geboortereg te kwalifiseer. Tydens die heerskappy van negentien konings, in sewe verskillende dinasties, het God met hulle, deur sy profete, gepleit. Daar was egter geen ingesteldheid by hierdie opstandige nasie om hulle na God se weë te bekeer nie. Hulle was herhaaldelik gestraf. Maar hulle het geweier om die les te leer wat ondervinding hulle moes leer.

Die Sewe Profetiese Tye

Gaan nou voort in Levítikus 26: “En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig” (vers 18).

Dit is belangrik om hierdie vers te verstaan!

Hierdie uitdrukking “sewevoudig”is na Afrikaans vertaal vanaf ‘n Hebreeuse woord wat ‘n tweeledige betekenis het. Die oorspronklike woord in Hebreeus wat Moses gebruik het, was shibah. Dit word as “sewe tye” en ook “sewevoudig” gedefiniëer. Die “sewe tye” dui op die tydsduur of voortsetting van die straf. Maar die woord dra ook die betekenis van “sewevoudig,” of sewekeer hewiger straf—‘n straf wat sewe keer meer intens is. In hierdie verband, sal die betekenis dieselfde wees as in Daniël 3:19, waar Koning Nebukadnésar, in ‘n rasende woedebui, beveel het om die vuuroond, waarin Daniël se drie vriende gegooi sou word, sewe keer warmer gemaak moes word.

Verstaan nou die “sewe tye”—of sewe profetiese “tye”. Want dit is ‘n profesie. In profesie is “tyd” ‘n profetiese 360-dag jaar. En gedurende Israel se straf het elke dag ‘n volle jaar verteenwoordig.

Hierdie “dag-vir-’n-jaar” beginsel word in twee ander gedeeltes verduidelik waar die tydsduur van Israel se straf behandel word. Een van hierdie gedeeltes het ons reeds bespreek. God het die geslag Israeliete wat Moses uit Egipte uitgelei het gestraf, deur hulle vir veertig jaar toegang tot die beloofde land te weerhou. Daardie beloofde land was slegs ‘n gedeelte van die begin van die geboortereg. God het hulle op grond van die beginsel van ‘n jaar vir elke dag, gestraf—straf wat veertig jaar sou duur vir die 40 dae van oortreding.

Eségiël se “Dag vir ‘n Jaar”

Ten einde die erns van Israel se jarelange opstandigheid teen God se heerskappy en God se wette—wat groot seëninge tot gevolg sou hê—aan die profeet Eségiël te benadruk, het God hierdie selfde beginsel op hom toegepas—maar net op ‘n omgekeerde wyse.

Die huis van Israel se sonde het vir 390 jaar voortgeduur vandat hulle as God as Koning verwerp het. Natuurlik kon God nie van hierdie profeet verwag dat hy, in ‘n menslike leeftyd, die lyding vir hierdie jare van sonde op die basis van een jaar vir elke dag van sonde, sou kon verduur nie. Dit sou 2,000 leeftye vereis. Daarom het God werklike toepassing van hierdie beginsel omgekeer. Eségiël was vereis om die sonde van Israel ‘n dag vir elke jaar wat hulle gesondig het, te verdra. Maar steeds was dit ‘n “dag-vir-’n-jaar beginsel”!

In ‘n denkbeeldige belëering teen Jerusalem, uitgebeeld op ‘n teël voor hom, was Eségiël aangesê om op sy linkersy te lê. “Gaan lê ook op jou linkerkant, en sit daarop die onregmatigheid van die huis van Israel; volgens die getal dat jy daarop lê, moet jy hulle ongeregtigheid dra. En Ek lê jou die jare van hulle ongeregtigheid op volgens die getal dae, drie-honderd-en-negentig dae, dat jy die ongeregtigheid van die huis van Israel moet dra. En as jy met hierdie dae klaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan lê en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank: vir elke jaar lê Ek jou een dag op” (Eségiël 4:4-6). In vers 9 word dit verder genoem.

Maar in die ander toepassing van die “dag-vir-’n-jaar beginsel,” soos voorheen bespreek en waar dit oor die tydsduur wat die straf op die mense geplaas was, handel, moes die straf deur hulle op die grondslag van een jaar van straf vir elke dag gedra word. In hierdie geval was die straf die getal jare waartydens die beloofde seëning weerhou was.

Wanneer ons dan kom by die uitdrukking in Levítikus 26, “sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig,” is dit duidelik dat beide in die wyse waarop die sin bewoord is, sowel as die werklike vervulling daarvan, dat daar van ‘n tydsduur van sewe profetiese “tye,” of jare, gepraat word. En gebaseer op hierdie “jaar-vir-’n-dag beginsel,” word dit dan sewe 360-dag jare—‘n totaal van 2520 dae. En wanneer, soos in hierdie geval, en ook in Nùmeri 14:34, elke dag ‘n jaar van straf is—die weerhouding van die beloofde seëning—word die straf die weerhouding van die beloofde seëninge vir ‘n tydperk van 2520 jare! Want dit is presies wat gebeur het!

Wat is ‘n “Tyd”?

Maar het u opgelet dat ek gesê het dat ‘n profetiese “tyd” ‘n 360-dag jaar is? Waarom nie ‘n jaar met 365¼ dae nie? Waarom nie ‘n sonjaar nie?

In die antieke Bybelse tyd, was ‘n jaar op die grondslag van twaalf 30-dag maande bereken. Voor daardie tyd, gedurende Moses se leeftyd, toe God die heilige kalender aan sy mense gegee het was die 30-dag maand gebruik.

Let op Génesis 7:11: “In die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen.” En nou vers 24: “En die waters het die oorhand behou oor die aarde honderd-en-vyftig dae lank.”

Volgende, Génesis 8:3-4: “Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die einde van die honderd-en-vyftig dae. En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Árarat gerus.”

Let nou op—die vloed het op die 17de dag van die tweede maand begin. Aan die einde van die 150 dae, op die 17de dag van die 17de maand, het die ark op die berg Árarat tot ruste gekom. Dit is presies, tot op die dag, vyf maande. Vyf 360-dag maande is presies vyf mande. Dus, was maande dan op daardie tydstip 30-dag maande!

Ons vind dat dit beslis ook op hierdie manier in Daniël en Openbaring bereken is. In Openbaring 12:6, vind ons ‘n profesie oor ‘n gebeurtenis wat werklik in geskiedenis oor 1260 sonjare gestrek het, waarvan as ‘n “duisend-twee-honderd-en-sestig dae” gepraat word. So, weereens, hier was ‘n profetiese dag oor ‘n jaar vervul. In Openbaring 13:5 (wat na ‘n ander gebeurtenis, maar dieselfde tydperk verwys), word dieselfde tydperk van 1260 dae in 2360 sonjare vervul, maar word daarna as “twee-en-veertig maande” verwys. Volgens die kalender wat nou in gebruik is, sal 42 kalender maande nie 1260 dae wees nie, maar 1276 dae—en, indien dit ‘n skrikkeljaar sou wees, 1277 dae. Of, indien die ekstra halwe-jaar gedurende die laaste helfte van die jaar sou plaasvind, sou dit 1280 of 1281 dae gewees het. Maar die 42 maande in Openbaring 13:5 is dieselfde hoeveelheid tyd as die 1260 dae van Openbaring 12:6. Dus was die 42 maande 30-dag maande.

Daar word selfs na dieselfde getal dae in Openbaring 12:14, in ‘n profetiese taal, as “‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd” verwys. Die “tyd” is een profetiese jaar; die “tye” is ‘n verdere twee profetiese jare; en die hele uitdrukking verwys na 3½ profetiese “tye,” wat letterlik 1260 dae is—of 3½ jaar van 30-dae maande. Sewe van hierdie “tye” sou dan 2520 dae wees—en op ‘n dag-vir-’n-jaar grondslag, 2520 jare!

In Daniël 12:7 word dieselfde uitdrukking “‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd” ook genoem.

Genoeg ruimte is hier gebruik om hierdie begrip eenvoudig, duidelik en verstaanbaar te maak aangesien dit die grondslag tot verskeie sleutel profesieë is.

‘n Profetiese “tyd” is dus ‘n 360-dag jaar—of bloot 360 dae. En gedurende die jare van Israel se straf, soos duidelik gemaak word deur Levítikus 26:18 saam met Eségiël 4:4-6, Nùmeri 14:34 en Openbaring 13:5 en 12:6 te kombineer, was elke dag van ‘n profetiese tyd een jaar van vervulling. In Levítikus 26:18 en Openbaring 12:5 en 13:5 word hierdie betekenis bekragtig en bewys deur die feit dat die profesie binne presies dieselfde tyd soos aangedui, vervul was.

Geboortereg 2520 Jare Weerhou

Nou weer terug na die beslissende profesie in Levítikus 26.

Hierdie Israeliete het nie na God geluister nie—het nie as ontvangers van die fabelagtige en oorweldigende geboortereg seëninge gekwalifiseer nie. Hulle het veral die twee toetsgebooie, wat in verse 1 en 2 van hierdie hoofstuk beklemtoon word, verbreek. Soos in verse 14-17 beskryf, het God hulle gestraf op die wyse waarop Hy gesê het Hy hulle sou straf.

Soos voorheen aangehaal is, het God toe gesê “En as julle dan nog nie na My wil luister nie”—met alles waarmee Hy hulle gestraf het soos in verse 14-17 beskryf is—“sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.”

As gevolg van die wyse waarop hierdie waarskuwing bewoord is, in vergelyking met die bewoording waar die “sewevoudig” weer genoem word—en omdat die geboortereg werklik vir ‘n tydperk van presies 2520 jare weerhou was—is dit seker dat die betekenis van die “sewevoudig” in vers 18 ‘n tydsduur van sewe 360-dag jare is, waar elke dag die vervulling van ‘n jaar uitmaak—in totaal: 2520 werklike jare! En die werklike afdwinging van die “dag-vir-’n-jaar beginsel” impliseer ook ‘n vermenigvuldiging van die intensiteit van die straf.

Hulle het werklik die 390 jare wat in die profesie van Eségiël (Eségiël 4:4-5) geskryf is, gesondig. Selfs vanaf die tyd van waar hulle God as hul Koning verwerp het, het God hulle toegelaat om gedurende daardie bykomende 390 jare in die beloofde land te bly! Gedurende al daardie jare het God deurlopend profete na hulle gestuur om hulle te waarsku en met hulle te pleit. Sou hulle hul bekeer en na God en sy weë terugkeer, sou hulle steeds die rykste nasionale seëninge in die hele geskiedenis kon ontvang. Maar hulle wou nie. Inteendeel, hulle het net meer gesondig!

So het God uiteindelik dan die geleentheid, om so ‘n groot materiële rykdom en mag te versamel—vir ‘n tydperk van 2520 jare—totaal van hulle weggeneem.

Israel Raak Verlore

Uiteindelik het God hulle uit die beloofde land uitgedryf!

Gedurende hierdie 390 jare van nasionale sonde (Eségiël 4:5), waartydens Hy en sy weë verwerp was, het God deurlopend met hulle gehandel. Hu het met hulle in verbinding gebly. Hy het sy profete na hulle gestuur. Hulle kon hul ter eniger tyd, tydens hierdie jare van opstandigheid, bekeer en na God gedraai het en sodoende hierdie groot nasionale status bekom het.

Maar nou, uiteindelik, het God hulle uit Sy land uitgedryf! Hy het hulle “van sy aangesig verwyder” (2 Konings 17:18).

Weer word dit herhaal (vers 23), dat die Here “Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al Sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.”

Van toe af het God geen profete meer na hulle gestuur nie. Hy het hulle geen verdere geleentheid gebied om die grootste nasionale seëninge van alle geskiedenis te ontvang nie—nie vóór die 2520 jare volbring was nie! Hy het Sy aangesig vir hulle verberg! Hy het hulle voor Sy aangesig verwyder. Hy het nie langer met hulle gepleit nie. Hulle het nie vir Sy beloftes gekwalifiseer of dit verdien nie. Hy het hulle nou as slawe gelos om op eie stoom klaar te kom. Hy het hulle aan hulself oorgelaat!

Hulle het selfs die identifiserende teken verwerp waardeur hulle as God se volk, Israel, bekend gestaan het en uitgeken kon word. Hulle het dus hul identiteit verloor! Hulle was nie langer in die wêreld as God se volk bekend nie. Hulle het hulself nie langer God se volk genoem nie.

Hulle het verlore geraak! Die “verlore tien stamme.” In naam verlore. In identiteit verlore. Geestelik verlore! Hulle het hul ontsaglike geboortereg verloor—vir die duur van baie geslagte! Na gelang van tyd, soos ‘n tweede en derde geslag gekom het, het hulle selfs hul Hebreeuse taal verloor! Hulle het hulself as heidene beskou! Die wêreld het hulle as heidene beskou!

Apostels na Brittanje?

Geslagte later het Jesus Christus, welwetend waarheen hul migreer het, Sy twaalf oorspronklike apostels gestuur om aan hulle die kosbare evangelie van die Koninkryk van God—God se regering—bekend te maak! Dit was die apostel Paulus wat na die heidene gestuur was.

Het u al ooit gewonder waarom ons niks verder oor die twaalf apostels na Handelinge 15 lees nie? Met die uitsondering van Petrus wat na Babilon gereis het, het die res van hulle na “verlore” Israel gegaan!

Ten opsigte van die oorspronklike twaalf apostels, sê die Bybel: “Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in die stad van die Samaritane nie; maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel” (Matthéüs 10:5-6). Ja! Die verlore Tien Stamme.

Maar Jesus het nooit iemand gesmeek, aangespoor of gesoebat om “gered te word” nie! Sy apostels het ook nie! Dit is ‘n moderne Protestantse metode. Hulle het doodgewoon die waarheid verkondig en dit aan elke hoorder oorgelaat om self te besluit of hy daarop gaan reageer al dan nie.

Ja, die Britse Eilande het Jesus se evangelie gehoor! Maar in plaas daarvan het hulle eerder die afgodery van die Druïdes, heidense aanbidding en die Rooms Babiloniese geloof van verborgenheid en hul vervalsing van “Christendom” aanvaar. Hulle het selfs die duiwel se godsdiens van die evolusiekonsep begin.

Geboortereg Uiteindelik Toegeken!

Maar nadat daardie 2520-jaar van die weerhouding van die geboortereg verstryk het, het God Sy onvoorwaardelike belofte aan Abraham getrou nagekom! Dit was nie as gevolg van enige goedheid, meerderwaardigheid of verdienstelikheid aan die kant van Brittanje of Amerika nie, maar weens God se getrouheid aan sy belofte, dat hierdie twee geboortereg nasies, sedert die begin van 1800, skielik as die grootste magte in die geskiedenis van die wêreld na vore deurgebreek het!

Hierdie nasionale rykdom en mag het nie gekom omdat ons mense uiteindelik op een of ander wyse daarvoor gekwalifiseer het nie. Hulle het nooit nie! Maar let op die volgende:

Die blote feit dat die geboortereg vir ‘n definitiewe tydsduur van hulle weerhou was, impliseer opsigself dat dit aan die einde van die 2520 jaar toegeken sou word. En onthou dat God hierdie geboortereg onvoorwaardelik aan Abraham se nageslag belowe het as gevolg van Abraham se getrouheid en gehoorsaamheid (Génesis 26:5). God was verbind tot sy belofte om hierdie ontsaglike nasionale seëininge toe te staan, ongeag van die geregtigheid of boosheid van die nageslagte. Maar God het Homself nie daartoe verbind om dit aan een spesifieke nageslag te skenk nie.

Dus was God in staat om dit voorwaardelik aan Ou Testamentiese Israel, gedurende en na Moses se leeftyd, aan te bied. Die mense van daardie geslagte kon dit verkry op voorwaarde dat daar aan sekere voorwaardes voldoen word! Deur dit aan daardie geslag te ontken—deur dit selfs vir 2520 jare te weerhou—het God nie Sy onvoorwaardelike belofte aan Abraham geskend nie.

Maar die feit dat dit vir ‘n definitiewe tydsduur van 2520 hare weerhou was, impliseer die direkte toekenning van daardie nasionale seën aan die einde van daardie spesifieke tydperk van weerhouding—ongeag enige verdere kwalifisering of verdienste aan die kant van die mense. Dit moet so wees as gevolg van God se getrouheid aan Sy onvoorwaardelike belofte aan Abraham.

Dus—aan die begin van 1800-1803 n.C., na 2520 jaar—het God teweeggebring dat die geboortereg nasies—en slegs hulle—skielik die ontvangers van nasionale rykdom, grootheid en mag word, soos geen ander nasie of keiserryk ooit vantevore kon verwerf nie! Gesamentlik het hulle—die Britte en Amerikaners, die nageslagte van slegs een oorspronklike stam, Josef—in besit van twee derdes—bykans ‘n driekwart—van al die verboubare hulpbronne van die hele wêreld gekom!

Dit klink ongelooflik! Al die ander nasies gesamentlik het slegs bietjie meer as ‘n kwart van die wêreld se rykdom onder mekaar verdeel. En dit het die nasies wat van die ander stamme van Israel afgestam het, ingesluit. Dit het sulke nasies soos Duitsland, Italië, Rusland, China—al die ander nasies van die aarde—ingesluit. Dir mees verbasende feit van die geskiedenis is die skielike opgang vanaf bykans onbekendheid van twee nasies tot die mees fantastiese rykdom en ekonomiese mag waaroor enige volk nog ooit beskik het. Brittanje het Groot-Brittanje geword—‘n reusagtige, ongelooflik ryk gemenebes van nasies—die Verenigde State, die grootste nasie in die geskiedenis.

Selfs meer wonderbaar is die ongelooflike skokkende feite rakende die huidige—die hoe en waarom—ons besig is om dit vinniger te verloor as wat dit gekom het!

Waarom? Die ongelooflike feite, die redes en wat die toekoms inhou, sal volg!

Chapter 11: Waarom Israel Hul Identiteit Verloor Het

Die geheim is nou geopenbaar! Nie alleen word die vraag beantwoord oor wat met die “verlore Tien Stamme” gebeur het nie—maar ook waarom hulle hul identiteit totaal verloor het!

Die voorpunt van die Israeliete—die noordelike koninkryk—wat die nasionale naam “Koninkryk van Israel” gedra het—het ‘n verlore nasie in die geskiedenis geword. Sover dit die gedokumenteerde geskiedenis betref, kon die aarde net sowel haar mond oopgemaak en hulle ingesluk het.

Daar is wel in die geskiedenis opgeteken dat hulle in 721-718 v.C., deur Assirië in ballingskap weggevoer is. Hulle was van hul stede, dorpe en plase in die noordelike deel van Palestina verwyder en as slawe na Assirië, aan die suidelike kusgebiede van die Kaspiese See, geneem. Maar teen 604-585 v.C., toe die suidelike koninkryk van Juda deur Nebukadnésar, van Babilon, gevange geneem is, het die Assiriërs noordwes migreer—en die tien-stam Israeliete saam met hulle!

Heeltemal Verlore

Hulle was heeltemal weg! Hulle het buite sig verdwyn! Hoe ver noordwes hulle migreer het en waar hulle hulself uiteindelik gevestig het, ia ‘n ongeskrewe bladsy in die geskiedenis.

Hoe word dit deur geskiedkundiges en teoloë verduidelik?

Omdat hulle nie oor die ware antwoord beskik nie, fouteer hulle in hul verduideliking. Hulle neem verkeerdelik aan dat alle Israeliete Jode was en dat die dertien miljoen Jode in die wêreld, die totale oorblywende Israelietiese bevolking van vandag uitmaak. Sommige teoloë voer valslik aan dat al die Israeliete, wat deur Assirië in 721-718 v.C. in ballingskap weggevoer is, saam met die Jode na Jerusalem teruggekeer het om die Tempel te herbou, sewentig jaar nadat Juda in ballingskap weggevoer was, d.w.s., 604-585 v.C. Maar dit is ‘n totale dwaling. Slegs ‘n gedeelte van Juda het teruggekeer. En dié wat teruggekeer het, was almal van die drie stamme van Juda, Benjamin en Levi. Bestudeer die geslagsregisters in Esra en Nehemía.

Daar word algemeen aanvaar dat die Jode Israel is—en die hele Israel—omdat hulle nooit hul identiteit verloor het nie, terwyl die huis van Israel dit wel verloor het!

God het aan hulle ‘n baie spesiale, ewigdurende verbond gegee, wat ‘n teken van identiteit ingesluit het.

Die Spesiale Verbond van Identiteit

Dit is nie algemeen bekend en word nie erken dat die Here met sy mense, terwyl hulle steeds by die berg Sinaï was, ‘n afsonderlike, spesiale en ewigbindende verbond gesluit het, wat ‘n teken van identiteit verskaf het, nie.

Op hierdie punt moet beklemtoon word dat hierdie volk, Israel, die enigste mense op aarde was, met wie God toe persoonlik as sy volk gehandel het.

Onthou dat Adam en Eva die simboliese boom, wat God se Heilige Gees verteenwoordig het en ‘n Vader-en-seun verhouding met Hom, verwerp het. Hulle nageslag, afgesny van God, het so ver van Sy weë afgedwaal dat die hele aarde, teen Noag se tyd, met korrupsie en geweld gevul was.

Binne die bestek van twee geslagte na die Sondvloed, het die hele wêreld die goddelose weë van Nimrod nagevolg (Génesis 10:8-12; 11:1-9) en het sy moeder-vrou die goddelose, heidense godsdiens gestig wat die hele wêreld, van daardie tyd af, oorgeneem en verlei het. Hierdie afvallige godsdiens, wat deur Semiramis gestig was, het al die nasies deurtrek. Deur die verdraaïng van die waarheid, het dit in verskillende weergawes onder verskillende nasionale name, binne die verskeie nasies te voorskyn gekom. Maar dit was egter dieselfde goddelose stelsel. Dit het die wêreld van God afgesny! En dit hou ‘n misleide wêreld vandag gevange—deur middel van verskeie weergawes bekend onder ‘n verskeidenheid gelowe.

God het hierdie kinders van Israel, weens die gehoorsaamheid van Abraham, Isak en Jakob, gekies. Terwyl hulle in verdrukking en slawerny was, het Hy hulle geroep as sy volk, aan wie sy waarheid—sy ware godsdiens en lewenswyse sowel as die beoogde roeping van die mens—openbaar sou word.

God se waarheid en God se weë, soos aan die Israeliete geopenbaar, is eenvoudig God se waarheid en weë vir alle mense van alle tye en eeue! Die bedoeling was dat indien Israel God se weë gevolg het, hulle ‘n lewende voorbeeld vir alle nasies sou wees.

Jesus het nie gekom om weg te doen met God se waarheid of sy weë nie, Hy het nie ‘n nuwe godsdiens gebring nie, maar Hy het gekom om addisionele waarheid omtrent die komende Koninkryk van God te openbaar en hoe ons daarin gebore mag word.

Dit is waar dat Ou Testamentiese Israel sekere seremoniële offerhandes en rituele gegee was om te onderhou as ‘n herinnering van sonde (Hebreërs 10:1-4; 9:10), maar dit was slegs ‘n tydelike plaasvervanger vir Christus—totdat Hy sou kom. Toe die realiteit gekom het, is die plaasvervanger gestaak. Maar God se waarheid en weë bly ewigdurend! Daarom het God aan Israel openbaar wat sy weg vir alle mense van alle tye was—vandag inkluis!

Hierdie spesiale identifiserende verbond, wat toe vir ewig ingestel was, is dus op alle Christene vandag van toepassing—op almal wat met God as sy mense versoen is!

Hierdie spesiale, ewigbinende verbond word in Exodus 31:12-17 gevind. Dit hou met een van daardie twee toetsgebooie verband en soos ons in die vorige hoofstuk gesien het, het Israel se verbreking daarvan daartoe gelei dat hulle uitgedryf is en van die geboortereg ontneem was.

Die Identifiserende Teken

“Verder het die Here met Moses gespreek en gesê: Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet … my sabatte onderhou …” (Exodus 31:12-13).

Let op watter dag die “dag van die Here” is. Die Ewige noem die Sabbatte “my sabbatte.” Die Sabbatte behoort aan Hom—dit het nie aan Israel behoort nie—hulle is nie ons dae nie, maar behoort aan die Here. Dit is nie “die Joodse Sabbatte” of die “Heidense Sabbatte” nie. Die Sabbat is ‘n periode van tyd. Daardie tyd, wanneer dit ookal aanbreek, behoort nie aan ons nie, maar aan God.

En dit is op dieselfde wyse op ons vandag van toepassing soos dit destyds op ons voorvaders van toepassing was. Indien ons dit vir onsself toe-eien—vir ons eie gebruik, welke vir werk, plesier of wat ookal—dan is ons besig om daardie tyd van God te steel!

Let weer op! Hy het gesê: “Julle moet … my sabatte onderhou …” In Exodus 20:8 het Hy ons beveel om dit [die Sabbat] “te heilig”—God het dit heilige tyd gemaak en ons beveel om dit heilig te hou—nie om dit wat vir God heilig is, te ontheilig nie.

Bestudeer nou hierdie spesiale verbond ‘n bietjie verder: “… want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig” (Exodus 31:13). Wat ‘n ontsaglike betekenis word in hierdie gedeelte van die sin verpak! En tog lees die meeste mense regoor dit, sonder om die lewensbelangrike waarheid wat dit bevat, te snap!

Let op! Hier is die doel van die Sabbat: “… want dit is ‘n teken …” Wat is ‘n teken?

U loop in die hoofstraat van die besigheidsdistrik van ‘n stad. Oral sien u tekens wat die winkels, kantore en fabrieke identifiseer. As u wil weet wat ‘n teken is, blaai net na die woord in die Geelbladsye (die lys van geklassifiseerde besighede in u telefoongids). U sal name soos “Jones Neonteken Maatskappy” of “Smith Broers Tekens” vind. Indien u met een van die besighede per telefoon in verbinding treee en vra: “Wat maak of verkoop u?” sal hulle u vertel dat hulle tekens vir besighede, instellings of profesionele individue maak om voor hul besighede op te hang. Die teken identifiseer wie se onderneming, instelling of kantoor binne die gebou is.

Dit Identifiseer

‘n Teken is ‘n wapen, simbool of kenteken van identiteit. U sien die teken, “A.B. Brown Meubileerders.” Die teken identifiseer die eienaar. Dit dui aan watter tipe besigheid hy besit. Die Webster woordeboek definiëer ‘n teken as volg: “‘n Kennisgewing wat in ‘n publieke area op ‘n gebou, kantoor, ens., vertoon word om die besigheid wat daar bedryf word, te adverteer, of die naam van die persoon of die onderneming wat dit bedryf. Iets wat die bestaan van ‘n ding identifiseer, ‘n kenteken.” En natuurlik, in wiskunde, medisyne en sterrekunde is daar spesiale tegniese betekenisse.

Die woord “teken” wat Moses in die Hebreeuse taal geskryf het, is “ôwth” en word in die Hebreeus-Engelse woordeboek gedefiniëer as ‘n sein, ‘n vlag, ‘n baken, monument, bewys, ens.—merk, teken, kenteken. ‘n Vlag identifiseer ‘n nasie. ‘n Baken is ‘n teken om die bestaan van gevaar aan te kondig. ‘n Kenteken is ‘n sibare teken; iets wat as ‘n identifiserende teken dien om iets bekend te maak, soos ‘n wit vlag die teken van oorgawe is.

God het Sy mense beveel om die Sabbat te onderhou as ‘n teken. Dit is ‘n teken tussen God se mense en God: “‘n teken tussen My en julle,” sê die gebod. Dit is ‘n wapen of kenteken van identiteit. Dit adverteer, kondig aan of verklaar sekere identifiserende kennis. Maar watter kennis? God antwoord: “… sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig.”

Wie is God?

Neem versigtig kennis van daardie woorde! Dit is ‘n teken wat vir hulle identifiseer wie hul God is! Dit is ‘n teken waardeur ons kan weet dat Hy die Here is! Dit identifiseer God!

Maar weet almal nie wie God is nie? Absoluut nie! Hierdie hele wêreld is mislei—u Bybel sê so.

Hierdie wêreld het ‘n god—‘n vals god—Satan die duiwel! Hy gee voor dat hy “‘n engel van die lig” is (2 Korinthiërs 11:14). Hy het sy godsdienstige organisasies—sy kerke. Nie almal is Buddhiste, Shintoïste, Taoïste, Confucioniste nie. Baie van hulle het vir hulself die naam “Christen” toegeëien, maar hul leraars, volgens u Bybel, is in werklikheid Satan se leraars: “En geen wonder nie! Want Satan self verander him in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie” (2 Korinthiërs 11:14-15).

Maar noem hulle hulself werklik die leraars van Christus? Lees die vers net voor die twee verse so pas aangehaal—vers 13: “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in die apostels van Christus.” Ja, Satan is die groot vervalser. Hy gee voor dat hy God is. Hy word in u Bybel, die god van hierdie wêreld, genoem (2 Korinthiërs 4:4). Hy gee voor dat sy leraars die leraars van Christus is—en hulle beskuldig die ware leraars van Christus dat hulle “valse apostels” is, ten einde agterdog van hulself af te lei!

Ken hierdie wêreld se “Christendom” werklik die ware God? Hulle is daartoe verlei om te glo dat hulle Hom wel ken en ‘n verleide wêreld kan opreg wees in daardie vals geloof. Jou god is die een, of die ding, wat jy dien en gehoorsaam. Maar die ware God is die Een wie ons moet gehoorsaam.

Hierdie wêreld word nie geleer om God te gehoorsaam nie! Die valse Christendom leer dat daar met God se wette “weggedoen” is. Dit stel die menslike gewete, aangevuur deur Satan se dwaalleer, in die plek van God se wet. Dit leer nie, soos Christus gedoen het, dat ons werklik volgens elke woord van God moet leef nie—die hele Bybel! Dit gehoorsaam Satan deur te sondig! Daarom is Satan hierdie wêreld se god.

Die Doel van die Sabbat

God het Sy Sabbat aan die mens gegee met die doel om die mensdom in die ware kennis en ware aanbidding van die ware God te hou. Maar hoe word God deur die Sabbat geïdentifiseer—hoe wys dit na die ware God, eerder as die valse? Doen Sondag dit nie net so goed nie? Absoluut nie!

Let op vers 17 van hierdie spesiale Sabbatverbond. “Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik” (Exodus 31:17). Dit was op die sewende dag van die skeppingsweek waarop Hy van sy skepping gerus het. Nie die Sondag, die eerste dag van die week, nie. Slegs die sewende dag van die week wys terug na die skepping.

Hoe identifiseer dit wie God is?

Indien u glo datg iemand anders of enigiets anders God is, sal ek bewys dat my God die ware God is, want watookal anders u dink God is, was deur die ware God geskep. Hy wat alles geskep en gemaak het, is groter as alles wat Hy gemaak het—verhewe bo alles wat god genoem kan word.

Die skepping is bewys van God—van Sy bestaan. Dit—die skeppingsdaad—identifiseer Hom!

Dus het God die mees volhoubare, blywende, onvernietigbare ding wat die mens van kan weet, gevat—‘n herhalende periode van tyd—die enigste dag wat ‘n gedenkteken van die skeppingsdaad is. Hy het die enigste dag gevat wat aanhoudend verwys na God wat op die sewende dag van die skeppingsweek, van Sy skeppingswerk gerus het, elke sewende dag van die week; wat na die bestaan van die Almagtige, Allesoorheersende God—die Skepper, wys!

En God het daardie spesifieke dag van ander dae, as sy dag, uitgesonder—God het daardie spesifieke dag vir Hom geheilig—dit aangewys as die ware dag waarop Hy sy mense beveel om te vergader vir aanbidding—die dag waarop die mens beveel word om van sy eie werk en plesier te rus—en om verkwik te word deur saam met ander gehoorsame aanbidders in geestelike gemeenskap te vergader!

Geen ander dag is ‘n gedenkdag en herrinnering van die skepping nie! Dit is waar, Satan het die wêreld verlei om te veronderstel dat Christus se opstanding op ‘n Sondagoggend, met sonop, plaasgevind het—dieselfde tyd wanneer Heidense sonaanbidding nog altyd plaasgevind het. Maar hierdie veronderstelling is nie waar nie! Bestel ons gratis boekie oor die opstanding (“The Resurrection Was Not On Sunday!”) U sal verbaas wees! Bestel ook ons gratis boekie omtrent die Paasfees (“The Plain Truth About Easter”). Dit is skokkende openbaring—en die waarheid wat u by u openbare biblioteek kan verifiëer en bewys.

Die opstanding van Christus het in werklikheid op die Sabbat plaasgevind, nie op Sondag nie! Verder vind ‘n mens nêrens in die Bybel dat God sê dat ons Christus se opstanding moet vier nie! Dit is ‘n heidense gebruik van mense, enkel op gesag van afvallige mense—teenstrydig met die gebooie van God!

Identifiseer die Mense van God

So hier vind ons ‘n groot doel in die Sabbat. Dit identifiseer God! Die einste dag wat God vir samekoms en aanbidding afgesonder het, wys as ‘n gedenkteken wie ons moet aanbid—die Skepper-Heerser van alles wat bestaan!

Maar, dit is nie al nie! Die Sabbat was ook as ‘n teken gegee wat identifiseer wie die mense van God is en wie nie! Nie alleen sê die spesiale verbond, “… sodat die mense kan weet dat Ek die Here is …” maar lees die res van die sin: “wat julle heilig” (Exodus 31:13).

Let op die ontsettende betekenis daarvan!

Wat beteken die woord “heilig”? Dit beteken “om vir heilige gebruik of doel af te sonder.” Op die sewende dag van die werklike skeppingsweek, het die Ewige Here die Sabbatdag geheilig—dit beteken, Hy het dit vir heilige gebruik afgesonder. Maar nou sien ons dat God sê dis ‘n teken dat Hy, die Ewige God, ook diegene wat Sy mense is van ander mense afsonder, vir Sy heilige doel.

In die Ou Testamentiese tye wa die volk, Israel, sy mense. In die Nuwe Testamentiese tyd is God se eie Kerk, sy volk—die waarlik bekeerde, geesgegenereerde Christene!

Maar hoe word hulle deur die Sabbat afgesonder—word hulle geskei—avn diegene wat nie God se eie en ware volk is nie?

Wel, indien u die Sabbat reeds begin onderhou het, soos Hy beveel, het u die antwoord reeds deur werklike ondervinding, gevind. Indien u dit nog nie gevind het nie, moet u net begin om God se Sabbat heilig te hou soos Hy u beveel—en u sal binnekort leer dat u outomaties van ander mense afgesonder word! Die wêreld, mense wat u ken—sommige van u gesin en familie, besigheidsvennote, of kontakte—hulle sal u afsonder!

Die Sabbat is God se teken, wat nie alleen God as die Skepper-Heerser identifiseer nie, maar ook identifiseer wie waarlik Sy volk is!

Maar hoe?

Definisie van God

Laat ek vir us selfs nog ‘n ander definisie van God gee. Alhoewel die enigste wyse en ware God die Groot Skepper-Heerser van die heelal is, is daar baie ander valse en nagemaakte gode. Satan doen homself voor as God aan die verleides—en die Bybel noem hom inderdaad die god van hierdie wêreld. Afgode was as gode aanbid—en word steeds vandag aanbid, selfs in sogenaamde “Christelike” kerke. Wie of wat ookal u dien en gehoorsaam, is u god!

Die woord “Herebeteken werklik regeerder, meester, baas—die een wie u gehoorsaam! Jesus het uitgeroep: “En wat noem julle my: Here, Here! En doen nie wat Ek sê nie?” (Lukas 6:46). As hulle Hom nie gehoorsaam het nie, was Hy nie hulle Here nie! So waarom het hulle Hom Here genoem as Hy nie hulle Here was nie?

Dan weer, het Jesus gesê: “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is” (Matthéüs 7:21). Slegs die wat God gehoorsaam, kan Sy kinders wees en sy Koninkryk binnegaan! U God is die een waaraan u gehoorsaam is!

Let weer op: “Weet julle nie dat aan wie jule julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte van hom aan wie julle gehoorsaam is nie?” (Romeine 6:16).

Ten opsigte van afgode en valse gode word daar in die tweede gebod die volgende gesê: “Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle dien nie [dit wil sê, hulle gehoorsaam]; want Ek die Here jou God is ‘n jaloerse God wat die misdaad [ongehoorsaamheid] van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haar; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My gebooie onderhou” (Exodus 20:5-6).

Die Ware Toetsgebod

Hoe betekenisvol! Die Sabbatgebod is die enigste een van die tien wat ‘n teken is wat identifiseer wie die werklike en ware Christene vandag is! Dit is die ware toetsgebod!

‘n Man mag dalk in sy interaksie met ander, eerlik en opreg wees—hy mag ‘n reputasie hê dat hy nie lieg of steel nie. Maar dit identifiseer hom nie—sonder hom nie uit—in die besonder as ‘n Christen nie!

Baie nie-Christene eer hulle ouers—ten minste in sover ander mense van bewus is. Baie word deur ander as getrou beskou, getrou aan hul man of vrou; baie vloek nie of gebruik nie godslasterlike taal nie; die meeste is nie—in die oë van andere—moordenaars nie.

Maar hul veronderstelde inskiklikheid tot hierdie gebooie bestempel hullenie soseer anders—as die mense van God nie! In werklikheid, word hierdie gebooie deur baie min in die gees onderhou, maar vir die wêreld blyk dit nie duidelik nie. Maar dit is baie duidelik vir die wêreld wanneer iemand God se Sabbat onderhou!

Daarom onderhou so baie mense dit! Mense wil nie as verskillend van die wêreld—dat hulle aan God behoort, afgesonder van die wêreld—identifiseer word nie! Mense wil—in die oë van andere—as deel van die wêreld beskou word—maar voel skaam om in die oë van vriende, besigheidsvennote en familie identifiseer te word, dat hulle aan God behoort.

Die mense van die wêreld is gewillig om die ander nege gebooie te erken—maar die Sabbatgebod is die een waarteen hulle bepaald rebelleer! Dit is die een wat die kritieke toets vir gehoorsaamheid is! Dit identifiseer diegene wat hulle eie wil aan God oorgegee het—wie God, ongeag die vervolging of koste, gehoorsaam!

O ja, dit is reg, dit sonder u verseker af! Wat ‘n teken!

Dit identifiseer die ware God op die werklike dag wat Hy vir byeenkoms en aanbidding afgesonder het! Dit identifiseer die ware mense van God! Dit identifiseer diegene wat die Sabbat onderhou as die mense van God—identidiseer hulle vir die wêreld! In werklikheid word die Sabbat deur baie min Jode heilig gehou! Dit mag hulle nie as God se mense, geestelik, identifiseer nie. Maar ten minste erken hulle daardie spesifieke dag! En alhoewel hule dit in God se oë ontheilig, identifiseer dit hulle aan die wêreld!

God se teken is iets wat u vrywillig aanvaar—uit u eie keuse of glad nie. Maar die “dier” (simbool van die komende wederopstanding van die sogenaamde Heilige Romeinse Ryk in Europa) het ‘n “merk”, wat binnekort, deur fisiese geweld, gebrandmerk sal word. Dit het iets te doen met “koop en verkoop”—handel, besigheid, om ‘n inkomste te verdien, ‘n werk te hê (Openbaring 13:16-17; Openbaring 13 en 17). Ja, hierdie is die toetsgebod—die een waarop u redding en ewigheid afhang!

Ek het gesê dat God die Sabbat ‘n afsonderlike, ewige en ewigdurende verbond gemaak het, heeltemal afsonderlik en apart van wat ons die “Ou Verbond” noem, wat by die berg Sinaï gesluit was. Maar hoe, is dit ‘n verbond?

Maar is Dit ‘n Verbond?

Laat ons die woord “verbond” definiëer. Webster definiëer ‘n verbond as “‘n ooreenkoms tussen persone of partye. ‘n Plegtige kontrak.” ‘n Verbond is ‘n kontrak of ooreenkoms, waarbinne een party sekere vergoeding of betaling belowe in ruil vir sekere bepaalde werkverrigting deur die ander party.

Die Ou Verbond wat tussen God en die kinders van Israel, by die berg Sinaï gesluit was, het sekere bepalinge en voorwaardes aan die volk opgelê, wat nagekom moes word: gehoorsaamheid aan die Tien Gebooie. Dit het aan Israel die beloning om ‘n nasie “bo alle nasies” gemaak te word, beloof. Die beloftes was suiwer nasionaal en materieël van aard, vir hierdie wêreld. Die Nuwe Verbond is op beter beloftes gegrond (Hebreërs 8:6), wat ‘n “ewige erfenis” behels (Hebreërs 9:15).

Sodra ‘n verbond onderteken, verseël of bekragtig is—bevestig is—kan daar niks bygevoeg word nie (Galásiërs 3:5). Enigiets wat onder die handtekening verskyn is nie regtens deel van die verbond nie.

U lees oor die werklike sluiting van die Ou Verbond en die verseëling daarvan met bloed in Exodus 24:6-8. En let op, dit eindig met die woorde “die verbond war die Here met julle gesluit het …” (vers 8). Dit was toe reeds gesluit—voltooi.

Ons kom by die sluiting van hierdie spesiale ewige Sabbatverbond eers sewe hoofstukke later. Gevolglik, vorm dit nie deel van die Ou Verbond nie!

Maar weereens, is dit ‘n verbond?

Die bewoording in u Bybel dit is! Let op Exodus 31:16: “En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.”

“Ewig” beteken deurlopend en ononderbroke. Maar moes dit vir ewig aanhou? Lees die volgende vers: “Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewign teken.”

Wat is nou die voorwaarde wat nagekom moet word? Dat die Sabbat heilig gehou moet word! “… dit moet vir julle heilig wees” sê God (vers 14). En wat is die beloning wat vir die onderhouding van die voorwaarde belowe word? Dit is nie net ‘n teken nie, maar ook ‘n kontrak of verbond “tussen My en julle,” sê God, “sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.”

Daar is dit! God belowe om hulle te heilig—Hy sal as heilig afsonder—as sy heilige volk! Kan ‘n mens vir ‘n groter belofte vra?

Ja, dit is ‘n verbond! Dit is ‘n afsonderlike, heeltemal verskillende verbond. Selfs indien een sou probeer om te argumenteer dat die Ou Verbond “afgeskaf” is en dat die Tien Gebooie gevolglik ook afgeskaf is, sou hy nie kan argumenteer dat hierdie verbond slegs tot die kruis sou geld nie. Die verbond is bindend “in julle geslagte” (vers 13), “‘n ewige verbond” (vers 16) en “vir ewig” (vers 17).

Slegs vir Israel ‘n Teken?

“Ja” sal die opstandige een sê wat sy weg uit gehoorsaamheid sou argumenteer, “maar dit is tussen God en die kinders van Israel. Dit is deur al die geslagte van Israel; dit is vir ewig tussen God en die Israeliete.”

O!—dan erken u dit is vir ewig op die Israeliete bindend—en deurgans in hulle geslagte? Daar is twee antwoorde teen daardie argument wat, indien u so sou redeneer, u tot in die poel van vuur sal veroordeel!

1) Niemand kan ontken dat dit die volk Israel volkome bind om die Sabbat vir ewig te onderhou nie en vir ewig deur hul geslagte. Hulle geslagte duur steeds voort. Daarom is dit steeds vandag op hulle bindend.

Ook sou u moes erken dat redding en Christenskap vir Jode en alle Israeliete toeganklik is. Die evangelie “is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek” (Romeine 1:16).

So, dan kan ‘n Jood ‘n bekeerde Christen wees! Inderdaad, die Kerk het aan die begin bykans net uit Jode bestaan! Die Jood is dus, selfs as hy ‘n Christen in God se Kerk is, daartoe gebind om God se Sabbat as ‘n ewige verbond, deurgans in sy geslagte, vir ewig, te onderhou!

Beskik God dan nou oor twee tipes Christene? Is dit sonde vir ‘n Joodse Christen om die Sabbat te verbreek en sonde vir al die ander om dit te onderhou? Moet Joodse Christene op die Sabbat vergarder en die van ander nasies io die Sondag? Het Jesus nie gesê dat ‘n huis wat verdeeld is inmekaar sou stort nie?

Is daar twee tipes Christene? Lees Galásiërs 3:28-29: “Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man of vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. En as julle [Heidene] aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.”

Dus, aangesien die Sabbat vandag op die Joodse gedeelte van God se Kerk bindend is en daar geen verskil is—ons een in Christus is—is dit ook op die Heidene bindend!

Ons is Israel

2) Maar daar is nog ‘n antwoord op hierdie argument: Die Amerikaanse vok, die Britse Gemenebes van nasies en die nasies van noord-westelike Europa, is in werklikheid die mense van die Tien Stamme van die huis van Israel. Die Joodse volk is die huis van Juda.

Maar indien die Sabbat God se teken is om Sy volk te identifiseer, waarom word dit nie vandag deur ons nasies onderhou nie?

Die antwoord op daardie vraag is die antwoord op ‘n volgende vraag: Waarom word die Tien Stamme van die huis van Israel die “verlore Tien Stamme” genoem? En waarom dink ons nasies dat hulle Heidense nasies is? Waarom ken hulle nie hul ware identiteit nie?

Aha, ons het nou ‘n verbysterende, ontnugterende en verrassende waarheid om te openbaar! Hier id ‘n verstommende waarheid, baie eienaardiger as fiksie!

Heir is feite, vireeue verborge, wat nóg interessanter as ‘n raaiselagtige verhaal is! Waarom word die Sabbat, spottenderwys en sonder respek “die Joodse Sabbat” genoem? Waarom dink die wêreld dat alle Israeliete Jode is en dat die Jode al die Israeliete is?

Hier is ‘n verbasende verrassing vir diegene wat dit geglo het! Die Jode is maar net ‘n kelin minderheid van die Israeliete.

Israel Het Teken Verloor

Nêrens in die hele Bybel word die tien-stam nasie van Israel, Jode genoem nie. Die naam—Jode—is net op die koninkryk van Juda van toepassing. Jode is Israeliete, dit is waar—maar slegs ‘n deel van die Israeliete is Jode!

Bykans onmiddellik nadat Jeróbeam koning gemaak is, het hy bang geword dat sy mense Rehábeam sou sien en hom weer as hul koning sou wou hê, wanneer hulle na Jerusalem sou reis om die jaarlikse feeste by te woon. Hy het vinnig stappe geneem om sy eie posisie te beskerm.

Die stam van Levi het uit die priesterdom bestaan. Hulle was leiers gewees—die mees geleerdes. Die Leviete, wat van die tiendes ‘n bestaan gemaak het, het inkomstes twee tot driekeer groter as dié van die ander stamme geniet. Jeróbeam het met een vinnige haal al die Leviete van hul amp onthef en die laagste stommerike as priesters aangestel. Hy kon hulle beheer! So kon hy die godsdiens beheer, net soos die heidense konings altyd gedoen het. As gevolg hiervan het baie van die Leviete, indien nie almal nie, na die koninkryk van Juda teruggekeer—en het hulle as Jode bekend geword.

Dus het Jeróbeam onmiddellik vir sy mense twee groot afgode opgerig om te aanbid. Hy het beveel dat die herfsfees in die agste maand—by ‘n plek van sy keuse, noord van Palestina—gehou word, in plaas van die sewende maand en by Jerusalem, soos God hulle beveel het (1 Konings 12:28-32). Jeróbeam het ook die Sabbatdag van die sewende na die agste dag verander—met ander woorde, na die dag wat op die sewende dag volg, wat natuurlik in werklikheid die eerste dag van die week was. So het hy die dag vir aanbidding op dieselfde dag as die heidense dag van die son, nou Sondag genoem, vasgestel!

Regdeur die heerskappy van 19 konings en sewe dinasties, het die tien stamme van die huis van Israel volgehou met die basiese tweeledige sondes van Jeróbeam: afgodery en die verbreking van die Sabbat. Heelparty van die konings het ander bose en sondige praktyke bygevoeg.

Maar in 721-718 v.C. het God veroorsaak dat die huis van Israel deur die koninkryk van Assirië ingeval en verower word. Hierdie Israeliete is as slawe vanaf hul plase en stede verwyder en na Assirië, aan die suidelike kus van die Kaspiese See, geneem. Maar die huis van Juda—die Jode, ‘n afsonderlike en verskillende nasie—was nie tot en met 604 v.C. binnegeval nie.

Twee of drie geslagte na die ballingskapp van Israel het die Chaldeërs tot ‘n wêreldmag verrys en het hulle die eerste wêreld-regerende keiserryk gevorm. Die Chaldeërs (Babilon) het onder aanvoering van Nebukadnésar, Juda binnegeval (604-585 v.C.).

Voor 604 v.C. het die Assiriërs hul land noord van Babilon verlaat en noordwes migreer—deur die lande wat nou as Georgië, die Ukraïne en Pole bekend staan—na die land wat vandag Duitsland genoem word. Die nageslagte van daardie Assiriërs is vandag as die Duitsers aan ons bekend.

Die nasies van die tien-stam Israel het ook noordwes migreer. Alhoewel die Assiriërs die Israeliete in ballingskap weggevoer het, het die Israeliete nie die slawe van die Assiriërs in Europa gebly nie. Hulle het ‘n bietjie verder—in Wes-Europa, die Skandinawiese Skiereiland en die Britse Eilande—voort getrek!

Nou waarom het hulle as die “verlore Tien Stamme” bekend geword? Hulle het hul nasionaal identifiserende teken verloor!

Koning Jeróbeam het hulle dag van aanbidding, van die sewende dag na die eerste dag van die week—die dag van die son—Sondag—verander! Al die konings wat hom opgevolg het, het hierdie praktyk, sowel as afgoderu, nagevolg!

So lank as wat hulle in die land van Israel gebly het en hulself “die Koninkryk van Israelgenoem het, was hul identiteit bekend. Maar in Assirië was hulle nie meer ‘n nasie met hul eie regering en koning nie. Hulle was blote slawe gewees. Hulle het die taal van die Assiriërs aangeleer soos wat hul nageslagte opgegroei het. Net soos Bybelprofesie voorspel het, het hulle hul Hebreeuse taal verloor. Hulle het alle nasionale identiteit verloor.

Na verskeie nageslagte, het die stam van Josef, in die twee stamme van Efraim en Mannasse verdeel en hulself Britte –in Engels “British”—genoem. Hulle het ‘n paar dinge wat eie aan Hebreeus is, behou. In Hebreeus beteken “Berith” of “b’rith”, “verbond” en “ish” beteken man. Dus, in Hebreeus beteken “British” “verbondsman” en is hulle dit in werklikheid.

Die stam van Ruben het hulself in die land wat vandag as Frankryk bekend staan, gevestig. Hulle het hul nasionale identiteit verloor. Maar vandag het die Franse dieselfde karaktereienskappe van hul voorvader, Ruben.

Deur middel van ons gratis boekie wat in Frans vertaal is, word hierdie afkoms en nasionale identiteit vandag openbaar en begin duisende Franse hulle ware identiteit te leer.

Die tien stamme, wat as die huis van Israel bekend staan, heet hul identifiserende etiket—God se Sabbat—verloor.

Dit is waarom hulle hul nasionale identiteit verloor het!

Waarom Jode Herken Word

Maar Juda het die Sabbat onderhou! Hulle het nie lank volgehou om dit heilig te hou, of om dit volgens God se wyse te onderhou nie—maar hulle het dit as ‘n dag van rus erken en onderhou, soos hulle tot vandag toe doen. Die resultaat? Die wêreld beskou hulle as die verkose volk van God! Die wêreld dink hulle is Israel—en nie slegs Juda nie!

Die Jode se identiteit het nie verlore gegaan nie! En aangesien hulle identiteit as die nageslag van die destydse Israel bekend is—en die identiteit van die “Verlore Tien Stamme” wat veel meer in getal is, nie bekend is nie—neem die wêreld aan dat die Jode Israel in plaas van Juda is. Die Jode glo dit self!

En so, weereens, is die hele wêreld mislei, selfs ten opsigte van die ware identiteit van wie in werklikheid die verkose geboortereg volk van God is!

Ja, die Sabbat, God se dag—die ware dag van die Here—is per slot van sake dubbel ons mense se dag: eerstens omdat dit vir al die mense van God is, selfs Heidengebore mense wat nou aan Christus behoort; en tweedens, omdat volgens ras, selfs deur vleeslike geboorte, dit die dag is wat God aan ons voorvaders gegee het en beveel het dat ons dit tot in ewigheid heilig hou!

Waarom Israel Slawe Gemaak Is

Weet u waarom die koninkryk van Israel deur Assirië ingeval, oorwin en hulle as slawe vanuit hul land in 721-718 v.C. verwyder is? Weet u waarom die Jode (konikryk van Juda) later gevange geneem en oor die hele wêreld verstrooi nis? Beide die huise van Israel was nasionaal gestraf en in ballingskap vanuit Palestina weggevoer omdat hulle God se Sabbat verbreek het!

Maak dit enige verskil? Vir God maak dit beslis ‘n grppt verskil! En Hy sê dat Hy nie verander het nie—Hy is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde! (Hebreërs 13:8.)

Verstaan eerstens waarom die Jode deur Nebukadnésar ingeval, oorwin en na Babilon gedurende die jare 604-585 v.C. in ballingskap weggevoer was.

Volgens die profesie van Jeremia (Jeremia 29:10), het baie van die Jode sewentig jaar nadat hulle in ballingskap weggevoer was, na Palestina teruggekeer om die Tempel te herbou en aanbidding daar te herstel. Die profeet Nehemía vertel waarom hulle sewentig jaar vantevore in slawerny weggedryf was: “In dié dae het ek in Juda mense gesien wat op die sabbat die parskuipe trap en vragte koring, op esels gelaai, inbring, en ook wyn, druiwe en vye en allerhande vragte met goed, en dit op die sabbatdag in Jerusalem inbring; en ek het hulle gewaarsku op die dag toe hulle lewensmiddele verkoop het … En ek het met die edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde ding is dit wat julle doen, dat julle die sabbatdag ontheilig? Het julle vaders nie so gehandel, sodat ons God oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie? Ja, julle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die sabbat te ontheilig” (Nehemía 13:15-18).

Daar is dit in eenvoudige taal! Die verbreking van die Sabbat was die hoofrede waarom Juda in ballingskap weggevoer was! Dit was so belangrik vir God, dat Hy sy eie uitverkose volk met so ‘n swaar nasionale straf gestraf het—om ‘n nederlaag in oorlog te ly en om as slawe vanuit hulle eie land na ‘n vreemde land weggevoer te word! Sonde word deur God as die verbreking van sy wet gedefiniëer (1 Johannes 3:4). Sy wet sê: “Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig … die sewende dag is die sabbat van die Here jou God.” Deur op die Sabbat te werk, dit deur jou eie plesier te besoedel, deur besigheid te doen, ensovoorts, is ‘n groot sonde, strafbaar met die ewige dood!

Jode was Gewaarsku

Die Jode was sonder verskoning. Hulle was deur die profete gewaarsku. Let op na die waarskuwing deur Jeremia: “So spreek die Here: Neem julle in ag om julle siele ontwil, dat julle geen las dra op die sabbatdag … ook mag julle geen las uit julle huise op die sabbatdag uitdra of enige werk doen nie; maar as julle na My nie luister om die sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem op die sabbatdag in te gaan nie, sal Ek ‘n vuur in sy poorte aansteek, wat die paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie” (Jeremia 17:21-22, 27).

Dit was die waarskuwing. Die Jode het dit nie ter harte geneem nie. Kyk nou wat het gebeur!

“En in die vyfde maand, op die tiende van die maand—dit was die negentiende jaar van koning Nebukarésar, die koning van Babel—het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag [vandag word hulle die generaal van die weermag of veldkornet genoem], wat voor die koning gestaan het, in Jerusalem gekom; en hy het die huis van die Here en die paleis van die koning verbrand; ook al die huise van Jerusalem en elke groot huis met vuur verbrand” (Jeremia 52:12-13).

Wanneer God waarsku is die straf seker!

Waarom Israel verslaan was

Kyk nou wat het met die ander Israelietiese nasie, die koninkryk van Israel, 117 jaar voor die ballingskap van Juda, gebeur het.

God het aan hierdie mense die keuse gestel, in die dae van Moses, lank voordat hulle in twee nasies verdeel was. Dit is ten volle in die vorige hoofstuk, ten opsigte van Levítikus 26, behandel. Kyk nou wat God daaroor deur die profeet Eségiël gesê het.

Eségiël was ‘n boodskap van God gegee wat aan die huis van Israel (nie Juda—die Jode nie) gerig was. Eségiël was tussen die Joodse ballinge na hul ballingskap, wat meer as ‘n honderd jaar na die ballingskap van Israel plaasgevind het. Teen daardie tyd het die Assiriërs lank reeds hul land aan die suidelike kus van die Kaspiese See verlaat en noordwes migreer, waar hullle hulself uiteindelik in die land wat vandag as Duitsland bekend staan, gevestig het.

Die mense van die huis van Israel het ook noordwes oor Europa migreer. Maar hulle het nie in Duitsland gestop nie. Hulle het verder wes en noordwaarts—die Westelike Europa in—Frankryk, België, Holland, die Skandinawiese lande en die Britse Eilande—waar hulle is, getrek, behalwe vir die stam van Manasse , wat heelwat later na Noord-Amerika migreer en die Verenigde State geword het.

Die profeet Eségiël was opdrag gegee om, van waar hy tussen die Jode was, na die huis van Israel te gaan. “… gaan spreek met die huis van Israel” sê God (Eségiël 3:1), en weer: “Mensekind, kom, gaan na die huis van Israel, en spreek hulle aan” (vers 4).

Maar Eségiel het nooit daardie boodskap na die verlore huis van Israel geneem nie. Hy kon nie. Hy was ‘n slaaf tussen die Jode.

En tog neem hy dit vandag na hulle, deur middel van die boek wat hy in die Bybel geskryf het—en deur die feit dat dit vandag na dieselfde volk deur die “Plain Truth” en “The World Tomorrow” uitsending, geneem word!

Dit is ‘n profesie! Dit is ‘n boodskap vir ons mense vandag! U is nou besig om dit te lees! Mag God u help om dit ter harte te neem!

Profesie aan Ons, Vandag

In Eségiël 20, waar daar eerstens van Ou Testamentiese Israel gepraat word, sê God: “En Ek het hulle uit Egipte uitgelei en hulle in die woestyn gebring. En Ek het hulle my insettinge gegee en my verorderinge aan hulle bekend gemaak, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om ‘n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die Here, is wat hulle heilig” (verse 10-12).

Let daarop, in hierdie gedeelte word presies dieselfde bewoording van die weigbindende Sabbatverbond van Exodus 31:12-17, herhaal! Gaan nou voort: “Maar die huis van Israel was wederstrewig teen My in die woestyn; hulle het nie in my insettinge gewandel nie en my verordeninge verwerp, … en my sabbatte het hulle baie ontheilig” (vers 13).

Toe het God met hulle kinders, ‘n generasie later, gepleit: “Maar Ek het aan hulle in die woestyn gesê: Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie. Ek is die Here julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit. En heilig my sabbatte; en hulle sal ‘n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is” (verse 18-20).

Die klem hier is dus om tussen God se insettinge, verordeninge en sabbatte aan die een kant en die verskillende sabbatte, insettinge en verordeninge van hulle vaders, te onderskei. Hulle het ‘n dag onderhou wat van God se Sabbat verskil het! Hulle het alreeds na die heidene se dag afgedwaal, vandag Sondag genoem—die dag van die son en aanbidding van die son!

“Maar die kinders was wederstrewig teen My,” het God deur die profeet Eségiël voortgegaan. “… hulle het my sabbatte ontheilig” (vers 21).

So, wat het God toe uiteindelik—geslagte later—gedoen?

Hy het hulle in nasionale ballingskap en slawerny verstrooi (vers 23). Maar waarom?

“… [O]mdat hulle my verordeninge nie gehou het nie, maar my insettinge verwerp het en my sabbatte ontheilig het en hulle oë agter die drekgode van hulle vaders was” (vers 24). Dit is waarom! Het dit enige verskil gemaak?

Maar gaan nou voort in hierdie verbasende profesie! Let op na die profesie vir ons vandag!

Met betrekking tot ‘n tyd, in die nabye toekoms (enige tyd binnekort), in ons tyd, sê God aan ons mense: “So waar as Ek leef, spreek die Here Here, Ek sal gewis met ‘n sterke hand en met ‘n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid oor julle regeer” (vers 33).

Die uitdrukking “uitgestorte grimmigheid” verwys na die sewe laaste plae ten tye van Christus se wederkoms (vergelyk Openbaring 16:1). Die tyd waartydens Christus oor ons sal regeer is tydens en na Sy wederkoms. So hierdie is dan ‘n profesie vir ons tyd!

Elke profesie in die Bybel wat aandui waar ons mense (Israel) hulle met Christus se wederkoms sal bevind en die komende groot uittog terug na Palestina, beskryf dat hulle weereens in ballingskap en slawerny sal wees.

Gaan nou voort met die profesie: “En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waar julle verstrooi is … deur uitgestorte grimmigheid. En Ek sal julle bring in die woestyn van die volke [komende uittog—Jeremia 23:7-8], en Ek sal daar met julle in gerig tree van aangesig tot aangesig” (verse 34-35).

Let op! Dit is die Woord wat praat—Christus! Hy sal dan in persoon terug wees op die aarde! En dan gaan Hy van aangesig tot aangesig met ons mense pleit.

Dit is tyd om wakker te skrik en die dreigende nabyheid en absolute erns hiervan te besef! Miskien is daar net een eensame stem wat u waarsku! Maar God het een eensame stem in Noag se tyd gebruik om die wêreld te waarsku, een eensame stem in Elía se tyd; een eensame stem in Johannes die Doper se tyd; en nadat Johannes die Doper in die tronk gestop is; een eensame stem van wie Christus self die persoon was! Indien u op die meerderheid van sondige mense vertrou, sal u hul straf saam met hulle verduur!

Let nou op hoe Hy sal pleit!

“Soos Ek met julle vaders in die woestyn van Egipteland in gerig getree het, so sal Ek met julle in gerig tree, spreek die Here Here … En Ek sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree … en julle sal weet dat Ek die Here is” (verse 36-38).

Hoe het Hy met hulle gepleit? Hy het gepleit: “Heilig My sabbatte, in die plek van julle vaders s’n, sodat julle kan weet dat Ek die Here is.” En die van ons wat wel na Palestina gaan, sal weet dat Hy die Here is.

Hoe sal ons weet?

Deur Sy Sabbatteken!

Lees verse 42-44 in u Bybel! Hy sê dat wanneer ons mense nie meer sal rebelleer nie en dan Sy Sabbat sal onderhou, sal hulle hul weë waardeur hulle hulself besoedel het, onthou en sal hulle vir hulself walg wees, weens die verbreking van die Sabbat! Dit is ‘n baie kragtige lering! Dit is die Woord van God wat met u praat!

Chapter 12: Die Geboortereg—Op Sy Hoogtepunt—En Nou!

Hoe groot, hoe magtig en hoe welvarend het die Britte en Amerikaners geword? En wat is nou skielik besig om met ons te gebeur? Waarom het Brittanje alreeds die meeste van haar kolonies—haar besittings—haar hulpbronne, rykdom, mag en invloed in die wêreld verloor? Waarom word Brittanje nie meer as Groot-Brittanje—‘n groot wêreldmag, beskou nie?

Waarom is die Verenigde State se geloofwaardigheid aangetas en word die land bykans dwarsdeur die wêreld verag en gehaat? Waarom kon ons nie die Koreaanse Oorlog wen nie? Waarom kon die Verenigde State nie die onbeduidende Noord-Viëtnam ‘n pakslae gee nie?

Besef eerstens hóé groot—hóé ryk en magtig—die Amerikaanse en Britse volke geword het.

Mense is geneig om hul status—en die van hul land—as vanselfsprekend te aanvaar. Baie min besef watter ongeëwenaarde oorvloed ons lande geniet het. Ons oordeel alle dinge deur middel van vergelyking. Die gemiddelde Brit, Australianer of Kanadees het nog nooit deur die ongeletterde, armoedige, siekte-belaaide agterlike areas van China, Indië, die Midde-Ooste of Donker Afrika gereis nie. Hy het nog nie die smerigheid, die stank, die armoede en ellendigheid waarin die meeste mense daar leef, waargeneem nie.

So het die gemiddelde Amerikaner ook nog nie daardie minderbevoorregte areas besoek nie, of selfs die Europese lande—welvarend in vergelyking met die ongeletterde menigtes, maar tog, in vergelyking met die Amerikaanse standaarde, armoedig. Nee, in die algemeen, het ons mense dit nie besef nie. Hulle was ook nie dankbaar nie. Nog minder het hulle aan God dank betuig en die verantwoordelikheid wat met hul oorvloedige seëninge gepaardgaan, aanvaar nie.

Baie min besef dat daar saam met elke begeerlike en waardevolle besitting ‘n verpligting ten opsigte van die verantwoordelike gebruik daarvan, opgelê word. Kan ‘n agtjarige seun bewustelik die verantwoordelikheid besef wat hom opgelê word, wanneer sy ouers aan hom ‘n splinternuwe fiets gee—behalwe indien sy ouers dié feit aan hom benadruk het—omtrent die versorging daarvan en die versigtigheid waarmee hy daarop moet ry ten einde besering van homself of van andere te vermy?

Toe God rykdom, mag en ekonomiese besittings oorvloediglik aan ons mense gegee het, soos geen ander mense nog ooit vantevore geniet het nie, het ons dit wat ons gehad het, waardeer of die geëweredige gevoel van verantwoordelikheid in die verstandige en gepaste gebruik daarvan, gehad?

Nee, ons het nie! Ons het nie eers erken hoe groot ons seëninge was nie. Wat nog te se om voor ons Skepper ‘n gevoel van kuratorskap in die beskerming daarvan te hê! Net hóé groot was hierdie geboortereg seëning werklik gewees?

Die Geboortereg Rykdom

Lees weer die profetiese geboortereg beloftes in Génesis 22:17.

God het aan Abraham gesê: “… Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poorte van sy vyande in besit neem.”

En weer, die geïnspireerde profetiese afskeidsboodskap toe Rebbeka haar familie verlaat het om Isak se vrou te word: “En hulle het Rebbeka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tienduisende word, en mag jou nageslag die poort van die vyande in besit neem” (Génesis 24:60).

Vroëer is die korrekte Fenton vertaling aangehaal: “… en jou nageslag sal die poorte [meervoud] van sy vyande in besit neem.” Soos verduidelik, is die “poorte” van die vyandige nasies die strategiese seepoorte wat toegang tot pf ‘n uitgang van hierdie nasies bied. Alhoewel alle rykdom vanuit die grond kom, kom welvaart en oorvloed op ‘n nasionale skaal ook deur nywerheid en handel. En bykans in alle gevalle dryf nasies handel deur die seepoorte van die wêreld—deur skepe en deur middel van treinspore binne ‘n vasteland.

Hoe beduidend is dit dan dat Robert Fulton die eerste stoomboot in 1803 bedryf het—net toe Brittanje en Amerika skielik in nasionale rykdom begin menigvuldig het! En ook dat dit in die negentiende eeu was waartydens die spoorweë ontwikkel het!

Aangesien die geboortereg, soos voorheen verduidelik, op nasies betrekking het, sal die poorte van ons vyande deurgange soos Gibraltar, Suez, Singapoer en die Panama Kanaal ensovoorts, behels.

Brittanje en Amerika het elkeen van die sodanige groot “seepoorte” in hierdie wêreld in besit geneem! Dus moet ons moderne Israel wees! Hierdie “poorte” was die spil waarom die Tweede Wêreldoorlog gedraai het. Hulle het nie net strategiese deurgange geword nie, maar ook die grootste millitêre vestigings van die wêreld. Maar vandag het ons die meeste daarvan verloor—waarvan die Panama Kanaal die mees onlangse is—en dit blyk dat Gibraltar binnekort ook verlore sal wees. Waarom?

Let op Génesis 39:2, 23: “En die Here was met Josef, sodat hy ‘n voorspoedige man was … omdat die Here met hom was; en wat hy doen, het die Here voorspoedig laat wees.” En God het Josef se nageslag, Brittanje en Amerika voorspoedig gemaak, met die fabelagtige geboortereg wat aan Josef se seuns belowe is!

Oorweeg die sterwende Moses se profetiese seëning, toe hy voorspel het wat met elkeen van die stamme in die laaste dae sou gebeur.

“En van Josef het hy gesê: Geseënd deur die Here is sy land met die kostelikste voortbrengsels van die son en met die kostelikste gewasse van die mane en met die vernaamste voortbrengsels van die berge van die voortyd en met die kostelikste gawe van die ewige heuwels en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid … laat dit kom op die hoof van Josef [beide Efraim en Manasse] … Sy eersgebore [eersgeborene—houer van die geboortereg] stier—heerlikheid is syne, en sy horings is buffelhorings [‘unicorn’ volgens die KJV—die nasionale kenteken van Groot-Brittanje vandag]: daarmee sal hy die volke stoot, die eindes van die aarde almal saam. En dit is die tienduisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse” (Deuteronómium 33:13-17).

Wie ookal Efraim en Manasse vandag is, moes in besit van die keurigste landbou, minerale en ander rykdom—die groot goud- en silwermyne, yster, olie, steenkool, timmerhout en ander hulpbronne—gewees het.

Watter nasies vervul hierdie profesieë? Wel, net Groot-Brittanje en Amerika!

Meer as die helfte van al die verboubare, kultiveerbare, matige-klimaat landgebied van hierdie aarde het na 1800 n.C., in besit van slegs hierdie twee magtige lande gekom! Die ryk landbougebied van die Mississipi Vallei, die uitgestrekte mielie- en koringvelde van die Sentraalwestel van Kanada en Australië, die woudgebiede van die Pasifiese Noord-Weste en baie ander dele van die wêreld; die goudvelde van Suid-Afrika, Australië, Alaska en die Verenigde State; die groot steenkoolmyne van die Verenigde State en die Britse Eilande ; die natuurlike watervalle en maniere van kragopwekking en voortspruitende welvarende nywerheids- en vervaardigingsdistrikte van Engeland en die oostelike dele van die Verenigde State; die keurigste vrugtelande aan ons Pasifiese Kus en Florida. Watter ander kombinasie van volke het ooit soveel rykdom besit?

En bykans al hierdie rykdom het ons na 1800 n.C., toegeval!

Die Werklike Statistieke

Presies tot watter mate het God sy beloftes aan die nageslag van Josef in ons in hierdie laaste jare sedert 1800 n.C., vervul—beloftes van “die kostelikste voortbrengsels van die son … die vernaamste voortbrengsels van die berge … die kostelikste gawe van die aarde”?

Charles M. Schwab, staalmagnaatm het op 5 Januarie 1921, voor die Massachusetts Bankiersvereniging gesê: “God het aan ons Verenigde State alles geskenk om dit die voorste nywerheid en handeldrywende nasie van die wêreld te maak en te hou.”

In 1950 het die wêreld bykans 3,800 miljoen vate petroleum geproduseer. Hiervan het die Verenigde State alleen meer as die helfte—bykans 52%—geproduseer.

Die Britse Gemenebes van Nasies het tesame met die Verenigde State 60% van alle ongesuiwerde ru-petroleum geproduseer en het dit nie ons groot buitelandse beleggings ingesluit nie. Maar teen 1966—die noodlottige jaar waarin die Britse Koloniale Kantoor sy deure gesluit het, wat amptelik die dood van die Britse Koninkryk aangedui het—het daardie 60% van alle ongesuiwerde petroleum produksie na 32% gedaal.

Brittanje en Amerika het 1½ maal soveel steenkool as al die ander nasies gekombineer, ontgin. Maar teen 1966 het ons deel tot minder as een derde van die wêreldproduksie—30.9%—gedaal!

In 1950 het die Britse Gemenebes van Nasies en Amerika tesame, ‘n driekwart van die wêreld se staal geproduseer—waarvan die Verenigde State eiehandig bykans 60% of 105,200,00 metrieke ton in 1951 geproduseer het. Ons het 1⅓ maal soveel ru-yster as al die ander nasies gekombineerd, geproduseer.

Teen 1966 het die basiese register van rykdom teruggegly na een derde (33.6%) van staalproduksie en slegs 17.8% (een sesde) van ru-yster.

Ons het bykans 95% van die wêreld se nickel (hoofsaaklik vanaf Kanada) besit; 80% van die wêreld se aluminium en 75% van die sink. Maar hoe het ons in 1966 gevaar? Slegs 3.6% van die wêreld se nickel; 40% van die aluminium; 12.4% van die sink.

In 1950 het die Britse Gemenebes van Nasies die produksie van chroom (vanaf Suid-Afrika) geheel en al oorheers. Brittanje en Amerika het gesamentlik twee derdes van die wêreld se rubber geproduseer en het die wêreld se koper, lood, tin, bauxiet en ander waardevolle metaalproduksie oorheers. Maar teen 1966 het ons slegs 2.3% van die wêreld se chroom, 23.4% van sy koper, 9.9% van sy lood, geeen tin en 6.3% van sy bauxiet geproduseer.

Die Britse Gemenebes van Nasies het twee derdes van die wêreld se goud geproduseer—bykans £266,000,000 ($642 miljoen) in 1950—terwyl die Verenigde State driemaal soveel goudreserwes as wat die res van die wêreld in totaal oor beskik het. Maar teen 1966 was die VSA se goud toevoer so gedreineer dat die dollar in ernstige gevaar was.

Ons het twee derdes van die wêreld se elektrisiteit produksie self produseer en gebruik—die Verenigde State het 283duisend miljoen kilowatt-ure in 1948 geproduseer, en die Verenigde Koninkryk en Kanada het gesamentlik meer as Rusland, Duitsland en Frankryk gekombineerd, geproduseer. Maar teen 1966 het ons slegs 20.1% produseer!

Groot-Brittanje en die Verenigde State het veel meer as die helfte van die wêreld se kommersiële skeepsvrag besit. Maar teen 1966 was die syfer slegs 32.5%. Die Britse Eilande het meer vaartuie as enige plek op aarde vervaardig. Maar slegs twee dekades later het twee tot drie Heidennasies Brittanje en Amerika verbygesteek. In 1950 het ons ook oor omtrent die helfte van die wêreld se spoorlynafstand beskik. Teen 1966 was ons gekombineerde spoorlyn skeepsvrag slegs 26% van die wêreld se totaal.

Waar die Verenigde State op ‘n stadium alleen 73% van alle voertuie vervaardig het, het die VSA tesame met die Verenigde Koninkryk teen 1966, 55% produseer—44% daarvan alleen is van die Verenigde State. Japan, Duitsland, Frankryk en Italië is besig om groot veld te wen.

Hoe Het Ons Dit Gekry?

Hoe het ons in besit van al hierdie rykdom van die aarde gekom? Het ons dit deur ons eie menslike wysheid, visie, energie, vermoëns en mag verkry?

Laat Abraham Lincoln antwoord: “Ons bevind onsself in vreedsame besit van die beste gedeelte van die wêreld met betrekking tot die vrugbaarheid van die grond, die omvang van grondgebied en die matigheid van klimaat … Ons … vind onsself erfgename van hierdie fundamentele seëninge. Ons het nie geswoeg ten einde dit te verkry of in die vestiging daarvan nie.”

Nogmaals, op 30 April 1863, in sy afkondiging van ‘n nasionale dag van verootmoediging en gebedm het hierdie groot president gesê: “Dit is die plig van nasies, sowel as die mens, om hul afhanklikheid van die oorheersende mag van God te besef … en om die verhewe waarheid te erken, soos dit in die Heilige Skrif verkondig en deur die hele geskiedenis bewys is, dat slegs die nasies, wie se God die Here is, geseën word … Ons is die ontvangers van die keurigste seëninge vanuit die hemel. Gedurende hierdie baie jare is ons in vrede en voorspoed bewaar. Ons het in getalle, rykdom en mag gegroei soos geen ander nasie vantevore gegroei het nie; maar ons het God vergeet! Ons het die genadige Hand wat ons in vrede bewaar het en wat ons vermenigvuldig, verryk en versterk het, vergeet; en ons het ons in ydelheid verbeel deur die bedrieglikheid van ons harte, dat hierdie seëninge deur een of ander meerdere wysheid en deug van ons eie, gereproduseer is.”

En omdat Lincoln ‘n nasie gesien het wat God vergeet het—‘n nasie dronk op sukses, maar nie deur eie toedoen nie—‘n nasie wat al die krediet en glorie vir homself geneeem het, het hierdie groot president ‘n dag van verootmoediging en gebed vir die nasie uitgeroep om hierdie nasionale sonde voor God te bely. Die lot van die volk het in die weegskaal gehang toe hy hierdie proklamasie uitgevaardig het. Maar God het daardie groot nasionale aanslag van gebed gehoor en beantwoord—en die nasie was toe bewaar!

Maar vandag hang die ernstige bedreiging van ons lot ‘n duisend maal meer in die weegskaal. Vandag het ons nie ‘n president of eerste minister met die visie, begrip en dapperheid om ons nasie op sy knieë te bring nie!

Abraham Lincoln het geweet dat hierdie groot materiële seëninge nie verdien was nie, maar aan ons volk deur die God van Abraham, Isak en van Israel, gegee was.

En ons moet vandag die feite in die gesig staar en weet dat ons al hierdie omvangryke en ongeëwenaarde materiële rykdom gegee is omdat God dit onvoorwaardelik aan Abraham belowe het. Hy het dit aan Abraham beloof omdat Abraham God gehoorsaam het en God se wette en gebooie onderhou het.

Die geboortereg seëninge was ons voorvaders na Moses se tyd ontsê omdat hulle geweier het om volgens God se wette te leef.

En vandag waarsku God ons deur baie profesieë in Jeremia, Eségiël, Jesaja, Miga en baie ander, dat tensy ons generasie, ons van ons sonde bekeer en met ‘n vas en ‘n geween en met opregte gebed, na Hom keer, sal Hy ons stede, al ons vestings, met ‘n vreemde swaard vernietig; dat Hy ons deur die hand van ‘n wrede een sal straf; dat ons binnegeval en oorwin sal word en na slawe verlaag sal word! Mag God ons help om daardie waarskuwing ter harte te neem!

Ten slotte vra ons: Indien ons nie nasionale Israel is nie—die sogenaamde “verlore” Tien Stamme—voorspoedige Josef-Israel—werklike erfgename van die geboortereg seëninge wat aan die begin van 1803 n.C., geskenk sou word, wie kan dit dan anders wees? Geen ander nasie of kombinasie van nasies het oor hierdie geboortereg seëninge beskik nie—want ons het meer as twee derdes daarvan gehad—bykans ‘n driekwart—van alle rou materiaal, hulpbronne en rykdom van hierdie hele ronde aarde en al die ánder nasies gesamentlik het net ‘n klein deel daarvan onder mekaar gedeel.

Is u bewus van sterker bewyse van die goddelike inspirasie van die Heilige Bybel as die geopenbaarde Woord van die lewende God? Kan die verganklike mens, sonder goddelike inspirasie, daardie profesieë wat ons in hierdie boek oorweeg het, geskryf het; daardie beloftes aan Josef-Israel gemaak het; en na verloop van 2520 jaar, wat presies in die jare 1800-1803 begin het, die krag gehad het om dit tot vervulling te bring? Hierdie is nie klein of onbenullige beloftes nie. Dit behels die besit van die groot rykdom en omvangryke natuurlike hulpbronne van die hele aarde.

Lê hierdie feite as ‘n uitdaging aan u ateïstiese en agnostiese vriende voor. Vra hulle, indien hulle kan, om te antwoord of enigiemand anders behalwe die krag van die Ewige Skepper Homself, sulke beloftes kon maak en dit duisende jare gelede kon neerskryf en dit presies op die beloofde tyd duisende jare later, in vervulling kon bring!

Hoe enige Amerikaner—enige Engelssprekende erfgenaam van God se keurigste materiële seëninge—te midde van sulke verstommende en oorweldigende vervulling van profesie, sulke ontsagwekkende inspirerende bewyse van die krag en mag en getrouheid van die Allerhoogste—hierdie seëninge kan aanvaar en daarin kan deel en dan God se waarskuwing, dat ons sondes vandag vermeerder, roekeloos kan ignoreer, of daarin faal om op sy knieë voor die Almagtige te gaan, hom te bekeer en met hartstogtelike gebed vir al die nasies van Israel in te tree en op elke moontlike manier te help om ons mense teen die dreigende gevaar te waarsku, blyk onmoontlik om te verstaan.

Chapter 13: En Wat Nou? Die Profesieë Vir die Onmiddelike Toekoms

Die geboortereg, toe ons dit eers ontvang het, was wonderlik, ontsaglik—ongeëwenaar onder nasies of keiserryke! Maar wat het ons mense met daardie ontsaglike seëning gedoen?

Hulle was steeds Israeliete, alhoewel hulle dit nie self besef het nie! Hulle was steeds opstanding, “hardnekkig” en koppig!

Toe die Britse volk en die Amerikaners—die “verlore” Israeliete wat aangeneem het dat hulle Heidene is—uitvind dat hulle hulself in die aangename sonskyn van sulke rykdom en mag kon koester, was hulle nog minder gewillig as hul voorvaders om aan hulle God en sy weë toe te gee. Nou, het hulle geen behoefte na Hom ondervind nie! Dit blyk dat baie min hulself ooit na God keer totdat hulle hulself in wanhopige nood of moeilikheid bevind.

Maar nadat God die geboortereg vir 2520 jaar weerhou het, en toe, op ‘n tydstip wat ons mense niks van God verdien het nie, het Hy skielik aan ons seëninge geskenk wat ongeëwenaard in die geskiedenis was—en die onvoorwaardelike belofte aan Abraham is nagekom! God is nie meer verplig deur sy belofte om met ons mense se onverdiende aansien, rykdom en grootheid voort te gaan nie. Toe ons eers so ‘n ongeëwenaardie posisie gegee was, het dit van ons afgehang of ons dit sou behou.

So nou terug na Levítikus 26. Ons het voorheen verse 1 tot 18 behandel. God het gesê, indien die Israeliete, na al die vorige straf, nie na Hom sou luister of Hom sou gehoorsaam nie, Hy hulle vir ‘n tydperk van 2520 jaar sou straf. Wat dan?

Indien, nadat die geboortereg vir 2520 jaar weerhou is, ons mense—met die geboortereg—steeds sou rebelleer, gaan God in vers 19 voort: “En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.” God het reeds hiermee begin!

Ons Het Trots in Ons Mag Gehad!

God kon nie van die verbreking van ons nasionale mag praat tot nadat die geboortereg mag aan ons geskenk was nie! Hy het ons nasies in die posisie geplaas waar ons die grootste nasionale mag gehad het wat ooit deur enige ander nasie of keiserryk besit was. Ons het groot trots in daardie nasionale mag—in ons nasionale aansien—gehad.

Ek onthou hoe ek President Theodore Rooseveldt hoor vertel het van sy trots in daardie mag—en hoe, terwyl hy president was, hy dit gebruik het. Die Duitsers het ‘n oorlogskip op volle vaart na Manila Baai gestuur en gedreig om die Fillipyne oor te neem. Op daardie stadium was die Fillipyne ‘n Amerikaanse besitting. President Rooseveldt het ‘n afgebete nota aan die keiser gestuur waarin hy geëis het dat die Duitse oorlogskip onmiddellik onttrek word.

“Op daardie stadium het die keiser nie besef dat ek dit bedoel nie!” het mnr. Rooseveldt skerp gesê. “Daarom het ek toe nog ‘n nota gestuur. Ek het egter nie hierdie nota na die keiser gestuur nie, maar na Admiraal Dewey, wat in bevel van Amerika se Pasifiese vloot was. Dit het bevel gegee dat die hele vloot teen volle vaart op die Duitse oorlogskip afvaar en indien dit nie sou omdraai en teruggaan nie, dit gesink moet word!” het mnr. Rooseveldt kragtig beklemtoon! In daardie dae voor die Eerste Wêreldoorlog, het ons trots in ons nasionale mag gehad!

… Maar Ons Het Dit Verloor!

Vandag waag selfs kleiner nasies dit om die vlag van die Verenigde State te beledig, vertrap of te verbrand—en die Verenigde State, alhoewel nog steeds magtig, doen nie veel meer as om flou beswaar aan te teken nie! Wat het met die trots van ons mag gebeur?

Ons het dit alreeds verloor! God het gesê: “Ek sal julle trotse mag verbreek!” En Hy het!

Ander profesieë openbaar dat ons binnekort soveel droogte en hongersnood sal ervaar dat siekte en epidemie sal volg en miljoene lewens sal eis. Wanneer ons hemel soos yster en ons grond soos geelkoper is, sal ons besef dat reën nie van yster af neerdaal nie en ‘n aarde wat so hard soos geelkoper is, nie reën kry nie en kan nie voedsel voortbring nie!

Vers 20: “En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal nie sy opbrings gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.”

Maar sal Amerika en Brittanje ag slaan hierop? Hulle het nog nooit nie!

Wat dan? Na al daardie dinge, wat dan?

Vers 21: “En as julle jul teen My versit en na my nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.”

Soos in vers 18, vind ons weer daardie Hebreeuse woord shibah.

Soos voorheen verduidelik, word die woord as “sewe tye” asook “sewevoudig” gedefiniëer. Die “sewe tye” dui op die tydsduur van die straf. Die “sewevoudig” betekenis van die woord dui op die hewigheid (intensiteit) van die straf.

Nou Meer Intense Straf

Weens die gebruik en samestelling van die sin en dit wat iin werkliheid gebeur het, is dit duidelik dat hierdie woord shibah in vers 18 na die tydsduur van die straf verwys—sewe profetiese tye, wat gedurende hierdie straf, in werkl;ikheid 2520 jaar was!

Net so, weens die heeltemal verskillende uitleg van die sin en omdat daar nie nou nog ‘n 2520-jaar weerhouding, van dit wat reeds verleen is, kan wees nie, is dit duidelik dat die shibah in vers 21 na die sewevoudige intensiteit van die straf verwys. Let op dat die bewoording in vers 21 heeltemal van vers 18 verskil. Hierdie keer is dit nie “sewevoudig weens julle sondes” nie, maar “meer plae … sewevoudig.” Die uitdrukking “sewevoudig” in vers 21 beskryf die plae wat oor hulle gebring sal word.

O nou, indien twintigste eeu Efraim en Manasse—Brittanje en Amerika—weier om in gehoorsaamheid na God te draai—weier om volgens die manier te leef wat seëninge voortbring, in besit hou en vermeerder, sal God hulle op ‘n heel hewiger wyse straf—en hulle selfs heeltemal van al hul reusagtige, ongeëwenaarde nasionale seëninge stroop—hulle na ballingskap en slawerny laat terugkeer—soos die daaropvolgende verse van hierdie profesie aandui.

Dink u dat so ‘n groot val nie sulke groot magte soos Brittanje en Amerika kan tref nie? Sê u, “Dit kan nie hier gebeur nie?” Dink u dat die grote God wat in staat was om hulle sulke ongeëwenaarde wêreldheerskappy, mag en rykdom te gee, nie daartoe in staat is om dit van hulle weg te neem en hulle, soos hulle voorvaders, terug in slawerny in te slinger nie?

Dit is nodig dat u u oë oopmaak vir die feit dat Brittanje se son reeds gesak het! U het nodig om te ontwaak vir die feit dat alhoewel Amerika steeds oor ongeëwenaarde mag beskik, hulle bang is—vrees—om dit te gebruik, net soos God gesê: “En Ek sal julle trotse mag verbreek”; dat die Verenigde State opgehou het om oorloë te wen—dat Amerika, met al sy groot mag, nie in staat was om klein Noord-Viëtnam te oorwin nie! Die Verenigde State is besig om vinnig na die grootste val wat enige nasie al ooit vantevore beleef het, voort te snel!

Die skrif is aan die muur!

U moet nou die res van hierdie profesie in Levítikus 26 verstaan—en ook dié van Deuteronómium 28—en die vele ander profesieë wat met hulle verband hou en gebeure wat u lewe binnekort geweldig sal raak.

U moet die profesieë van Jesus, Jeremia, Jesaja en andere bekyk, wat beskryf tot watter mate die straf meer intens gaan wees wat God die Britse en Amerikaanse mense gaan oplê.

Want baie profesieë waarsku ons dat daar beslis moeilikheid soos nog nooit vantevore met enige nasie of volk gebeur het nie, sal wees!

Noudat ons identiteit aan u bekend is—wetend hoe die Britse en Amerikaanse mense in profesieë identifiseer word—moet u nou bewus word van wat daar oor ons in Jesaja, Jeremia, Eségiël, Daniël, Joël, Hoséa, Amos en ander profesieë gesê word—wat Jesus voorspel het—sowel as in hierdie profesieë wat deur Moses geskryf was!

En u moet ook weet waarom ‘n regverdige en liefdevolle God sy uitverkore mense gaan straf—mense wat geweier het om die roemryke doel waarvoor Hy hulle gekies het, uit te voer.

Die blote feit van straf behels teregwysing. Ons moet verstaan dat teregwysing toegepas moet word om verkeerde weë , wat vir ons skadelik is, te korrigeer—om ons na die regte weë te draai, wat die gewenste seëninge sal meebring! Verstaan! God straf elke seun wat Hy liefhet (Hebreërs 12:6).

U moet die menslike natuur ook verstaan! Menslike natuur wil goed wees—om dit self as goed te beskou en as goed beskou te word, terwyl dit net boosheid wil doen. Dit wil die goeie resultaat hê. Maar dit wil die goeie ontvang terwyl dit die slegte saai. Op een of ander wyse dit daarin op te snap dat soos ons saai so sal ons ook maai!

Dit is ‘n kwessie van oorsaak en gevolg!

God se straf weerspieël slegs God se liefde—draai ons weg daarvan om bose resultate voort te bring, na die weg wat gelukkige resultate voortbring! God staan nou op die punt om ons te verhoed om kolossale euwels oor onsself te bring. God is nie kwaad omdat ons Hom skade berokken nie—maar omdat ons onsself skade berokken—wie God liefhet!

Bestraffing is Teregwysing

Die profesieë stop nie by die openbaring van die ongeëwenaarde, menigvuldige intensiteit van die straf wat alreeds besig is om op Amerika en Brittanje neer te daal nie. Die resultaat van daardie hewige straf word ook in die profesieë opgeteken. Die resultaat sal ‘n gedissiplineerde volk wees. Die resultaat sal ons laat besef wat ons aan onsself gedoen het. Die uiterste vorm van straf sal ons, uiteindelik, ons les leer! Die straf sal ons gees van opstandigheid breek! Dit sal ons uit die put van verrrotting en bedorwenheid, waarin ons gesink het, uitlig. Dit sal ons die weg na salige vredem voorspoed en oorvloedige welstand leer!

Aan die anderkant van die angswekkende nasionale onheil wat nou op ons neerdaal, sal ‘n onbegryplik groter seëning kom as die materiële geboortereg wat ons besit het.

Ons móét leer dat materiële dinge nie die bron van geluk is nie. Ek het al by verskeie geleenthede melding gemaak van die welgestelde manne wat ek geken het—mans wie se bankbalanse vol was—maar hul lewens was leeg! Materiële welvaart is inderdaad begeerlik—maar dit is nié die bron van geluk nie.

In elk geval, geluk is ‘n geestelike produk! Die geboortereg was slegs een van twee groot beloftes wat God aan Abraham gemaak het. Die septerbelofte behels nie net die dinastie van menslike konings nie. Dit hoef hul geensins in te sluit nie—indien die Israeliete God as hul Koning behou en gehoorsaam het. Die septer het hoofsaaklik na Christus en die geestelike redding deur Hom, gewys.

Ons mense het nog baie lesse om te leer. Die werklike waardes is geestelik van aard. In werklikheid is God se wet ‘n geestelike wet. Dit behels fisiese dade—maar is op geestelike beginsels gegrond. En dit vereis dat God se Heilige Gees in die verstand woon om dit te kan vervul!

Bestraffing sinspeel op teregwysing. Tugtiging beteken ‘n verandering van rigting. Dit beteken bekering—en bekering beteken om om te draai en in die teenoorgestelde rigting te gaan!

Nou, voordat ek vir u hierdie sensasionele profesieë gee, moet u eers verstaan waarom nasionale straf moet kom, en wie hierdie tugtiging nodig het! Slegs diegene wat boosheid saai, het dit nodig—wat God se regte weë oortree—God se wet! Diegene, en slegs hulle, wat oor hulself die euwels bring wat uit die oortreding voortspruit.

En verstaan dit: Alhoewel die nasie as ‘n geheel aan hierdie ongeëwenaarde straf onderwerp sal word, sal die individue wat toegee en God se teregwysing sonder die straf aanvaar, daarvan beskerm word! Niemand het nodig om hierdie hewige verdrukking te verduur nie!

Sewevoudig Meer Plae

Let nou weer op wat in Levítikus 26 uitgelê word.

Nadat die nasionale geboortereg vir 2520 jaar weerhou en toe geskenk is; nadat God aan ons mense nasionale mag gegee het, en nou, weens ons nasionale opstandigheid teen sy wette, ons trotse mag verbreek het; nadat Hy ons deur ongeëwenaarde droogte en ‘n epidemie van siektes wat daarop volg, gestraf het, dan, indien die Britte en Amerikaners steeds in hul boosheid verhard—steeds weier om hulle te bekeer en na God terug te draai—waarsku Hy: “… sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes” (vers 21).

Wat mense skynbaar nie besef nie, is dat sonde die gevolge daarvan op die sondaar neerbring—die plae van lyding. Die Bybel definiëer sonde as die verbreking van God se wet (1 Johannes 3:4) en die wet van God is ‘n geestelike wet (Romeine 7:14).

Laat ons dit verstaan! Ek het gesê dat geld nie die bron van geluk is nie. Geld kan net materiële dinge of dienste koop. Maar daar moet ‘n geestelike inhoud sowel as die fisiese, tot geluk wees. Materiële dinge op sigself verskaf nie bevredigende geluk nie. God se wet is geestelik. Met ander woorde, dit is die weg na vrede, geluk en oorvloedige welsyn. God het daardie weg verskaf ten einde werklike geluk teweeg te bring.

Kan ons dan nie die teenoorgestelde insien nie, dat die oortreding van daardie weg ongeluk, pyn en lyding, leegheid, hartseer, vrese, bekommernisse en frustrasies veroorsaak nie? Al hierdie euwels word deur die oortreding van God se wet veroorsaak. Die sondaar word werklik deur die euwels wat hy oor homself bring, geteister.

Bestudeer nou weer vers 21 van Levítikus 26. Straf is tugtiging. Om ons die les te leer wat ons versuim het om uit ondervinding te leer, gaan God ons mense sewevoudig, of sewe keer meer straf as wat ons sondes ons reeds verpes het—sewe keer meer straf as wat ons oor onsself gebring het!

Of soos die “Authorised Version” sê, “sewe keer meer plae op julle volgens julle sondes.” Sewevoudige intensiteit van straf—van tugtiging!

Weereens Slawerny

Kyk nou na verse 23-25: “En as julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle teen My versit, sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes. En Ek sal die swaard oor julle bring … en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.”

Weereens slawerny!

Begryp die werklike betekenis hiervan! Ons sondes het straf gebring. Hierdie straf het ons oor onsself gebring. Indien ons steeds weier om die les te leer en vir ons eie beswil tereg gewys word, sê God: “Ek sal julle sewevoudig tref.” Ons het die gevolge van sonde oor onsself gebring—nou sal God self sewekeer hewiger straf—straf wat tugtiging is—oor ons bring!

Lees nou verder aan tot by vers 33: “As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit, sal Ek My in grimmigheid [die sewe laaste plae—Openbaring 15:1], teen julle versit, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes … julle onder die nasies verstrooi … en julle stede [sal] puinhope word.”

God gaan aanhou om die tugtiging—die tergwysing—van ons mense te vermenigvuldig totdat hulle hul wel van hul bose weë bekeer—totdat hulle na die weë wat vrede, geluk, voorspoed en alle goeie dinge bring, draai!

Hoe ondenkbaar!—dat ons Skepper ons mense sal moet dwing om gelukkig te wees, om vrede te hê, om in staat te wees om voorspoed te geniet, om toe te gee tot, om in te stem tot—ons eie keuse—‘n ewige lewe in oorvloedige welsyn en vreugde vir alle ewigheid!

Hoe ongelooflik!—dat die menslike natuur, wat hierdie seëninge begeer, hardkoppig volhard om die weg te volg wat hulle uitroei en wat straftugtiging—veroorsaak en dan weier om tereg gewys te word totdat dit sewevoudig in hewigheid vermenigvuldig is! Ja, sewevoudig—drie opeenvolgende kere!

Hoe groot is ons God—en watter liefde betuig Hy teenoor ons mense, om in geduldige verdraagsaamheid ons tereg te wys, totdat ons Sy onbeperkte seëninge aanvaar!

Chapter 14: Wat Geprofeteer Is Om Nou te Gebeur—Met Amerika en Brittanje

Net soos God aan ons sodanige materiële seëninge geskenk het, soos nog nooit vantevore deur enige ander nasie ontvang is nie, ten einde ons te tugtig sodat ons sodanige seëninge kan geniet, gaan Hy nou oor ons mense nasionale rampe bring soos geen ander nasie nog ooit vantevore getref het nie! Baie profesieë beskryf dit!

Die Ontsaglike Profesie van Miga

‘n Belangrike, addisionele bewys van die identiteit van moderne Israel word in die fantastiese, breedvoerige en baie spesifieke profesie wat in Miga 5:6-15 beskryf word, gevind. Dit verwys spesifiek na die “oorblyfsel” van Israel—moderne Israel van vandag—waar dit ookal is. Dit beskryf in detail die rykdom, die voordelige heerskappy onder nasies en dan die komende ondergang van die Amerikaners en Britse Gemenebes!

Let op: “Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie nasies wees soos dou van die Here, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie” (vers 6). Onthou dat dou en reënbuie absoluut noodsaaklik vir landbou produksie is, sowel as ‘n simbool van nasionale seëninge en rykdom van God.

Vervolg verder: “En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos ‘n leeu onder die diere van die woud, soos ‘n jong leeu onder troppe kleinvee; wat as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red” (vers 7).

Weereens, hierdie simboliek beskryf die laaste geslag van Israel as ‘n groot mag—as ‘n leeu onder die ander nasies van die wêreld.

“Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word” (vers 8). Hulle was uitgeroei van die begin van God se geboortereg seëninge op Amerika en Brittanje, beginnende ongeveer 1803, regdeur die Eerste Wêreldoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, tot die keerpunt van die Koreaanse Oorlog aan die einde van 1950.

Alhoewel, sedert daardie tyd, word die seëninge gewis weggeneem—en het nie Amerika òf Brittanje sedertdien as oorwinnaar uit enige skermutseling getree nie!

Hierdie profesie wys ons dus dat gedurende dieselfde tyd dat ons God se seëninge ontvang het, ons ‘n ontsaglike seën vir die ander nasies van die aarde was—want dit was ons mense wat die ander nasies van die wêreld keer op keer gered het deur die Marshall Plan, die Vier Punt Plan, die Alliansie vir Vordering, die honderde miljoene gerwe koring vir Indië en ander uitgehongerde nasies, ens. Die Hoover Program het groot voedselreserwes na die Eerste Wêreldoorlog opgegaar. Dit het miljoene in ander nasies van hongersnood gered!

Eertyds het Josef koring en voedsel opgegaar en dit aan ander beskikbaar gestel. Moderne Josef het dieselfde gedoen. MAAR—ons is hardnekkig en opstandig teenoor God en sy wet, terwyl onse eertydse voorvader, Josef, God met sy hele hart gedien en gehoorsaam het.

Dit is ons mense wat soos ‘n leeu onder die ander nasies van die aarde was—wat in twee groot Wêreldoorloë die vrede van die wêreld en stabiliteit van alle mense op hierdie planeet, bewaar het!

Skielike Verwoesting

Tog, in hierdie breedvoerige profesie, sê God: “En in dié dag, spreek die Here, sal Ek jou perde [“oorlogsperde” – Moffat Vertaling]—tenks, skepe, vuurpyle—“uit jou midde uitroei en jou strydwaens vernietig. Ook sal Ek uitroei die stede [met atoombomme?] van jou land en al jou vestings afbreek” (verse 9-10).

God sê dat Hy dit sal doen! God bepaal die uitslag van oorloë (Psalms 33:10-19).

Hoeveel duideliker kan dit wees? Hier identifiseer God die groot volke van die aarde wat die mees welgesteld en bevoorregste is, die magtigste—en tog op dieselfde tydstip wanneer hull mag sy hoogtepunt bereik, “breek” Hy skielik die trotsheid van hulle mag (lees Levítikus 26:19), word hul oorlogstuie uitgeroei en hul stede verwoes! Hoekom?

Want, soos die profeet voortgaan om te verduidelik, het ons te veel “towerye” en te veel “goëlaars”—vals leraars—in ons land, wat weier om die gebooie en weë van die lewende God met gesag te verkondig!

Daarom, sal God ons straf en ons vernietig—tensy ons ons bekeer—net voor en tydens die aanloop tot die volkome verwoesting wat op die “nasies wat nie geluister het nie” [heidene] (vers 14), gaan kom, wat heel aan die einde van hierdie era, met die wederkoms van Jesus Christus as Koning van konings, sal plaasvind!

Daar is geen ander volk wat eers naastenby hierdie profesie vervul nie! Maar die Amerikaanse- en Britse Gemenebes nasies vervul dit tot op die letter!

Soos die “trots van ons mag” voortdurend gebreek word, soos die Britte voortdurend hul buitelandse seepoorte en besittings rondom die wêreld verloor, soos Amerika sy eienaarskap van die Panama Kanaal—beheer oor hierdie belangrike seepoort—wegteken, soos die goud voorraad van ons nasie wegkwyn, slegte weersomstandighede toeneem, staan hierdie brandpunt profesie alleen as ‘n reuse bewys van waar die moderne “oorblyfsel,” die mense van Israel, vandag woon!

Straf op Alle Nasies!

Dit sal nou duidelik gemaak word—vanuit God se waarskuwende profesieë—dat hierdie menigvuldige intensiteit van korrektiewe straf, op Brittanje en Amerika—die Britse mense in die Gemenebes lande inkluis, sal neerkom. En dit sal hulle eerste tref!

Maar hulle is nie die enigste nasies wat korrektiewe rampe sal verduur nie. God is ook die Skepper van al die ander nasies! God is ook besorg oor die mense en rasse wat ons “heidene” genoem het. Hulle is ook mense. Hulle is ook na God se eie gelykenis geskape, met die potensiaal om in God se geestelike- en karakterbeeltenis gevorm te word! God het die apostel Paulus na die Heiden nasies gestuur!

Die hele mensdom het teen God in opstand gekom, Hom verwerp en van God en sy weë weggedraai! Daar kan nooit vrede op aarde wees totdat alle nasies hulle hul na God en sy weë bekeer en deur sy opperste owerheid regeer word nie!

Op die oomblik is die hele mensdom in die maalkolk van vinnig versnellende krisisse vasgevang, wat totale verwoesting van hierdie wêreld se mensgemaakte, Satan-geïnspireerde samelewing, aandui.

God sê deur Jeremia: “Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die Here het ‘n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees”—hoe? Op hierdie oomblik dra “The World Tomorrow”-program Sy vredevolle waarskuwing die wêreld in, maar behalwe vir verspreide individue, reageer die wêreld nie op hierdie soort “pleidooi” nie. Die volgende woorde dui aan hoe God nou op die punt staan om gerig te hou: “… Die goddelose—aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die Here … Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en ‘n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde” (Jeremia 25:31-32).

God gaan ‘n Nazi-Facistiese Europa gebruik om Brittanje-Amerika te straf. Dan sal Hy die Kommunistiese hordes gebruik om die Romeinse Europa uit te wis.

Ons betree ‘n tyd van moeilikheid regoor die wêreld—totale wêreld chaos! Daar is oorlog, twis en geweld in Asië, Afrika, Suid-Amerika—sowel as Europa en Noord Amerika. Die bevolkingsontploffing is ‘n wêreldwye bedreiging vir die mensdom se voortbestaan. Misdaad, geweld, siektes, ongelykheid, armoede, vuilheid, morsigheid, agteruitgang, lyding—alle nasies word hierdeur geteister!

Maar soos saligheid eerste aan Israel gegee word, so ook korrektiewe straf!

Ons Groot Verdrukking

Let op na Jeremia se profesie:

“Want so sê die Here: Ons het ‘n stem van verskrikking gehoor; daar is vrees en geen vrede nie! Vra tog, en kyk of ‘n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is aangesigte in bleekheid verander? Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob” (Jeremia 30:5-7).

Onthou—tydens die oordrag van die geboortereg na Josef se twee seuns, Efraim en Manasse (Génesis 48:16), het Jakob gesë: “mag deur hulle my naam genoem word”—deur Efraim en Manasse—wat vandag Brittanje en Amerika is. Dit dui aan op wie hierdie mees afgryslikste nasionale rampe sal neerkom—op Brittanje en Amerika.

Wanneer sal dit gebeur? Moenie aanneem dat dit verwys na enigiets wat wel met Ou Testamentiese Israel gebeur het nie. Lees voort—sien wanneer hierdie profesie vervul sal word!

Gaan voort in Jeremia 30:7: “… dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.” (Nadat hy sy les DAARIN geleer het!) Gaan voort, “En op dié dag, spreek die Here van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af [juk van slawerny] en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie. Maar hulle sal die Here hulle God dien en hulle koning Dawid wat ek vir hulle sal verwek.” (Dawid, tydens die opstanding—op dieselfde tyd van Christus se wederkoms!)

So, dit is die tyd net voor Christus se wederkoms—Sy koms om ons mense te bevry—selfs net soos Moses eertydse Israel van Egiptiese slawerny bevry het.

Jesus Het Dit Voorspel!

Ander profesieë praat ook van hierdie selfde tyd van nasionale onheil, erger as ooit vantevore. Die Nuwe Testament profesie waarom alles draai, is die een wat Jesus op die Olyfberg gegee het—wat in Matthéüs 24, Markus 13 en Lukas 21 opgeskryf staan.

Die apostels het Jesus privaat gevra wanneer sy wederkoms—en die einde van hierdie wêreld en die begin van die vreugdevolle wêreld van more, sou plaasvind.

Jesus het laat blyk dat die teken waarvolgens ons mag weet wanneer die tyd naby is, sou wees dat sy oorspronklike evangelie, van die Koninkryk van God, aan die hele wêreld as ‘n getuienis vir al die nasies verkondig sou word (Matthéüs 24:14). Maar wat sou nog gebeur—net voor sy wederkoms?

Jesus het voortgegaan: “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nog nie gewees het en ook nooit sal wees nie, En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Matthéüs 24:21-22).

Hier word die ergste tyd van moeilikheid—verdrukking—in die hele geskiedenis, of om ooit te gebeur, beskryf. Jeremia het dit as “Jakob se benoudheid” beskryf, so erg dat dit “sonder weerga” is.

Daniël het dieselfde tydperk van felle moeilikheid in alle geskiedenis beskryf. Daniël het verwys na ‘n tyd in ons onmiddellike toekoms wanneer hy voorspel: “En in dié tyd sal Mígael, die groot vors [aartsengel] wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie” (Daniël 12:1).

Dieselfde hewigste straf ooit sal op Brittanje en Amerika neerkom. En wanneer? Gaan voort in dieselfde vers, “… maar in dié tyd sal jou volk gered word [vanuit hierdie benoudheid van slawerny], elkeen wat in die boek opgeskrywe staan. En baie van die wat in die stof van die aarde slaap [dood is], sal ontwaak [opstanding], sommige tot die ewige lewe …” (verse 1-2).

Dit is die tyd net voor die opstanding van die regverdiges, met Christus se wederkoms.

Soos Moses eertydse Israel van Egiptiese slawerny bevry het, so kom Christus om moderne Brittanje en Amerika van die nóú dreigende Babiloniese slawerny te bevry. (Lees Deuteronómium 18:15; Handelinge 7:37; Jeremia 23:5-8).

Jeremia het dit as ‘n “juk” op die nekke van ons volk beskryf. Wie se “juk” van slawerny? Jesaja vertel ons!

In Jesaja 47 vers 1 word die profetiese boodskap aan die dogter van Babel gerig. Nie aan Ou Testamentiese Babilon nie. Nie Nebukadnésar se Babel van 600 jaar voor Christus nie—maar ‘n dogter van daardie Babel, nou, in ons twintigste eeu. In profesie beteken ‘n vrou of ‘n dogter, ‘n kerk—‘n godsdienstige organisasie.

Hierdie spesifieke “dame” in dié profesie word as ‘n lustige prostituut en “‘n dame van koninkryke” uitgebeeld. Dit is ‘n groot kerk wat oor baie nasies regeer. Hierdie selfde moderne “vroulike” Babilon word ook in die 17de hoofstuk van Openbaring beskryf—daarin word sy ‘n “groot hoer” genoem, wat op “baie waters” sit, of oor baie waters regeer, wat in vers 15 as “volke, menigtes van nasies en tale” geïnterpreteer word. Haar naam word daar aangegee as “Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.” Met ander woorde, die Babiloniese geloof van Verborgenheid—dieselfde godsdiens van die eertydse Babel—maar wat nou gegroei en groot geword het en oor baie nasies van verskillende tale regeer.

Haar koninkryke waaroor sy van 554 tot n.C., regeer het was “Die Heilige Romeinse Ryk” genoem, kortstondig deur Mussolini opgewek en sal binnekort deur middel van ‘n polities-millitêre vereniging van tien in Europa, ‘n laaste en finale “opstanding” beleef (Openbaring 17:8-14).

En die tyd wanneer hierdie “groot hoer” op die polities-millitêre “dier” sit, sal hulle in ‘n oorlog teen die verheerlikte Christus tydens sy wederkoms gewikkel wees (Openbaring 17:14).

Nou terug na Jesaja 47. God sê aan hierdie minnares van koninkryke: “Ek was toornig op my volk [Israel—Brittanje-Amerika], Ek het my erfdeel ontheilig en hulle in jou hand oorgegee [in martelende slawerny]: jy het hulle geen barmhartigheid bewys nie, op die grysaard het jy jou juk baie swaar laat druk” (vers 6).

Daardie juk van slawerny sonder barmhartigheid sal op die Verenigde State en Brittanje deur die komende verenigde nasies van Europa gelê word! Deur middel van die ekonomiese Gemeenskaplike Mark en onlangs geïmplementeerde EMS (Europese Monetêre Stelsel) het dit alreeds begin. Sy leiers praat gereeld oor politieke vereniging—wat ook millitêr beteken. Tot dusver was hulle nie in staat om volle politieke vereniging tot stand te bring nie. Dit sal deur die “goeie ampte” van die Vatikaan moontlik gemaak word, wat alleenlik die simbool van eenheid kan wees waarna hulle kan opkyk. Twee pouse het al gewilliglik hulle “goeie ampte” vir die vereniging aangebied.

Die profesie dui nie letterlik daarop nie, maar in alle waarskynlikheid, weens huidige aanduidings, sal die hoof van hierdie nuwe wêreldmag in sentraal Europa wees. Dit sal die Derde Wêreldoorlog teweegbring. En hierdie keer sal dit toegelaat word om te slaag!

Baie van die Ou Testamentiese Assiriërs het noordwes vanaf hulle land van afkoms, suid van die Kaspiese See, geëmmigreer—en hulle in sentraal Europa gevestig, net soos die huis van Israel vanuit hul land van ballingskap na die kusgebiede van noordwes Europa geëmmigreer het. So, wanneer u van Assirië lees in profesieë wat op die hede betrekking het, word daar na sentraal Europa verwys!

Dus, die geskiedenis gaan homself weer herhaal. Dit was Ou Testamentiese Assirië wat die huis van Israel binnegeval het en hulle vanuit Samaría na die Assiriërs se eie land, weggevoer het.

En waar is die antieke Babiloniërs—die Chaldeërs vandag? Hulle het wes gemigreer en hulle in Italië gevestig. Hul godsdiens was die Assiries-Babiloniese geloof van Verborgenheid. Dit gaan as ‘n asemrowende en ontsaglik skokkende verrassing kom wanneer die wêreld leer dat gedurende die tyd van die oorspronklike apostels, ene Simon, die towenaar van Samaría, leier van die Babiloniese geloof van Verborgenheid, wat die titel Pater of Peter, wat Pappa beteken, gehad het, in werklikheid die naam van Christus en die Christelike beginsel van genade, geëien het en dit in ‘n lisensie verander het om met God se wet weg te doen (Judas 4) en dat dit die begin was van wat vandag “Christendom” genoem word. Hoe verbaas gaan die wêreld wees wanneer ontdek word dat dit nie vanuit die Kerk van God, wat deur Jesus Christus en sy apostels gestig was, voortgespruit het nie!

Hierdie kennis sal binnekort soos ‘n bom op ‘n ongelowige wêreld bars! Mense sal geskok wees om te leer hoe hulle mislei was! Wanneer God se tyd kom, sal die “nuusbom” gebars word!

Wat is die Groot Verdrukking?

Dit word nou pynlik duidelik! Die Groot Verdrukking is die sewevoudige hewigheid van straf wat God nou binnekort op Brittanje en Amerika gaan lê!

Neem kennis van ‘n paar bondige gedeeltes van Eségiël se beskrywing daarvan!

“‘n Derde deel van jou sal aan die pes sterwe en deur hongersnood in jou omkom; en ‘n derde deel sal deur die swaard rondom jou val; en ‘n derde deel [die res] sal Ek na al die windstreke verstrooi [slawerny], en Ek sal ‘n swaard agter hulle uittrek. So sal dan My toorn uitwoed, en Ek sal my grimmigheid [laaste plae] tot rus bring teen hulle en aan My voldoening verskaf; en hulle sal weet dat Ek, die Here, in my ywer gespreek het as Ek my grimmigheid teen hulle laat uitwoed” (Eségiël 5:12-13).

Verder: “In al julle woonplekke sal die stede verwoes … word” (Eségiël 6:6). Dit kon nooit vantevore gebeur het nie, nie voor die koms van die atoombom nie! Stede wat heeltemal verwoes word. Almal van hulle—“In al julle woonplekke.”

Eers, Droogte—Hongersnood

Laat die profeet Joël nou meer byvoeg.

Joël se profesie was vir die verre, verre toekoms—verse 1-3 van hoofstuk 1. Dan wys hy ‘n plaag van verskillende soorte sprinkane, wat vrugte- en voedseloeste verslind—wat die bas van vrugtebome afstroop. “Dit het my wingerdstok verwoes en my vyeboom versplinter; dit het ál sy bas afgeskil en weggegooi; die lote daarvan het wit geword”(Joël 1:7).

Gaan voort—nou kom verwoestende droogte: “Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn … omdat die oes op die land verlore is … al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die vreugde, weg van die mensekinders af”(verse 10-12). Dit gebeur net voor die verskriklike plae van die “dag van die Here”(verse 14-15).

Die profesie gaan verder: “Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor. Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet. Tot U, o Here, roep ek, want ‘n vuur [die warm son] het die weivelde van die woestyn verteer, en ‘n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek. Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog …”(verse 17-20).

Volgende—Millitêre Inval en Nederlaag!

Volgende in tydsverloop, beginnende in hoofstuk 2, die alarm van oorlog: “Blaas die basuin op Sion [alarm van oorlog], en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die Here kom, want hy is naby” (vers 1).

“Maar selfs nou nog, spreek die Here, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklaag. En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil”(verse 12-13).

UITEINDELIK!—Bekering in Verdrukking!

Wanneer God wel hierdie herhaalde sewekeer-meer-intensiewe korrektiewe strawwe op ons mense laat neerkom—wanneer hul welvaart, voorspoed, hul land—die geboortereg en alles wat hulle besit en waarop hulle hul harte gesit het, van hulle weggeneem word—sal hulle uiteindelik verneder wees en tot God uitroep vir barmhartigheid en bevryding!

God se waarskuwingsboodskap oor hierdie mees skrikwekkende moeilikheid in die geskiedenis word nou oor “The World Tomorrow”-program na alle dele van die wêreldas ‘n getuienis, uitgebasuin! Dit word deur bykans twee en ‘n half miljoen in “The Plain Truth”gelees!

Ons weet maar alte goed dat mense, in die geheel, nie ag daarop sal slaan nie! Ons is dankbaar dat God dit op die harte van ‘n paar duisend per jaar lê om te luister en dit ernstig op te neem—om te bekeer en om deur Jesus Christus as Verlosser, na God te kom.

Ja, ‘n paar duisend elke jaar—duisende kosbaarder bokant begrip! Maar nie die mense in geheel nie. Nie nou nie!

Ons besef volkome dat die werklike oes van ons arbeid in God se werk, die voorbereiding van Jesus Christus se wederkoms, nie nou is nie! Maar wanneer alles wat hierdie mense besit van hulle weggeneem is—wanneer hulle slawe in ‘n vreemde land is—wanneer hulle wreed mishandel, geslaan, selfs genadeloos gemartel en gedood word—dán sal miljoene van diegene wat oorleef, na God uitroep—sal hulle hul bekeer—sal hulle draai om volgens God se weë te leef. Dit is wanneer die werklike oes van hierdie huidige werk van God ge-oes sal word.

Dan sal miljoene onthou dat hulle Christus se ware boodskap oor “The World Tomorrow” gehoor het—dit in die “The Plain Truth” gelees het!

Dán sal hulle sê: “Dit was toe al die tyd werklik die boodskap wat God gestuur het!” Net soos die Ou Testamentiese Israeliete van ouds God se boodskappe aan hulle, deur sy profete, ligtelik opgeneem het—sal baie vandag dieselfde doen. Maar wanneer hierdie dinge werklik gebeur—wanneer mense besef dat niemand anders hulle gewaarsku het nie—dan sal hulle weet wíé werklik die valse profete van vandag is! Dán sal hulle weet wat God se waarheid is!

Wat ‘n droewige, droewige tragedie is dit nie! Hierdie besef sal te laat kom om menige van hierdie herhalende sewevoudige straf te red! Maar, vir miljoene, sal dit nog nie te laat wees vir hul redding nie—vir God se gawe van ewige lewe!

Miljoene Uiteindelik Bekeer!

Let op die profesieë van hierdie spesifieke onderwerp! Keer vir ‘n oomblik terug na Jeremia se profesie. Die 30ste hoofstuk waaruit ek aangehaal het, eindig met hierdie woorde: “… aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.” Hierdie profesie is vir ons tyd, nou!

Lees verder aan in hoofstuk 31:

“In dié tyd, spreek die Here, sal Ek vir al die geslagte van Israel ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. So sê die Here: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het [diegene wat dan nog leef], het genade gevind in die woestyn, op die weg om sy rus te geniet, naamlik Israel. Die Here het aan my verskyn in die verte …” Of, volgens die Moffat: “Dié wat die swaard oorleef, sal genade vind in hul ballingskap.” Dit is in gevangeneskap en slawerny.

Gaan voort: “Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spellers … Hulle sal kom met ‘n geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ‘n gelyk pad [God se wet] waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene [houer van die geboortereg]. Hoor die woord van die Here, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n herder sy kudde” (Jeremia 31:4, 9-10).

Jeremia was later geïnspireer om te skryf: “In dié dae en in dié tyd, spreek die Here, sal die kinders van Israel kom, hulle met die kinders van Juda saam; onder geween sal hulle voortrek en die Here hulle God soek. Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom en by die Here aansluit in ‘n ewige verbond [die nuwe verbond] wat nie vergeet sal word nie. ‘n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders [belydende Christelike leraars] het hulle laat dwaal …” (Jeremia 50:4-6).

Later in hierdie hoofstuk: “In dié dae en in dié tyd, spreek die Here, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal nie daar wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat ek laat oorbly” (vers 20).

Hoséa Som Dit Op

Hierdie hele aangeleentheid van Israel se opstandigheid teen die regte weë, God wat hulle uitdryf, hulle skei, die weerhouding van die geboortereg vir 2520 jaar—en van Israel se finale verlossing die drie addisionele sewekeer-hewiger korrektiewe strawwe—word deur die profeet Hoséa opgesom.

Maar Hoséa is ook baie bondig, direk en spesifiek in sy beskrywing van die nasionale gesindheid van Brittanje-Amerika in hierdie laaste dae!

Ten einde hierdie hele verloop van ontrouheid, verwerping, weerhouding van seëning, uitermatige tugtiging en Israel se finale ontwaking, het God die profeet Hoséa gelei om met ‘n hoer te trou—ten einde dit wat Israel vir God was, uit te beeld. Sy het vir hom ‘n seun gebaar. God het Hoséa beveel om die seun Jísreël te noem, wat “God sal verstrooi” beteken. Want het God gesê: “… sal Ek … ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel … sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jisreël” (Hoséa 1:4-5). Die koninkryk—die regering—het met die Assiriese ballingskap—721 tot 718 v.C.—geëindig.

Hoséa se hoervrou het weer swanger geraak en ‘n dogter gebaar. God het beveel dat sy “Lo-Rugáma”genoem word, wat “geen ontferming” beteken, want, het God gesê, “… Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur vergifnis te skenk nie” (vers 6).

Later het sy listige vrou nog ‘n seun gehad. “Noem hom,”het God gesê, “Lo-Ammi [wat “nie my volk” beteken]: want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie” (vers 9).

Moet Nog die Ware Rykdom Vind

“Nogtans” het die Here voortgegaan, “sal die getal kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en getel kan word nie; en in plaas dat vir hulle gesê word: Julle is nie My volk nie—sal daar aan hulle gesê word: julle is die kinders van die lewende God. Dan sal die kinders van Juda [die Jode] en die kinders van Israel [“Verlore Tien Stamme”] almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek [ver verby hul landsgrense versprei—Moffat vertaling]; want groot is die dag van die Jísreël” (Hoséa 1:10-11).

Daar, kortliks, is die beskrywing van die hele verloop van hoe God met Israel gehandel het. Ons volk sê vandag dat hulle nie “Israel” is nie. Dus, nie God se volk nie! Hulle dink dat die Jode, en slegs die Jode, Israel is. Maar binnekort sal hulle hul identiteit herken. Duisende sal dit deur hierdie einste boek wat u nou lees, uitvind. Die miljoene sal dit eers met Christus se wederkoms leer!

Met betrekking tot die ongeëwenaarde rykdom, wat ons nou weens die geboortereg belofte, besit het, sê God in Hoséa 2: “Ja, su het nie erken dat Ek aan haar die koring en die mos en die olie gegee het nie, ook silwer vir haar vermenigvuldig het en goud, wat hulle vir Baäl gebruik het. Daarom sal Ek my koring terugneem in die oestyd en my mos op die bepaalde tyd, en wegneem my wol en my vlas wat dien om haar naaktheid [haar sonde] te bedek” (verse 7-8).

Maar uiteindelik, wanneer die teregwysing hewig genoeg word, sal ons volk hul oortredings erken, hulle bekeer en hul God soek!

God se Volk—Uiteindelik!

“En in dié dag, spreek die Here sal jy my noem: [Ishi—KJV] my man; en jy sal my nie meer noem: Baäl [“my Here”] nie” (vers 15).

“En,” word hierdie tweede hoofstuk afgesluit, “Ek sal haar vir My saai in die land en My oor Lo-Rugáma [“geen ontferming”] ontferm, en aan Lo-Ammi [“nie My volk”] sê: Jy is my volk; en hy sal sê: my God!” (vers 22).

Dan begin God se boodskap aan ons volk vandag—veral die Britse volk!

“Hoor die woord van die Here, o kinders van Israel [julle mense van die Gemenebes van Nasies en die Verenigde State!]: Want die Here het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie. Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak. Daarom treur die land [van Brittanje en Amerika], en alles wat daarop woon kwyn weg …” (Hoséa 4:1-3).

Aan die moderne leraars van Brittanje en Amerika sê God: “My volk gaan ten gronde weens gebrek an kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek jou kinders vergeet. Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander” (verse 6-7).

Met verwysing na die komende veelvuldige hewigheid van korrektiewe straf, sê God, “… in hulle nood sal hulle My soek” (Hoséa 5:15).

Aan Brittanje Vandag

Met verwysing na moderne Brittanje vandag, sê God: “Want Israel [Brittanje] is wederstrewig soos ‘n wederstrewige koei; hoe sal die Here hulle laat wei … ?” (Hoséa 4:16, Moffat Vertaling). Vandag “voer” God sy volk met Sy Woordsy evangelie van die Koninkryk van God—sy waarskuwing oor dit wat vinnig aan die kom is! Die Britse regering wou nie toestemming verleen om uitsaaigeriewe binne sy regsgebied aan God se diensknegte beskikbaar te stel ten einde God se boodskap van hierdie uur, aan die Britse volk te verkondig nie!

Maar God was vasberade om Sy boodskap an die Britte te verkondig!

So, in die eerste week van 1953, het God se boodskap begin om Brittanje vanuit Europa, binne te gaan—toe daar begin is om die “The World Tomorrow”-program deur middel van die superkragtige stem van Radio Luxemburg, uit te saai!

Toe Radio Luxemburg nie langer vir hierdie boodskap doeltreffend was nie, het God, op geankerde skepe, net buite Brittanje se regsgebied, uitsaaistasies opgerig. “The World Tomorrow” was toe daagliks oor die hele Brittanje, vanaf sewe van hierdie skepe, uitbasuin! Hulle was nie onwettig nie. Hulle het geen wet van die mensdom oortree nie. Hulle het getrou die wet van God verkondig! Maar die Britse owerhede het hulle valslik “seerowerskepe” genoem. Hulle was nie seerowers nie, Hulle het nie die land binnegeval, geplunder en gesteel nie. Hulle het niemand skade aangedoen nie!

Maar die meeste van die mensdom se regerings sal daarvan hou om beheer oor dít wat hul mense hoor of nie hoor nie, uit te oefen. Hulle wil jou denke vir jou beheer!

Die Britse regering en die nasionale Kerk van Engeland sou die weersinwekkende perversiteit van homoseksualiteit wettig maak! Hulle sou afskuwelike sondes kwytskeld, maar geen deur is oop in die Verenigde Koninkryk om God se boodskap uit te saai nie!

Maar God het sy boodskap by Brittanje uitgekry.

God Het Dit Gesê! God Het Dit Gedoen!

God het gesê, “Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie” (Amos 3:7), en in die vorige vers, “Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie?”

God het in u Bybel gesê dat Hy die waarskuwing na sy volk, Efraim-Brittanje, sou uitkry. Hy het voorspel: “Efraim sal ‘n woesteny word op die dag van straf [Brittanje is nou vinnig oppad na hierdie geprofeteerde verwoesting]; onder die stamme van Israel maak ek bekend wat seker is” (Hoséa 5:9).

God het ook van Brittanje en Amerika gesê: “Efraim—hy vermeng hom met die volke; Efraim is ‘n roosterkoek wat nie omgekeer is nie [halfgebak]. Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is sy grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie. Ja, die trotsheid getuig openlik teen hom; en tog keer bekeer hulle hul nie tot die Here hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle hom nie. So het Efraim dan geword soos ‘n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur [Duitsland]. Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is”—deur die waarskuwing van “The World Tomorrow”-uitsending! (Hoséa 7:8-12).

Ja, God het lank gelede gesê dat Hy die waarskuwing in die gehoor van Brittanje sou inkry. Selfs al moes Hy dit van buite Brittanje se regsgebied doen. God het wonderbaarlik gehandel om sy boodskap na die hele Brittanje uit te basuin.

Brittanje is gewaarsku!

En die Britse regering het geen mag ten einde te verhoed dat die veelvuldige hewigheid van korrektiewe straf, wat deur ‘n liefdevolle God voortgebring sal word, hulle tref nie!

God se doel sal vasstaan!

Hulle Sal Besef!

Eendag sal mense wakker skrik en besef dat hierdie die Werk van God is!

Van die Britse kerklikheid, sê God, “Efraim is gekoppel aan afgode: laat hom staan! As hulle drinkery verby is, dan hoereer hulle te meer. Hulle vorste is versot op skande [skandelike aanbidding – Moffat]. Die wind bind hulle in sy vleuels, sodat hulle oor hul offers beskaamd sal staan”(Hoséa 4:17-19).

God sê: “Dan gaan Ek heen, Ek keer na my woonplek terug, totdat hulle skuld beken en my aangesig soek. In hulle nood sal hulle My soek. Kom en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe …” (Hoséa 5:15-6:2). Die komende Groot Verdrukking sal waarskynlik 2½ jaar duur—die “Dag van die Here”omtrent een jaar—dan kom die opstanding en Christus se wederkoms!

Die hele boek van Hoséa bevat ‘n skroeiende boodskap aan die Britse volk van vandag!

U Kan die Straf Vryspring!

God waarsku ons deur profesie dat ons sondes vinnig besig is toe te neem. En nou is die dag van rekenskap hier! Die buitelandse swaard het ons nog altyd aangeval. In hierdie angsvolle, ontsaglike kerneeu, sal die Derde Wêreldoorlog begin met kern verwoesting wat op Londen, Birmingham, Manchester, Liverpool, New York, Washington, Philadelphia, Detroit, Chicago en Pittsburgh sonder waarskuwing losgelaat sal word.

Mag God nasies help om wakker te skrik voordat dit te laat is!

Ja, ons is God se uitverkore volk, Israel! Dink oor die betekenis daarvan! Uitverkore, nie vir gunste terwyl ons God uittart nie, maar uitverkore om te dien, waarin ons hopeloos misluk het.

Ons behoort van blydskap te juig wanneer ons ware identiteit ontdek word—en ons behoort tot bekering gebring te word—na God terugkeer—en hierdie kruistog deur die radio en gedrukte woord te ondersteun en ons volk te waarsku, sowel as vir goddelike bevryding na God in opregte, hartverskeurende gebed uit te roep.

Die sewevuldige hewigheid van die straf wat nou binnekort op die Amerikaanse en Britse volke uitgestort gaan word, is eenvoudig die geprofeteerde Groot Verdrukking! Dit sal die mees angswekkende, intense straf en tyd van benoudheid wees wat enige volk nog ooit moes verduur!

Tog hoef u nie daartydens te ly nie.

Hierdie skrikwekkende swaar straf is eenvoudig die teregwysing wat ons volke noodsaaklik gemaak het om hulle tot die lewenswyse te bring wat die verlangde seëninge, in plaas van verskriklike vloeke, sal meebring. Dit is tugtiging—in die belang van die volke!

So waar as wat God leef, sal hierdie straf binnekort toeslaan! Hierdie boek het die waarskuwing van God en Sy Woord gegee!

Sal die Britse- en Amerikaanse nasies daarop ag slaan? Indien hulle wou, kan hulle nog steeds hierdie reusagtige nasionale tragedie vermy!

Maar as u—u wat dit nou lees, u as individu—bereid is om tereg gewys te word, vrywilliglik, voordat God hierdie onbeskryflike en afgryslike kastyding laat gebeur; indien u tot ware bekering kom, besef hoe verskriklik verkeerd u was; as u uself kan sien soos u werklik is—as ‘n opstandige, verkeerde, sondige persoon; en indien u uself kan oorgee aan die liefdevolle, barmhartige en steeds Almagtige GOD—en dit ‘n onvoorwaaardelike oorgawe maak, na die Almagtige God kom, deur Jesus Christus as persoonlike Verlosser—dan sal geen plaag naby u kom nie! (Psalm 91:8-11), maar u sal waardig geag word om al hierdie angswekkende dinge vry te spring en voor Christus te staan by sy wederkoms (Lukas 21:35-36).

Diegene in die ware Liggaam van Christus sal na ‘n plek van veiligheid geneem word, totdat die Verdrukking verby is (Openbaring 3:10-11, wat van toepassing is op diegene wat getrou in God se Werk is, wat na na die wêreld uitgaan; Openbaring 12:14; Jesaja 26:20).

Maar u moet u eie besluit neem—en om na te laat om dit te doen, is om die verkeerde besluit te maak!

Ons weet maar alte goed dat die meeste mense hierdie ernstige waarskuwing ligtelik sal opneem—dit uit hul gedagtes plaas—na hul onmiddellike belange sal draai, wat in vergelyking hiermee van geen belang is nie! Dit is waarom ‘n liefdevolle, regverdige, al-wyse, Almagtige God hierdie onbenullige en teenstrydige belange van hulle gaan wegneem en sulke hewige tugtiging gaan toepas, dat hulle uiteindelik tot hul sinne sal kom en na Hom en Sy weg sal wend wat vir hulle ewige vreugde en oorvloedige seëninge sal bring!

Maar u het nie nodig om hierdie hewige teregwysing te verduur nie, erger as enige beproewing wat nog ooit deur die mensdom verduur is.

Deur God se leiding en gesag het ek hierdie waarheid voor u gelê. Om dit te verwaarloos sal die verstand te bowe gaan! Om daarop ag te slaan sal onbeskryflike groot seëninge, blydskap en heerlikheid bring!

Die besluit lê nou by u!

Bylae

Die statistieke wat Herbert Armstrong gebruik het om die agteruitgang van Israel te illustreer, het sedert 1980 dramaties verander, wat verder bydra tot die impak van mnr. Armstrong se stellings. Hieronder word paragrawe vanuit Hoofstuk 12, onder die subtitel “Werklike Statistieke” aangehaal, met die hersiene statistieke wat daarop volg:

In 1950 het die wêreld bykans 3,800 miljoen vate petroleum geproduseer. Hiervan het die Verenigde State alleen meer as die helfte—bykans 52%—geproduseer. Die Britse Gemenebes van Nasies het tesame met die Verenigde State 60% van alle ongesuiwerde ru-petroleum geproduseer en het dit nie ons groot buitelandse beleggings ingesluit nie. Maar teen 1966—die noodlottige jaar waarin die Britse Koloniale Kantoor sy deure gesluit het, wat amptelik die dood van die Britse Koninkryk aangedui het—het daardie 60% van alle ongesuiwerde petroleum produksie na 32% gedaal.

In 1997 was die agteruitgang selfs meer sigbaar, met die Verenigde State se uitset wat tot 11.1% en die Verenigde Koninkryk se uitset wat tot 3.7% van die globale petroleum uitset gedaal het. In 1999 het Amerika homself in die gevaarlike posisie bevind, deurdat hy vir 60% van sy noodsaaklike olievoorraad op buitelandse handel afhanklik was.

Brittanje en Amerika het 1½ maal soveel steenkool as al die ander nasies gekombineer, ontgin. Maar teen 1966 het ons deel tot minder as een derde van die wêreldproduksie—30.9%—gedaal!

Teen 1997 het steenkool produksie in die Verenigde State tot 24.1% van die totale wêreldproduksie gedaal en het die Verenigde Koninkryk haar steenkool afsetting so dramaties uitgeput dat sy in 1997, 20 metrieke ton harde kool moes invoer.

In 1950 het die Britse Gemenebes van Nasies en Amerika tesame, ‘n driekwart van die wêreld se staal geproduseer—waarvan die Verenigde State eiehandig bykans 60% of 105,200,00 metrieke ton in 1951 geproduseer het. Ons het 1⅓ maal soveel ru-yster as al die ander nasies gekombineerd, geproduseer.

Teen 1966 het die basiese register van rykdom teruggegly na een derde (33.6%) van staalproduksie en slegs 17.8% (een sesde) van ru-yster.

Die wêreld se produksie van onverwerkte yster (ystererts) was 795 miljoen toen in 1997, waarvan die VSA slegs 98 ton, of 12.4% en die VK 18 miljoen ton of 2.3% van die wêreldtotaal geproduseer het. Die wêreldproduksie van ru-yster was 549 miljoen ton in 1997. Amerika het 50 miljoen ton ru-yster in 1997 produseer wat ‘n powere 9.1% van wêreldproduksie uitgemaak het, terwyl Brittanje se produksie gedurende dieselfde jaar tot slegs 13 miljoen ton, of 2.4% van die wêreld ru-yster produksie gedaal het.

Ons het bykans 95% van die wêreld se nikkel (hoofsaaklik vanaf Kanada) besit; 80% van die wêreld se aluminium en 75% van die sink. Maar hoe het ons in 1966 gevaar? Slegs 3.6% van die wêreld se nickel; 40% van die aluminium; 12.4% van die sink.

Volgens die VSA Geologiese Opname in 1997, het die Verenigde State en die VK 0% tot die wêreld se nikkel ontginning bygedra—geen nikkel produksie—alhoewel Amerika in 1996 ‘n skamele 1,330 metrieke ton nikkel of 0.1% van die globale produksie geproduseer het. In 1997 het die VSA 16.8% van alluminium produksie gelewer en die VK slegs 1.1%. Produksie van sinkerts in Amerika (hoofsaaklik in Alaska) het tot 8.5% van die wêreldtotaal in 1997 gedaal en die VK was nie eens verder as ‘n sinkproduserende land gelys nie.

In 1950 het die Britse Gemenebes van Nasies die produksie van chroom (vanaf Suid-Afrika) geheel en al oorheers. Brittanje en Amerika het gesamentlik twee derdes van die wêreld se rubber geproduseer en het die wêreld se koper, lood, tin, bauxiet en ander waardevolle metaalproduksie oorheers. Maar teen 1966 het ons slegs 2.3% van die wêreld se chroom, 23.4% van sy koper, 9.9% van sy lood, geeen tin en 6.3% van sy bauxiet geproduseer.

In 1997 het Amerika en die Verenigde Koninkryk geen chroomerts geproduseer nie, terwyl Suid-Afrika (nie meer deel van die Britse Koninkryk nie) steeds wêreldproduksie, met 46.2% van die wêreldtotaal, gedomineer het. Brittanje en Amerika produseer nie meer rubber nie en die 1997 VSA Geologiese Opname het aangedui dat 95% vandie wêreld se natuurlike rubber in Asië, 4% in Afrika en 1% in Sentraal- en Suid-Amerika geproduseer word. Teen 1997 het die produksie van kopererts in die Verenigde State tot 17% van die wêreldproduksie verminder. Terwyl die ontginning van lood in Amerika gedurende 1993 tot 1997 tot ‘n hoogtepunt van 15.2% van globale produksie toegeneem het, het tin en bauxiet beide minder as 1% van die wêreldtotaal gebly.

Die Britse Gemenebes van Nasies het twee derdes van die wêreld se goud geproduseer—bykans £266,000,000 ($642 miljoen) in 1950—terwyl die Verenigde State driemaal soveel goudreserwes as wat die res van die wêreld in totaal oor beskik het. Maar teen 1966 was die VSA se goud toevoer so gedreineer dat die dollar in ernstige gevaar was.

Vanaf 1997, het die VSA 18.4% van die globale goudproduksie ontgin. Die Verenigde Koninkryk produseer geen goud nie en moet elke ons van buitelandse bronne aankoop. In 1965 is die goudreserwe vereistes vir die VSA Federale Reserwe se deposito verpligtinge, verwyder. Daardie bedrieglike manipulasie het die weg gebaan vir die dood van die Brenton Woods Monetêre Stelsel op 15 Augustus 1971, toe die gewese VSA President Richard Nixon, die goudstandaard in Amerika gestaak het en geweier het om oorsese dollars met goud te delg. Na afloop van die olie krisisse in 1974 en 1979, het goud op ‘n spekulatiewe wyse gestyf en ‘n kortstondige hoogtepunt van $970 per ons in Januarie 1980 bereik. In die laat 1990’s het goud tot ‘n 20-jaar laagtepunt van $253.50 getuimel, wat sentrale banke in baie lande aangespoor het om hulle goudreserwes te verkoop. Brittanje—wat in Hoséa 7:11 as ‘n “onnosele duif sonder verstand” of sinne, beskryf word—het meer as die helfte van haar goudreserwes in 1999 verkoop en het tesame met die res van die wêreld, die grondslag vir die verlies aan vertroue in en die toekomstige ineenstorting van die mens se papier geldstelsel, gelê.

Ons het twee derdes van die wêreld se elektrisiteit produksie self produseer en gebruik—die Verenigde State het 283duisend miljoen kilowatt-ure in 1948 geproduseer, en die Verenigde Koninkryk en Kanada het gesamentlik meer as Rusland, Duitsland en Frankryk gekombineerd, geproduseer. Maar teen 1966 het ons slegs 20.1% produseer!

In 1997 was die wêreldproduksie van elektrisiteit 26,061 tril;joen watt ure (terawatt ure—TWh—genoem), met die Verenigde State wat 3,159 TWh of ongeveer 12% van die wêreld se elektrisiteit verbruik, geproduseer het. Die Verenigde Koninkryk het 355 TWh geproduseer, omtrent 1.4% van die globale elektriese uitset.

Groot-Brittanje en die Verenigde State het veel meer as die helfte van die wêreld se kommersiële skeepsvrag besit. Maar teen 1966 was die syfer slegs 32.5%.

Volgens die “1998 CIA World Factbook” het die wêreldvloot van 27,052 vragskepe in 1997 ‘n totaal van 743,923,664 dooie-gewig ton (DGT) uitgemaak, waarvan Groot-Brittanje ‘n skamele 142 vaartuie besit het wat 2,224.715 DGT of bykans 0.3% van die wêreldvloot uitgemaak het. In dieselfde jaar het Amerika 286 vragskepe besit wat 13,257,000 DGT of 1.8% van die wêreld se vragskeep tonne uitgemaak het. Daardie syfers wys dat Groot-Brittanje en Amerika binne 31 jaar, van 1966 tot 1997, van 32.5% tot slegs 2.1% in eienaarskap van die wêreldvloot, getuimel het. Bykans 97% van die tonne vrag wat in en uit die Verenigde State in 1996 beweeg het, was op skepe vervoer wat deur buitelanders besit was. Sulke ontstellende statistiek openbaar die werklike en huidige gevaar vir die VSA se ekonomie sowel as nasionale sekuriteit!

Die Britse Eilande het meer vaartuie as enige plek op aarde vervaardig. Maar slegs twee dekades later het twee tot drie Heidennasies Brittanje en Amerika verbygesteek.

Volgens “Jane’s Merchant Ships” het die VK in 1996 na die 26ste plek onder die wêreld se skeepbouende lande teruggeval en het net 0.25% van die wêreld se bestellingsboek uitgemaak. In 1996 was bykans 68% van alle skeepsbouing deur Japan en Suid-Korea gedoen, met Suid-Korea wat die bobaas skeepsbou land in die wêreld was. Die VSA het sy eens voorste posisie in die wêreldmark van skeepsbou handel verloor en het as gevolg daarvan nie ‘n groot oseaanbedrewe, handelsvaartuig aan ‘n buitelandse kliënt vir meer as 40 jaar gelewer nie!

In 1950 het ons ook oor omtrent die helfte van die wêreld se spoorlynafstand beskik. Teen 1966 was ons gekombineerde spoorlyn skeepsvrag slegs 26% van die wêreld se totaal.

Die totale spoorweg tonnemaat in die VSA was 1,039 miljoen ton en 120 miljoen ton vir die VK. Hulle het saam slegs 15.8% van die globale spoorwegvrag gedra, ‘n verlies van meer as 10% sedert 1966.

As ‘n verder aanduiding van die VK spoorwegstelsel se agteruitgang was slegs 15% van hulle binnelandse vragvervoer per spoorlyn gedoen in 1998 (die ander 85% gedeelte van die vrag was per pad vervoer) en het dit tot die verkoop van die VK spoorvragstelsel aan buitelandse kopers gelei.

Waar die Verenigde State op ‘n stadium alleen 73% van alle voertuie vervaardig het, het die VSA tesame met die Verenigde Koninkryk teen 1966, 55% produseer—44% daarvan alleen is van die Verenigde State. Japan, Duitsland, Frankryk en Italië is besig om groot veld te wen.

Volgens “Vital Signs 1999” deur die “World Watch Institute,” was daar in 1998 naastenby 38 miljoen voertuie in die totale wêreldwye produksie van passasiersvoertuie, geproduseer. Europa, die wêreld se voorste motorvervaardiger, het 33% van die globale uitset gelewer. Asië het 31% van die wêreld se motors vervaardig en Noord-Amerika (die VSA, Kanada en Mexiko) het derde gekom met 30% van die globale motorproduksie.

Die “Groot Drie” in Amerika (Chrysler, Ford en GM) het in 1998 slegs 79% van Noord-Amerika se produksie gelewer. Buitelandse vervaardigers met motoraanlegte in Noord-Amerika (Honda, Toyota, Nissan, Subaru-Isuzu, Mazda, Mitsubishi, BMW en Mercedes-Benz) het ongeveer 21% van die Noord-Amerikaanse uitset in 1998 geproduseer. Wanneer die buitelandse vervaardigers se gedeelte van die Noor-Amerikaanse motoruitset afgetrek word, wys dit die duidelike prentjie van wat gedurende die 32 jare van 1996 tot 1998 gebeur het—dat in 1998, maatskappye wat in Amerikaanse besit was, slegs 24% van die wêreld se motors geproduseer het. Die bordjies is verhang! Waar Amerika eens 73% van die wêreld se motorvoertuie geproduseer het, het buitelandse vervaardigers teen 1998, 76% van die globale motorproduksie uitset gelewer, in ‘n ontstellende ommekeer!

Waarlik, soos daar in Deuteronómium 28:43 gesê word, “Die vreemdeling [of buitelander] wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak”!